Die Heilige Gees leer die gemeente (16:12-15)

Die Heilige Gees leer die gemeente (16:12-15) – Francois Malan

16:15 Die Vader is ten nouste verbind aan die werk van die Seun en die Gees. Die Vader is die bron van alles. Hy het alles aan die Seun oorgedra, en die Seun dra alles oor aan die Gees. ‘Alles’ omvat die hele heilsopenbaring van God se liefde. Die ware, volledige openbaring van God het deur Christus gekom, deur sy menswording, dood en opstanding vir die lewe van die wêreld. Dit word deur die Heilige Gees aan die gelowiges ‘blootgelê.’ Die Gees bring geen ander openbaring van God nie.

 

Prof Francois Malan

 




Die werk van die Heilige Gees (16:8-11))

Die werk van die Heilige Gees (16:8-11)) – Francois Malan

sonde ongeloof is in Jesus as Seun van God, dat Hy waarlik God is.

geregtigheid van God aan die mense blootlê en hulle daarvan oortuig.  Jesus se weggaan na die Vader toe bewys dat die reg aan sy kant is en dat Hy die geregtigheid van God vir ons berei het.  Terwyl die mense Jesus se verhoging aan die kruis gesien het as die bewys van Jesus se ongeregtigheid (godslastering), was dit juis die weg waarop die Vader Hom verhoog het tot aan sy regterhand, en die verhouding van die mens tot God reg gemaak het. So lyk die geregtigheid van God se liefde vir sy Seun en vir die wêreld. Dat die dissipels Hom nie meer sal sien nie, bevestig ook die finaliteit van Jesus se vertrek na die Vader. Die wêreld dink dit is die einde van Jesus. Die dissipels leer dit is Jesus se terug-ontvangs by die Vader in heerlikheid. Die wêreld is bly hulle is van Jesus ontslae (16:20), sy volgelinge is bly oor die vergifnis van hulle sonde. Van dié geregtigheid van God kom die Heilige Gees mense oortuig. 

oordeel van God oor Jesus, oor die sonde en oor die duiwel blootlê, en mense daarvan oortuig. God het ie heerskappy oor die wêreld oorgedra aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid (Openb 11:15). Die Heilige Gees maak bekend dat Jesus se kruisiging God se oordeel oor die wêreld is, van dié mense wat hulle aan die owerste van die wêreld oorgegee het, en daarom die Seun van God verwerp het, en ‘n werktuig van die duiwel geword het om Jesus te vermoor (die duiwel was van die begin af ‘n moordenaar en vader van die leuen; 8:44). Die straf van God bly op die mense wat die Seun ongehoorsaam is, soos die duiwel klaar veroordeel is (Jn 3:36). Die Gees sal dit deur die gelowiges as sy getuies bekendmaak.

 

Prof Francois Malan

 




Ananias en Saffira

Ananias en Saffira – Francois Malan

Jan Smith vra:

Om in almal se behoeftes te voorsien besluit die mense om hulle eiendomme en so aan te verkoop en die opbrengste na die dissipels te bring wat aan elkeen uitgedeel na behoefte. Ananias en Saffira besluit ook so maar hou ‘n sekere deel terug. Petrus raak bewus van die gekonkel en toe Ananias bevestig dat die bedrag reg is beskuldig Petrus hom dat hy vir die Heilige Gees gelieg het en hy sterf op die plek. Jong manne dra hom weg en gaan begrawe hom sondermeer. Dieselfde gebeur met sy vrou Saffira. Nou wonder ek net om welke rede hulle sonder slag of sprook  begrawe is sonder dat enige familie/naasbestaandes in kennis gestel is.

Antwoord:

Prof. Francois Malan antwoord:

Handelinge 5 gee nie vir ons ‘n aanduiding van die rede nie, en daarom sou enige verklaring blote raaiwerk wees. Die naaste wat daaraan gekom kan word, is Deuteronomium 21:22-23 se opdrag dat iemand wat tereggestel word vir ‘n oortreding wat die doodstraf verdien, nog op dieselfde dag begrawe moet word. Weens die warm klimaat van Palestina het dit algemene gebruik geword. Dit gee egter geen duidelikheid oor jou vraag nie, want by gewone begrafnisse van die Jode was die rou oor die dooie belangrik.

In 1 Korintiërs 11:30 sê Paulus dat daar in die gemeente van Korinte baie swakkes en sieklikes is en baie van hulle sterf, omdat die rykes nie saam met die armes wil nagmaal vier nie.

 

Prof Francois Malan

 




Die wêreld sal hulle haat (vervolg)

Die wêreld sal hulle haat (vervolg) – Francois Malan

16:3 Soos die wêreld in 15:21 God nie in Jesus wil herken nie, het die ongelowige Jode hulle hart en verstand gesluit vir die Vader en die Seun, wat deur Jesus aan hulle geopenbaar is. Daarom staan hulle skuldig voor God. As gevolg van hulle valse godsbegrip vervolg hulle ook Jesus se volgelinge fanaties, en dink hulle dat hulle God op die wyse dien.

(16:4b-7)

16:4b ‘Hierdie dinge’ verwys na 16:1,4a en die vervolging wat vir die dissipels voorlê nadat Jesus weg is. Daarmee lei Jesus die aankondiging in dat Hy weggaan.