Praat die kerk oor ongemaklike sake?
A man knows when he has found his vocation when he stops thinking about how to live and begins to live – Thomas Merton
Praat die kerk oor ongemaklike sake?
Zach Perkins voel daar is sekere belangrike sake wat die kerk vermy om te hanteer. Hy sê dat ons week na week die erediens bywoon, by mense sit wat ons al jare ken … maar ons sal nooit ons innerlike gevoelens met hulle bespreek nie. Hoekom nie? Trots beslis, maar ook die kerk se onwilligheid om oor sekere ongemaklike sake te praat. Die kerk verkies om hierdie sake te ignoreer, of verwerp eenvoudig die mense wat hierdie sake op die tafel plaas.
Dra mekaar se laste (Galasiërs 6:2). Is dit nie tyd dat die kerk ‘n veilige hawe word vir daardie ongemaklike dinge wat mense moet hanteer nie? Baie van hierdie dinge moet professioneel deur onder andere sielkundiges hanteer word. Navorsing het egter gevind dat om na iemand te luister en te wys dat jy werklik vir hulle omgee ‘n belangrike rol in die persoon se genesingsproses speel.