Redes vir lyding (2)
A child may be filthy, scabby, and infected with lice; yet he is an altogether precious thing – Martin Luther
Redes vir lyding (2)
Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.
Robert Emmons (sielkundige) sorteer mense se lewensdoelwitte in vier basiese kategorieë:
ü Wat ek persoonlik bereik en persoonlike geluk
ü Verhoudings en intimiteit
ü Godsdiens en spiritualiteit.
ü ‘n Blywende bydrae tot die samelewing – ‘n erfenis.