Geestelike Oorlogvoering: Afleidings

Duty makes us do things well, but love makes us do them beautifully. —Phillips Brooks

 Geestelike Oorlogvoering: Afleidings

Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar  net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Lukas 10:41 – 42)

As Satan misluk in sy direkte aanvalle op gelowiges gebruik hy dikwels baie subtiele metodes om sy doel te bereik. Hy probeer ‘n wig indryf tussen die Christen en die taak wat God aan hom toevertrou het. Hy slaag dikwels deur die gelowige betrokke te kry by ‘n minder belangrike taak. So word sy aandag afgelei.

 

 Satan se woorde wat die aandag aflei, kom dikwels uit ‘n onverwagte oord. Marta sou Maria weggetrek het van daar waar sy aan Jesus se voete sit. Ons beste vriend kan ons fokus van Christus aftrek. Die taak waarvoor Marta vir Maria geroep het, was niks mee verkeerd nie – dit was ‘n wettige aktiwiteit. In vandag se besige wêreld word ons maklik weggetrek van die taak wat God aan ons opgedra het. Ons moet hierdie afleidings onmiddellik verwerp. Doen ons dit nie, verval ons in ‘n leë besig wees roetine.

 




Is my nederigheid eg of vals?

As long as there is a separation between Christ and us, all that he suffered and performed for the salvation of mankind is useless and unavailing to us. — Johannes Calvyn

Is my nederigheid eg of vals?

In die openbaar is ons nederig; in die privaat gaan alles oor homself. Daar is baie mense wat voorgee dat hulle nederig is, maar in werklikheid is hulle net oor hulle eie agenda bekommerd. Hoe weet ons of hulle nederigheid eg of vals is?

  • Ware nederigheid lei my om nuuskierig en bekommerd oor ander  te wees – nie net belang te stel in hoe hulle my sake sal bevorder nie. Nederigheid beteken ek plaas ander eerste in my gedagtes, woorde en optrede. Dit is maklik om voor te gee dat jy nederig is as daar vir jou ‘n voordeel in is. ‘n Nederig persoon stel belang in die langtermyn welstand van ander en nie in sy eie korttermyn selfbelang nie. Ons help ander vir wie hulle is en nie as gevolg van hulle posisie nie.
  • Nederigheid stel belang in ware diens. Vals nederigheid is kruiperigheid en nie diens nie. Daarom word nederige mense dikwels as mense met ‘n swak selfbeeld beskou. Dit is egter arrogante mense wat ‘n skewe selfbeeld het – hulle dink te veel van hulle bydraes en soek altyd krediet vir wat hulle doen.
  • As ‘n nederige persoon ‘n fout erken of erken dat hy verkeerd was, maak hy nie net verskoning nie – hy stel dinge reg. Die trotse persoon mag sê dat hy jammer is, maar gaan voort om te doen wat hy nog altyd gedoen het. Abraham Lincoln was altyd bereid om sy foute te erken.
  • Ware nederigheid bou ander op; vals nederigheid breek ander af. Die persoon wat baie gou krediet opeis vir iets wat goed gedoen is, is dikwels die eerste persoon om ander te blameer as dinge skeef loop.  As dinge verkeerd loop? A humble leader looks in the mirror, not out of the window (Jim Collins).
  • Hoe meer verantwoordelikheid en gesag iemand het, hoe meer nederigheid het hy nodig.

 Dit is moeilik om ‘n ander persoon se hart te lees, maar vals nederigheid openbaar hom op een of ander stadium. Luister na die raad van Abigail Adams, Amerikaanse presidentsvrou, aan haar seun: If you begin to think yourself better than others, you will then become less worthy, and lose those qualities which now make you valuable.

 




Jesus het die wêreld klaar oorwin (16:25-33)

Jesus het die wêreld klaar oorwin (16:25-33) – Francois Malan

16:26-27 Jesus se opstanding lei ‘daardie dag’ in, waarop ‘n nuwe verstaan van sy openbaring begin, en die nuwe vrymoedigheid en effektiwiteit van gebed in sy Naam, namens Hom, op grond van wat Hy vir ons gedoen het, en deur ons eenheid met Hom (16:23-24). Hier lê die klem op die gemeenskap met die Vader, vir wie hulle sal ken as een met Jesus (lote in die ware wingerdstok). Die Vader hoor hulle gebede, want Hy het hulle self lief. In 15:13-15 het Jesus hulle sy vriende genoem, in sy vriendekring opgeneem. Hier sê Jesus, sy vriendekring is ook die Vader se vriendekring (die woord fileoo praat van liefde onder vriende). Die Vader het ons lief, omdat ons deel is van Jesus se vriendekring, mense wat aan Jesus met liefde verbind is.

16:29-30 Vir die dissipels is dit nou duidelik dat Jesus alles weet van die verhouding tussen God en die mens, van oordeel en verlossing, en van God se koningskap oor die skepping. Hulle begryp nou Hy praat nie in beelde as Hy sê Hy kom van die Vader en gaan na die Vader nie. Niemand hoef Hom of sy kennis met vrae te toets nie (soos hulle in 16:16-24 gedoen het nie). Hulle glo dat Hy waarlik van God af kom, nou dat hulle weet (oortuig is) dat Hy alles weet (vgl. 16:27 vir die Vader se liefde).

ontrou aan Jesus vir hulle duidelik word. Elkeen gaan net aan sy eie veiligheid dink en Jesus verlaat (Mark. 14:50). Die voorspelling van Sagaria 13:7 gaan nou in vervulling, en die skape gaan verstrooi word. Daarteenoor staan die getrouheid van die Vader wat Hom nie sal verlaat nie, en by Hom wees ook in sy diepste verwerping (vgl.8:29). 

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Vreugde in beproewing en droefheid (16:16-24)

Vreugde in beproewing en droefheid (16:16-24) – Francois Malan

Hierdie gedeelte sluit aan by 16b-6 oor die droefheid van die dissipels oor Jesus se weggaan, na die invoeging van die drie uitbreidings op die belofte van die Heilige Gees as Helper nadat Jesus weg is.

16:16 Kernagtig word Jesus se vertrek en terugkoms geteken: Die ‘klein tydjie’ van sy weggaan na die Vader is al ‘n paar maal gestel: eers aan die Jode (7:33) en toe aan die dissipels (13:33a). Hier word egter gepraat van nog ’n ‘klein tydjie’ en dan sien hulle Hom weer.

16:17-18 Die dissipels is verwar. Hoe rym dit met sy gaan na die Vader toe (14:1-3)? Hulle besef nog nie wat in die volgende drie dae vir Jesus en vir hulle voorlê nie, en ook nie dat Hy op die derde dag weer aan hulle gaan verskyn nie.

doodsoffer is juis die bron van ons ewige lewe. Oor sy dood vir ons sonde kan ons elke dag juig en sing met ‘n vreugde wat niemand of niks van ons kan wegneem nie (vgl. Rom 8:38-39).

). Die tweede aspek van hierdie vreugde is verhoorde gebed: voorwaar, voorwaar, wat hulle ookal in sy Naam (as sy verteenwoordigers) vir die Vader vra, sal Hy vir hulle gee. Nou het hulle direkte toegang tot die Vader in gebed. Soos Jesus direk met die Vader gepraat het, kan hulle nou, deur Jesus as hulle middelaar, direk met die Vader praat. Christus is ons voorspraak by die Vader (1 Joh. 2:1).  In Jesus se Naam beteken ook volgens sy wil, en soos Hy ons geleer het. In ons gebed praat Jesus met sy Vader, soos die Gees ons lei in die volle waarheid – takke in die ware wingerdstok wat met vreugde vir die landbouer vrug dra.

 

Prof Francois Malan