Praat die kerk oor ongemaklike sake?

 

A man knows when he has found his vocation when he stops thinking about how to live and begins to live – Thomas Merton

 Praat die kerk oor ongemaklike sake?

Zach Perkins voel daar is sekere belangrike sake wat die kerk vermy om te hanteer. Hy sê dat ons week na week die erediens bywoon, by mense sit wat ons al jare ken … maar ons sal nooit ons innerlike gevoelens met hulle bespreek nie. Hoekom nie? Trots beslis, maar ook die kerk se onwilligheid om oor sekere ongemaklike sake te praat. Die kerk verkies om hierdie sake te ignoreer, of  verwerp eenvoudig die mense wat hierdie sake op die tafel plaas.

 Dra mekaar se laste (Galasiërs 6:2). Is dit nie tyd dat die kerk ‘n veilige hawe word vir daardie ongemaklike dinge wat mense moet hanteer nie?  Baie van hierdie dinge moet professioneel deur onder andere sielkundiges hanteer word. Navorsing het egter gevind dat om na iemand te luister en te wys dat jy werklik vir hulle omgee ‘n belangrike rol in die persoon se genesingsproses speel.

 

 Hier is ‘n paar sake waarmee baie mense sukkel al ontken hulle dit dikwels.

  • Verslawing.

Hierdie is ‘n onderwerp wat meeste kerkmense nie van wil hoor nie. Sekere verslawings is sosiaal meer aanvaarbaar – ons gee nie om om met iemand oor sy rokery te praat nie. Ons praat moeiliker oor die misbruik van alkohol en ander dwelms. Verslawing is ongelukkig dikwels juis die oorsaak vir skinderpraatjies in die kerk. As die kerk mekaar as God se gesin sien, sal mense minder kwesbaar wees om oor hulle verslawing te praat. Hulle wil net weet hulle broers en susters in die gemeente het hulle lief; hulle wil net veilig genoeg voel om hulle harte oop te maak.

 

  • Seksualiteit

Hierdie onderwerp is dikwels taboe in die kerk. Ja ons verdoem voorhuwelikse seks … maar dit is waar die gesprek eindig. Ons hanteer baie selde hierdie onderwerp op ‘n persoonlike, individuele vlak. Daar is gelowiges wat probleme het met hulle seksuele identiteit, maar hulle waag dit nie om daaroor met hulle Christen-vriende te praat nie. Een van die groot probleme vandag is pornografie. Is die kerk ‘n veilige plek waar mense hulle laste kan deel met ander gelowiges?

 

  • Opregte twyfel

Daar is baie gelowiges wat stry met twyfel. Hulle het gelees; hulle het gebid, maar hulle sukkel om te glo dat dat God werklik daar is. Ja, hulle woon nog eredienste by, hulle sing die liedere, maar dit klink hol vir hulle. Die kerk kan begin om hierdie probleem te hanteer deur op te hou om voor te gee dat alles van geloof  duidelik is. Die kerk moet erken dat almal van ons op een of ander stadium twyfel. Die kerk moet ook ophou om die moeilike gedeeltes in die Bybel onder die mat in te vee.

 

  • Geestesongesteldhede

Hierdie mense bly gewoonlik stil oor die stryd wat hulle beleef. In ons samelewing is daar ongelukkig nog baie stereotipes oor geestesongesteldhede. Mense wil nie hieroor praat nie, dikwels omdat hulle in die verlede seergekry het. As ons nie oor hierdie sake praat nie, word hulle dikwels nie opgelos nie.` Soms word van hierdie mense verwag om nie professionele hulp te kry nie – gebed is voldoende om jou te genees. As gebed dan nie werk nie, voel die persoon dat hy misluk het. Die kerk moet ‘n omgewing skep waarbinne mense na die regte plek verwys kan word, maar ook terselfdertyd geestelike genesing kan ontvang.

  

  • Eensaamheid

Daar is baie eensame mense in elke gemeente – veral senior burgers. Hierdie mense kom Sondae alleen by die erediens aan en loop alleen daar weg. Hulle geniet die gratis koffie na die diens, maar wat hulle soek is iemand wat met hulle gesels. Ons moet tyd inruim om met hulle te gesels en hulle te leer ken. Ons moet ook buite die kerk na hulle uitreik.

 Natuurlik verskil elke gemeente – hulle het verskillende sterkpunte. Is ons gewillig om hierdie sake te hanteer? As ons daaroor praat onthou om dit in nederigheid te doen.

 




‘n Nuwe Kategismus: Vraag 51

If I love to be loved more than to love, to be served more than to serve, then I know nothing of Calvary love. —Amy Carmichael

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 51

Vraag:

Watter nut het Jesus Christus se hemelvaart vir ons

Antwoord:

Christus het fisies opgevaar vir ons net soos Hy fisies na die aarde gekom het vir ons.. Hy is nou besig om vir ons in die teenwoordigheid van die Vader voorspraak te maak, ‘n plek vir ons voor te berei en Hy het ook sy Gees gestuur. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons (Romeine 8:34).

Kommentaar:

Hail the day that sees Him rise,
Ravish’d from our wishful eyes!
Christ, awhile to mortals given, 
Re-ascends His native heaven! 

There the pompous triumph waits: 
“Lift your heads, eternal gates, 
Wide unfold the radiant scene, 
Take the King of Glory in!”

Circled round with angel powers, 
Their triumphant Lord, and ours, 
Conqueror over death and sin, 
Take the King of Glory in! 

Him though highest heaven receives, 
Still He loves the earth He leaves; 
Though returning to His throne, 
Still He calls mankind His own. 

See! He lifts His hands above! 
See! He shows the prints of love! 
Hark! His gracious lips bestow 
Blessings on His church below! 

Still for us His death He pleads; 
Prevalent, He intercedes; 
Near Himself prepares our place, 
Harbinger of human race. 

Master, (will we ever say,) 
Taken from our head to-day; 
See Thy faithful servants, see! 
Ever gazing up to Thee. 

Grant, though parted from our sight, 
High above yon azure height, 
Grant our hearts may thither rise, 
Following Thee beyond the skies. 

Ever upward let us move, 
Wafted on the wings of love; 
Looking when our Lord shall come, 
Longing, gasping after home. 

There we shall with Thee remain, 
Partners of Thy endless reign; 
There Thy face unclouded see, 
Find our heaven of heavens in Thee!

Hierdie lied is deur John Wesley (1703 – 1791), ‘n Engelse prediker en teoloog, geskryf. Wesley, saam met sy broer Charles, was die stigters van die Engelse Metodiste beweging. Hy reis meestal te perd en preek twee of drie maal elke dag. Dit word beweer dat hy meer as 40000 preke gelewer het. Hy was ook ‘n bekende skrywer van liedere.

Hierdie lied kom uit “Hymn for Ascension-Day” in The Poetical Works of John and Charles Wesley, deur John Wesley, Charles Wesley, getoonset deur George Osborn, Volume 1 (London: Paternoster, 1868), 187–188.

Verdere leesstof:

 “Ascension” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

Gebed:

Ons prys U, ons verheerlik U, ons genadige God en Verlosser. Ons siele het nou ‘n skuilplek van u verterende toorn. U beloftes is seker: Satan, die wêreld en die dood is oorwin; ons Here het opgestaan; Hy het opgestaan en deur Hom sal ons ook opstaan. O dood, waar is jou angel? O graf, waar is jou oorwinning? Ons Verlosser het na sy en na ons Vader opgevaar en ons sal ook opvaar. In sy hande mag ons ons vertrekkende siele oorgee. Ons Hoof is verheerlik, en dit is sy wil en belofte dat ons met Hom sal wees waar Hy nou is om sy heerlikheid te sien. Hy het ons daartoe deur sy Heilige Gees verseël. Ons was dood in ons sondes en Hy het ons verlos. Ons was donker en dwaas in ons sonde en ongeloof en U het vir ons die lig gegee. Ons was onheilig en vleeslik, uitverkoop aan die sonde, en Hy het ons wil geheilig … Ons prys en verheerlik hierdie Gees van die lewe saam met die Vader en die Seun  vir wie Hy gestuur het om lewe en lig en liefde te wees vir donker, ongelukkige siele. Ons is gemaak, verlos en geheilig vir sy heilige liefde, en lof en diens. Laat dit die wese van ons siele wees en die vreugde van ons hele lewe. Maak u genade in ons volmaak sodat ons liefde en lof meer volmaak kan wees … Bring ons nader aan U in geloof en liefde, dat ons meer geskik sal wees om U te loof … Berei ons voor vir daardie lewe van vrede waar die harmonie van universele liefde en lof nooit deur sonde of vrees of hartseer onderbreek sal word nie, maar dat dit ewigdurend sal wees vir ons vreugde en u lof. Amen

Hierdie gebed is deur Richard Baxter (1615 – 1691), ‘n Engelse Puritein, geskryf. Hy dien as kapelaan in die leër van Oliver Cromwell en as herder in Kidderminster. Toe James II onttroon is, word Baxter vir 18 maande in die tronk aangehou. Hy hou aan met preek en skryf in daardie tyd: : “I preached as never sure to preach again, and as a dying man to dying men.”  Bo en behalwe sy teologiese werke wat hy ook ‘n digter en liedereskrywer. Hy skryf ook sy eie Family Catechism.

Hierdie gebed kom uit “A Shorter Form of Praise and Prayer for the Lord’s Day” in “The Poor Man’s Family Book” in The Practical Works of Richard Baxter, Volume 19 (London: Paternoster, 1830), 637–639.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Verdeling van Jesus se klere

Verdeling van Jesus se klere – Francois Malan

waarskynlik sy mantel (‘n oorkleed teen koue), sy tuniek of kleed (chitoon vir daaglikse drag), ‘n beld, sandale, en ‘n tulband. Die kruiseling hang naak voor die wêreld, soos die sondaar naak voor God staan – Jesus dra die straf op Jerusalem en die wêreld se sonde (Eseg.23:28-30; Joh.1:29). Dit is die einde van die weg wat Jesus self ingeslaan het toe Hy sy klere (ta himatia) uitgetrek het om sy dissipels se voete te was, met net ‘n afdroogdoek/handdoek om  (Joh.13:4) – aan die kruis egter sonder ‘n lendedoek – Hy het sy eie mense tot die uiterste toe liefgehad (13:1). Die kleed was sonder soom, in een stuk geweef. Die vier soldate  besluit om dit nie te skeur nie, maar daaroor te loot. Die Evangelis sien daarin ‘n vervulling van die doel van God, soos die verdeling van sy klere in Ps.22:19 beskryf is. Die soldate vervul God se raadsplan vir die verlossing van die wêreld, met ‘n Koning wat sy volk se naaktheid dra.

Jesus gee sy moeder aan die geliefde dissipel

Jesus gee sy gees oor aan die Vader

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Wat is geluk?

The measure of our love for others can largely be determined by the frequency and earnestness of our prayers for them. —A.W. Pink

 

Wat is geluk?

Die belangrikste woord in die seënuitsprake (Matteus 5:3 – 12) is die woordjie  geseënd. Hoe vergelyk dit met vandag se najaag van geluk? Meer en meer mense vandag sien dat geluk hulle reg is – dit is ‘n basiese mensereg.

Maar wat beteken geluk? Vir die moderne mens beteken dit innerlike tevredenheid en materiële voorspoed. Kom ons kyk na ‘n paar moderne sienings oor geluk:

 

  • Dit is ‘n subjektiewe gevoel – ek voel goed oor my lewe, oor myself en oor my situasie.
  • Hierdie najaag na geluk eindig nooit nie – ek is op ‘n trapmeul wat aanhou loop. Dit gaan oor meer en meer – meer besittings, meer status …
  • Geluk gaan dikwels gepaard met vergelyking – ek vergelyk my met ander en so lank as wat ek meer as hulle het, is ek gelukkig. Daarom is ek gelukkig as ek my vergelyk met hulle wat minder as ek het.

So kan ek voortgaan en dinge byvoeg.

Dit is duidelik dat hierdie dinge nie is wat geseënd beteken nie. Geseënd/geluk in die seënuitsprake beteken nie dat ek goed voel nie, maar dat ek goed is. Hierdie “ek is goed” word nie deur my nie, maar deur Jesus gedefinieer en word deur my verhouding met God bepaal. Dit mag niks te doen hê met wat ek sien nie, maar alles met wat binne in my gebeur. Dit het alles te doen met my liefde vir God en my naaste. Hierdie liefde, plus my gedrag wat uit hierdie liefde voortspruit, maak my geseënd.

Is dit moontlik? Dietrich Bonhoeffer sê: Hier aan die einde van die seënuitsprake kom die vraag na vore: waar in hierdie wêreld kry so ‘n geloofsgemeenskap sy plek … aan die voet van die kruis.