Hoekom moet ons bid?

When I despair, I remember that all through history, the way of truth and love has always won. There have been murderers and tyrants, and for a time they can seem invincible. But in the end they always fall. Think of it, always. -Mohandas Karamchand Gandhi (1869-1948)

Hoekom moet ons bid?

Vraag: As God dan nie kan verander nie, hoekom moet ons dan bid? Probeer ons nie nou om God se besluite te verander nie?

Hierdie is ‘n vraag wat gereeld na vore kom. Die Bybel sê dat God alomteenwoordig en alwetend is. As Hy dan sy besluite verander, is Hy nog alwetend?  Daarom die algemene siening dat God nie op ons gebede kan reageer nie.

 

As ons bid, het God vooraf geweet wat ons gaan bid.  Hy het ook bepaal dat die doel van ons gebed ‘n manier sal wees om sy doel te bereik. Gebed is dus nie ‘n manier waarop ons God verander nie, maar ‘n manier waarop God ons verander. Gebed is nie ‘n manier waardeur ons God se onwilligheid verander nie … dit is die manier waarop God ons gewilligheid gebruik. Gebed is nie ‘n manier om te verseker dat ons wil in die hemel gedoen word nie, maar ‘n manier om te verseker dat God se wil op aarde gedoen word.




Maak die gemeente sterk

. —Jonathan Edwards

Maak die gemeente sterk

Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk! Laat alles by julle in liefde geskied (1 Korintiërs 16:13 – 14).

Almal wil graag hê dat die kerk sterk moet wees.  Vals leer, onverskilligheid en ‘n gebrek aan dissipline verminder die plaaslike gemeente se invloed in die samelewing – en verder. In 1 Korintiërs 16:13 – 14 gee Paulus raad oor hoe om die gemeente te versterk.

 

  • Wees waaksaam vir vals leerstellings. Niks sal ‘n kerk se doeltreffendheid vinniger afwater as verkeerde geestelike beskouings nie.  Die kerk word voortdurend gebombardeer deur filosofieë  wat die waarheid met ‘n bietjie valsheid meng. Tensy gelowiges vas staan in God se woord is hulle vatbaar vir hierdie leuens.
  • Waardeer God se dienaars. Lidmate kritiseer dikwels hulle leiers in plaas daarvan dat hulle die leiers bemoedig. Kerkleiers kan sekerlik foute maak of sonde doen. Die gemeente moet hulle ondersteun en liefhê.
  • Aanvaar mekaar. As lede van die geloofsgemeenskap moet ons mekaar aanvaar en eensgesind wees. Hoekom? Omdat God aan elkeen van sy kinders ‘m unieke rol gegee het.

Elke plaaslike gemeente het ‘n groot potensiaal, as gevolg van die gelowiges en gawes wat God daar saamgevoeg het. Doen alles in jou vermoë om die gemeente te versterk.




‘n Nuwe Kategismus: Vraag 50

. —A.W. Tozer

 

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 50

Vraag:

Wat beteken Christus se opstanding vir ons?

 

Antwoord:

Christus het die sonde en dood oorwin deur sy fisiese opstanding sodat almal wat in Hom glo opgewek word in ‘n nuwe lewe in hierdie wêreld en tot ‘n ewige lewe in die wêreld wat kom. Net soos ons een dag opgewek sal word sal die wêreld eendag herstel word. Maar diegene wat nie op Christus vertrou nie word opgewek vir die ewige dood. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

 

Skrifgedeelte:

Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. Ons glo immers dat Jesus gesterwe het maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem (1 Tessalonisense 4:13 – 14).

 

Kommentaar:  

Die statigste stede op aarde, maak nie saak hoe ongelooflik hulle geboue is nie, het steeds hulle fondamente in die stof. Hulle strate is vuil en is gemaak om onder ons voete vertrap te word. Maar die strate in die hemelse stad is suiwer goud, soos deursigtige glas. Die fondamente is van edelstene en die poorte is van pêrels … Daar is baie beginsels teenstrydig met liefde . Dit maak hierdie wêreld ‘n onstuimige see. Selfsugtigheid en jaloesie, weerwraak en jaloesie is verwante passies wat die lewe op aarde in voortdurende beroering hou … Maar watter rus is daar nie in daardie wêreld wat die God van liefde en vrede vul met sy eie genadige teenwoordigheid; waar die Lam van God woon en regeer en dit vul met die helderste en soetste strale van sy liefde; waar daar niks is om te steur en te beledig nie; waar daar geen wese of objek te sien is wat nie deur volmaakte minsaamheid omring word nie … waar daar geen vyand of vyandigheid is nie  – net volmaakte liefde in die hart van elke wese; waar daar volmaakte harmonie tussen al die inwoners is; waar niemand op ‘n ander jaloers is nie, maar waar almal hulle in die geluk van ander verheug; waar liefde wedersyds en ten volle aan mekaar gedoen word; waar daar geen valsheid en huigelary is nie, maar volkome eenvoud en opregtheid; waar daar geen verraad of ontrou of jaloesie van enige aard is nie … waar daar geen verdeeldheid as gevolg van verskillende menings of belange is nie, maar waar ons almal in daardie heerlike en liefdevolle gemeenskap aan mekaar verbind sal wees; waar almal aan mekaar sal behoort en almal mekaar sal geniet in voorspoed en  rykdom en eer sonder enige siekte en hartseer of vervolging en sonder enige vyand om ons te molesteer; sonder enige bemoeisieke mense om jaloesie en misverstand te skep of die volkome, heilige en geseënde vrede wat in die hemel heers, te versteur.

 

Hierdie kommentaar is deur Jonathan Edwards (1703 – 1758), ‘n Amerikaanse koloniale prediker, teoloog en filosoof geskryf. Hy word in 1726 pastor van die kerk in Northampton, Massachusetts. Hy is veral bekend vir sy preek Sinners in the Hands of an Angry God. Hy het ook baie boeke geskryf, onder andere The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Edwards sterf na ‘n pokke-inenting kort na hy die president van die College of New JerseyI (later Princeton Universiteit) geword het.

Hierdie kommentaar kom uit sy preek “Heaven, a World of Love”, beskikbaar van www.biblebb.com/files/edwards/charity16.htm

 

Verdere leesstof:

 “Resurrection” en “General Resurrection” inConcise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:  

Almagtige God, aangesien ons alreeds in hoop die drumpel van u ewige erfenis binnegegaan het, en weet dat daar verseker vir ons ‘n woning in die hemel is nadat Christus daar ontvang is; Hy is ons Hoof en die eerste vrugte van ons verlossing; gee dat ons meer en meer op die pad van u heilige roeping mag loop totdat ons uiteindelik die doel en so die ewige heerlikheid waarvan U vir ons in hierdie wêreld ‘n voorsmaak deur Christus ons Here  gegee het, bereik. Amen.

Hierdie gebed is deur Johannes Calvyn (1509 – 1564), teoloog, pastor en administrateur, geskryf. Calvyn is in Frankryk in ‘n streng Rooms-Katolieke familie gebore. Hy het die meeste van sy lewe in Genève gewerk. Daar het hy die Gereformeerde Kerk georganiseer. Hy skryf The Institutes of the Christian Religion, dieGeneva Catechism, sowel as vele kommentare van die Skrif.

Hierdie gebed kom uit Calvin’s Bible Commentaries: Ezekiel, Deel II, vertaal deur John King (Forgotten Books, 1847), 304.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Waag vir God

This is what happens with all of God’s works in the world: before they are done no one believes it, but when they happen, no one pays attention to it. Unbelief goes before and forgetfulness follows after. — Martin Luther

 

Waag vir God

“The Christian life is a call to risk. You either live with risk or waste your life.” (John Piper – Risk is Right)

In die Skrif is daar geen waarborge vir veiligheid nie, Gehoorsaamheid aan God beteken altyd ‘n mate van risiko. Om vir God te waag is gevaarlik, maar om nie te waag nie is nog gevaarliker. Ons sien dit duidelik uit die gelykenis van die muntstukke (Matteus 25:14 – 30). Twee slawe waag om hulle eienaar se rykdom te vermeerder; die derde slaaf weier om te waag en hy word veroordeel: Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf!  Wat is die verskil? Die twee getroue slawe het twee gesindhede gehad wat die slegte en lui slaaf nie gehad het nie:

 

 

  • Hulle het vertroue in die meester se goedheid gehad

Die eerste twee slawe het geglo hulle meester goed en betroubaar is. Hulle wag met afwagting op sy terugkoms. Omdat hulle op sy goedheid vertrou het, het hulle die vertroue gehad om te waag met sy muntstukke.

As gevolg van die kruis behoort ons dieselfde vertrou te hê. As die kruis dan openbaar hoe God oor my voel, kan ek mos in sy arms spring. Moet dit nie die manier waarop ons bid, beplan, droom verander nie? As ons na Jesus se offer kyk is ons gebede nie te klein nie? Daar is geen waarborg dat God al ons planne sal seën nie, maar ek weet dat Jesus nie gesterf het sodat ons gemaklik in ons klein gemeenskappie kan leef terwyl ons die groter gemeenskap om ons ignoreer nie. “If God be your partner, make large plans!” D. L. Moody

 

  • ‘n Begeerte om in die meester te vreugde te deel

As die eienaar in die gelykenis terugkeer gee hy twee dinge aan sy slawe: groter verantwoordelikheid en ‘n groter deel van sy vreugde. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins (Hebreërs 12:2). Hierdie vreugde is ook vir ons as ons vooruit kyk om eendag by God te wees.

 

As ons besef dat Christus nie net gesterf het nie, maar vir my en jou gesterf het, lyk ons lewens anders. Ons is so nougeset om vir die laaste twintig jaar van ons lewens finansieel te beplan, maar vergeet van die ewigheid wat daarna volg.

 

Waag omdat Christus my vreugde is. Daarom kan ek blymoedig gee. My opoffering is ‘n risiko, maar dit is ook ‘n belegging – beide in God se koninkryk en in my toekomstige vreugde. Waar roep God my om Hom te gehoorsaam? Om dit wat ek het te waag om Hom te volg? Die geleenthede sal verskil, maar die plan is duidelik: Waag of vermors jou lewe.