Mag situasies my dwing om leuens te vertel?
Sanctity has to do with gratitude. To be a saint is to be fueled by gratitude, nothing more and nothing less.Ronald Rolheiser
Mag situasies my dwing om leuens te vertel?
Moet Christene altyd die waarheid praat? Is dit nie reg om soms ‘n leuen te vertel nie? In 1966 skryf Joseph Fletcher ‘n boek Situation Ethics: The New Morality. Fletcher sê dat dit soms reg is om God se morele wet te verbreek om ‘n hoër doel te bereik. Hy sê dat as iemand met ‘n geweer na jou huis kom om jou vrou en kinders dood te skiet, mag jy jok oor waar hulle is – die heiligheid van lewe het meer waarde as die heiligheid van die waarheid.