‘n Nuwe Kategismus: Waarom moet die Verlosser waarlik God wees

There are such things as Christian tears, and too few of us ever weep them. —John Stott

 

‘n Nuwe Kategismus: Waarom moet die Verlosser waarlik God wees

[Hierdie is vraag 23 wat ongelukkig oorgeslaan is.]

Vraag:

Waarom moet die Verlosser waarlik God wees?

 

Antwoord:

As gevolg van sy goddelike wese sou sy gehoorsaamheid en lyding volmaak en doeltreffend wees; ook sou Hy die regverdige toorn van God teen sonde kon dra en tog die dood oorwin. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]

 

 

Skrifgedeelte:

Maar God het Hom van die smarte  van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou (Handelinge 2:24)

 

Kommentaar:

Laat ons nie huil oor die onbillikheid teenoor Hom nie. Laat niemand die dood vrees nie, want die Verlosser se dood het ons vrygestel. In so verre Hy daardeur gevange gehou is, het Hy dit uitgewis … Hy maak die hel ‘n gevangene. Jesaja wat dit voorsien het, het uitgeroep: Hel, sê hy, was kwaad toe hy U ontmoet het … dit was kwaad, want dit was uitgewis; dit was kwaad, want dit was verslaan; dit was kwaad, want dit is in kettings geboei. Dit het ‘n liggaam geneem en God van aangesig tot aangesig ontmoet. Dit het die aarde geneem en die hemel teengekom; dit het dit wat sigbaar was geneem en die onsigbare ontmoet. O dood, waar is jou angel? O hel, waar is jou oorwinning? Christus het opgestaan en jy is oorweldig; Christus is opgewek en die demone het geval. Christus het opgestaan en die engele juig; Christus het opgestaan en die lewe heers.

 

Hierdie kommentaar is deur Johannes Chrisostomus (347 – 407), die aartsbiskop ban Konstantinopel, geskryf. Hy is in Antiogië gebore.  Chrisostomus beteken “goue mond.” Dit was as gevolg van sy welsprekende prediking. Hy word deur beide die Oosters-Ortodokse en Rooms Katolieke kerke as ‘n heilige beskou. Hy is veral bekend vir sy Divine Liturgy of St. John Chrysostom en sy uitgebreide gepubliseerde preke – insluitend 67 oor Genesis, 90 oor die Matteus-evangelie en 88 oor die Johannes-evangelie.

Hierdie kommentaar kom uit  “Easter Sermon by John Chrysostom” in Service Book of the Holy Orthodox-Catholic Apostolic (Greco-Russian) Church vertaal deur Isabel Florence Hapgood (New York: Riverside Press, 1906), 235–236.

 

Verdere leesstof:

 “Incarnation” en “Two Natures” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

Ek kan niks meer doen as om tot U te bid nie … ek bid dat God julle jammer sal kry en julle sal versorg en vir julle voorsien vir die goed van julle siele; en dat God sal onderneem om julle hemelse Vader te wees. En die magtige Verlosser van julle onsterflike siele. Moenie nalaat om vir julleself te bid nie … bid voortdurend tot God in die geheim; en onthou dikwels daardie groot dag wanneer ons voor die oordeeltroon van Christus moet verskyn.

 

Hierdie gebed is deur Jonathan Edwards (1703 – 1758), ‘n koloniale Amerikaanse prediker, teoloog en filosoof geskryf. Hy word pastor van die kerk in Northampton, Massachusetts, in 1726. Hy was veral bekend vir sy bekende preek “Sinners in the Hands of an Angry God,” sowel as sy baie boeke insluitend The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Hy sterf na ‘n inenting vir pokke kort nadat hy president van die

College of New Jersey (later Princeton University) geword het.

Hierdie gebed kom uit  “Farewell Sermon: Memoirs of Jonathan Edwards” in The Works of Jonathan Edwards, Volume 1 (London: William Ball, 1839), ccxlviii.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Die Derde Adventskers

One must keep on pointing out that Christianity is a statement which, if false, is of no importance, and, if true, of infinite importance. The one thing it cannot be is moderately important –C. S. Lewis

Die Derde Adventskers

Vandag het ons die derde Adventskers aangesteek. Die eerste kers was dié van hoop en die tweede dié van vrede. Die derde kers is die kers van vreugde. Soos die koms van Jesus Christus, ons Verlosser, nader kom, bou ons vreugde op soos ons afwagting vir sy geboorte opbou.

In Jesaja 65:18 lees ons die woorde van die Here: Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan ‘n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreugde hê.

 

Paulus sê in Galasiërs 5:22 – 25: Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en selfbeheersing … Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

 

Gebed:

Ons loof U, o Here, met blydskap, omdat U u belofte van ‘n Verlosser vervul het. Dankie vir die gawe van verlossing wat ons deel is deur die geboorte van u Seun, Jesus. Herskep ons terwyl ons wag; help ons om u heerlikheid te sien as U ons lewens met u lewende Gees vul. Amen.

 

 




Skatte in die Hemel

It is the mark of a hypocrite to be a Christian everywhere except at home. —Robert Murray M’Cheyne

Skatte in die Hemel

Jesus Christus het in ‘n droë, warm, stowwerige wêreld geleef. Kos was skaars – Hy het sekerlik honger en dors geken. Maar Hy het ook die ryk Jode en Romeine se huise en leefwyse in dorpe soos Tiberias gesien – hulle villas, baie kos en Romeinse baddens. Hy het sekerlik geweet wat armoede is en Hy het geleef tussen mense wat nog minder as Hy gehad het. Hy het ook mense gesien wat in weelde geleef het.   Daarom eis Jesus ‘n eenvoudige lewe, want Hy het dit geleef; Hy verwag dat die armes versorg moet word, want Hy het self armoede ondervind.

 

 As Jesus in Matteus 6:19 – 21 opstaan om sy dissipels te waarsku teen die bymekaarmaak van skatte kom Hy nie met iets nuut na vore nie. In die Ou Testament – die wet en die profete – is daar baie geskryf oor die gevare van afgodery, die bymekaarmaak van besittings, die verspreiding van oormaat om die armes te help, ens. Jesus kom hier en bevestig die geldigheid hiervan.

 Wat is die kern van Jesus se boodskap in 6:19 – 24? Leef eenvoudig. Besittings word maklik ‘n afgod – dit is nie moeilik om ons vertroue op geld in plaas van op God te plaas nie. Hy gebruik drie afsonderlike beelde – konkrete voorbeelde om ‘n belangrike waarheid aan sy dissipels oor te dra.

 In die gedeelte skatte in die hemel (5:19 – 21) kry ons drie elemente van belang:

  • ‘n Verbod: Moenie vir julle skatte op aarde bymekaar maak nie. Dit gaan hier oor die bymekaarmaak van dinge wat dan die fokus van ons blydskap word – die begeerte om altyd meer te wil kry. Hoekom is dit verkeerd? Mot en roes verniel dit en diewe steel dit. Wat sê dit? Besittings is tydelik – dit het geen permanente waarde nie.
  • ‘n Positiewe opdrag: Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar. Ons moet ophou om dinge wat net tydelike waarde het, na te jaag en te konsentreer op daardie dinge wat permanente waarde het – die skatte in die hemel. Maar wat is ewig/blywend? Liefde. Ons moet op ons liefde vir God en vir ons naaste fokus. Jesus vra dat ons sal leef in die lig van die wêreld wat nog gaan kom.
  • Hoekom moet ons nie skatte op aarde bymekaarmaak nie? Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.  Hoe weet ek waaraan ek waarde heg? Dit is daar waar ek my geld, tyd en energie spandeer.

 Dink aan die dissipels wat hulle families en beroepe verlaat het om Jesus te volg. Dink aan Saggeus wat sy winsgewende besigheid net so gelos het om Jesus te volg. Is ek bereid om so iets te doen?

 




Die sewe ekumeniese konsilies (1)

We all want progress, but if you’re on the wrong road, progress means doing an about-turn and walking back to the right road; in that case, the man who turns back soonest is the most progressive – C. S. Lewis

Die sewe ekumeniese konsilies (1)

[Konsilie = algemene kerkvergadering; ekumenies = verteenwoordig hele kerk]

Hierdie konsilies het met die eerste Konsilie van Nicea in 325 begin en die laaste een was die tweede Konsilie van Nicea in 787. Tussen hierdie twee was daar ‘n verdere vyf. Vir elkeen gaan ons kyk na die agtergrond en doel, die belangrikste rolspelers, die aard van die konflik, die resultate en die blywende betekenis.

 

 Kom ons begin met die eerste Konsilie van Nicea Hierdie eerste konsilie is deur keiser Konstantyn in 325 bymekaar geroep. Konstantyn het gehoop dat hy sy ryk onder die vaandel van die Christelike geloof sou kon verenig. Hierdie eenheid is egter deur ‘n dreigende en ernstige teologiese  geskil bedreig.  Hosius van Cordoba het ‘n konsilie voorgestel om die geskil te besleg. Konstantyn roep kerkleiers by Nicea (die huidige Iznik in Turkye) bymekaar. Tussen 250 en318 kerkleiers van oor die hele Romeinse Ryk woon die vergadering by.

 Die hoof besprekingspunt was die aard van Christus se goddelikheid en die verhouding tussen die Vader en die Seun. ‘n Sekondêre besprekingspunt was die viering van Paasfees.

 Die twee belangrikste persone by die vergadering was Athanasius, ‘n jong diaken wat saam met Biskop Aleksander van Aleksandrië as metgesel gekom het en Arius, ‘n kontroversiële presbiter en priester van Aleksandrië. Konstantyn was teenwoordig as toesighouer, maar hy het nie gestem nie.

 Aan die een kant van die konflik was diegene wat geglo het dat Jesus Christus deur God die Vader geskep is. Aan die ander kant was diegene wat geglo het dat Jesus deur die Vader verwek was. Arius het geglo dat Jesus God se eerste skepping was en dat deur Hom God alles daarna gemaak het. Die Seun was uniek en die enigste skepping wat God direk gemaak het. Daarom is die Vader se goddelikheid groter as dié van die Seun. Daar was dus ‘n tyd wat die Seun nie daar was nie.

 Aleksander en Athanasius glo egter dat Jesus verwek is en daarom gelyk aan die Vader is. Hierdie siening is deur vergadering aanvaar. Athanasius sê: Jesus wat ek as my Verlosser ken, kan nie minder as God wees nie.

 Die debat het van20 Mei tot 19 Junie geduur. Hierna is ‘n voorlopige vorm van die Geloofsbelydenis van Nicea goedgekeur. Net twee lede het vir Arius se siening gestem en hulle is saam met Arius uit die kerk geban. Al Arius se geskrifte is gekonfiskeer en verbrand.

 Hierdie vergadering was baie belangrik, want die probleem oor die goddelikheid en menslikheid van Jesus Christus is hier besleg. Dit is verklaar dat Jesus Christus ewig en goddelik was – gelyk aan die Vader en groter as enige geskape wese. Die vergadering was die eerste poging om konsensus tussen Christene te kry deur ‘n debat tussen verteenwoordigers wat teenoorgestelde kante. Dit lei tot verdere vergaderings om leerstellige en praktiese kerksake te beslis. Hierdie besluite word dan in belydenisskrifte vervat.

 Eers 56 jaar later vind die volgende vergadering plaas: Die Eerste Konsilie van Konstantinopel