Sy liggaam word in die graf gelê
Sy liggaam word in die graf gelê – Francois Malan
19:38 Die Romeine het die liggame van gekruisigdes aan die kruis laat bly vir die aasvoëls. Op versoek van familie is liggame aan hulle gegee vir begrafnis, maar nie as dit die lyk van ‘n opstandeling was nie. Die Jode het ‘n aparte begraafplek buite die stad gehad vir die lyke van veroordeeldes, uit vrees dat dit die familie-grafte sal verontreinig. Daarom het hulle versoek in 19:31 geïmpliseer dat Jesus se liggaam in die gemeenskapsgraf vir veroordeeldes gegooi word. Simon van Sirene, ‘n geheime volgeling van Jesus (Mat.27:51), het gaan vra om Jesus se liggaam te begrawe. Pilatus het dit goedgekeur omdat hy oortuig was van Jesus se onskuld. Die ander Evangelies vertel dat hy ‘n ryk (Mat.27:57) en lid van die Sanhedrin was, wat uitgesien het na die koms van die koninkryk van God (Mark. 15:43) en nie saamgestem het met die Raad se besluit en optrede teen Jesus nie (Luk.23:50-51). Jesus se dood laat hom openlik na vore kom en sy verbondheid aan Jesus betuig.