Jesus se selfgetuienis oor sy hemelse oorsprong (8:21-29)
Jesus se selfgetuienis oor sy hemelse oorsprong (8:21-29) – Francois Malan
8:21 Die woorde van Jesus se weggaan in 7:33-34 word herhaal, maar hier met baie ernstiger gevolge vir dié wat nie in Hom glo nie. Ironies sal die Jode Hom soek om die gawe van God, wat Hy verkondig het, by Hom te kry, maar hulle sal Hom nie vind nie, en sterf in hulle sonde van ongeloof, terwyl die gelowiges die lig wat lewe gee sal hê (8:12). Ongelowiges lewe in die duisternis van hierdie wêreld op pad na die ewige dood , wat die uitsluiting is uit die koninkryk van God, uit die huis van my Vader waar daar baie woonplek is (14:1-3).