Jesus herstel Petrus in die apostelamp (21:15-23)
Jesus herstel Petrus in die apostelamp (21:15-23) – Francois Malan
21:15 Na die oggendete langs die houtskoolvuur (anthrakia, 21:9) spreek Jesus Petrus aan as Simon, seun van Johannes, nie met die ‘rots’naam wat Jesus hom gegee het nie (1:42; vgl. Mt 16:18). Jesus vra drie maal vir Petrus of hy Hom liefhet, nadat Petrus langs ‘n houtskoolvuur (anthrakia, 18:18) drie maal ontken het dat hy Jesus ken en sy dissipelskap van Jesus verloën het. By hulle vorige maal saam, het Petrus oormoedig verklaar: Ek sal my lewe vir U aflê (Jn 13:37; in Mt 26:33 het hy nog gespog: al sou húlle U ook almal in die steek laat, ek sal U nooit in die steek laat nie).