My roeping en lewensdoel (2)

You can out-distance that which is running after you, but not what is running inside you. -Rwandese spreekwoord

My roeping en lewensdoel (2)

You can get all A’s and still flunk life (walter Percy)

Geen mens kan my lewensdoel vir my ontdek nie  – elkeen moet op een of ander stadium van sy lewe self sy doel ontdek. Hoe ontdek en vervul ek die sentrale doel van my lewe? Almal van ons soek na betekenis in ons lewens; almal van ons wil graag ‘n verskil maak; almal wil graag iets nalaat vir diegene wat na ons kom. Ons passie is om die doel waarvoor ons op die aarde geplaas is, te vervul.

 

 For the secret of man’s being is not only to live … but to live for something definitive. Without a firm notion of what he is living for, man will not accept life and will rather destroy himself than remain on earth (Fyodor Dostoevsky: The Brothers Karamazov). Ons besef onmiddellik dat my lewensdoel nie ‘n filosofiese of teoretiese saak is nie, maar ‘n baie praktiese saak.

 Almal wil graag deel wees van iets groter as jyself. So ‘n groot doel kan ons aanspoor tot hoogtes wat ons nooit op ons eie sou bereik het nie. Hierdie doel is persoonlik: Ek wil weet waarom ek hier op aarde is. Soos Kierkegaard dit stel: The thing is to understand myself, to see what God really wants me to do; the thing is to find a truth that is true for me, to find the idea for which I can live and die.

 Ongelukkig is daar baie verwarring oor hierdie onderwerp. Die rede is dat die enigste roeping wat ons sal vervul, is die roeping van God. Niks anders kan die mens se begeerte na ‘n lewensdoel vervul nie. Maar wat van kennis en die wetenskap? Science is meaningless because it gives no answer to our question, the only question important to us, ‘what shall we do and how shall we live?’ (Tolstoy)

 Volgende keer kyk ons verder na my roeping en lewensdoel.




Arthur F. Burns

We talk of the Second Coming; half the world has never heard of the first. —Oswald Smith

Arthur F. Burns

Arthur Burns was die voorsitter van die Federale Reserwe Raad van die VSA en later die VSA Ambassadeur na Duitsland. Hy was die ekonomiese raadgewer van heelwat Amerikaanse presidente – van Eisenhower tot by Reagan. As hy gepraat het, het Washington geluister.

In die 1970’s begin hy ‘n informele gebedsgroepie in die Wit Huis bywoon.

Niemand was heeltemal seker oor hoe om hom te hanteer nie, want hy was ‘n Jood. Daarom word hy nooit gevra om die byeenkoms met gebed af te sluit nie. Eendag was daar ‘n nuwe voorsitter wat nog nie vantevore van hierdie byeenkomste bygewoon het nie. Hy vra vir Burns om die slotgebed te doen. Almal hou asem op. Wat gaan Burns doen? Sonder huiwering steek hy sy hand na die persoon langs hom uit. Almal in die kringetjie hou mekaar se hande vas. Hy bid.

Lord, I pray that you would bring Jews to know Jesus Christ.

I pray that you would bring Muslims to know Jesus Christus.

Finally, Lord, I pray that you would bring Christians to know Jesus Christ.

Amen.

 




My roeping en lewensdoel (1)

If we only spent more of our time in looking at Him we should soon forget ourselves. —Martyn Lloyd-Jones

My roeping en lewensdoel (1)

Elkeen van ons soek ‘n doel vir ons lewe – ‘n doel wat groot genoeg is om ons aandag vas te gryp; wat langdurig genoeg is om ons tot die einde van ons lewens te inspireer. Daar is baie antwoorde beskikbaar – almal het vandag missiestellings; almal het meetbare uitkomste. Daar is honderde verskillende benaderings. Die vraag: Hoe kies ek tussen al hierdie benaderings? Is dit belangrik watter keuse ek maak?

 

 Die moderne mens glo dat daar geen regte of verkeerde antwoord is nie; geen goeie of slegte benaderings nie. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Daar is groot verskille tussen die verskillende benaderings en hierdie verskille is belangrik.

 Om dit baie te vereenvoudig is daar basies drie opsies.

  • Die benadering in die Ooste soos ons by die Boeddhisme en Hindoeïsme kry.
  • Die sekulêre benadering – elkeen besluit self oor sy doel in die lewe en moet dit self bereik. Ons ontdek nie ons roeping nie – ons besluit self wat ons roeping is.
  • Die Bybelse benadering. Hier speel toeval geen rol nie. Twee aspekte is van deurslaggewende belang:
  1. oGod het ons na sy beeld gemaak, maar waarvoor het Hy ons gemaak? Wie is ons gemaak om te wees?
  2. oHierdie God is ‘n persoonlike God. Hy roep ons om in ‘n persoonlike verhouding met Hom te staan. Waarvoor het Hy ons geroep en wie is ons geroep om te wees?

 

Daar is geen roeping sonder ‘n Roeper nie. Kyk na die mense om jou. Dit is ‘n rustelose soeke na hulle lewensdoel en die vervulling van hierdie doel. Dit is duidelik dat die antwoorde wat hulle op hulle soeke gekry het onvoldoende is. As ons antwoord op God se roepstem, is ons op pad om ons lewensdoel te ontdek en te vervul.

 

Volgende keer kyk ons verder na my lewensdoel en roeping.




My bediening druk my plat

Christian love is not the victim of our emotions but the servant of our will. —John Stott

My bediening druk my plat

Kerkleiers kan nie ontmoediging, teleurstelling en seerkry vermy nie. Leiers word soms geïgnoreer, sleg behandel, beskinder, misverstaan … Hoe kan jy nou onder sulke omstandighede vorentoe beweeg?

 

As ons in bediening ontmoedig is wat moet ons doen?

  • Erken jou pyn en emosie aan die Here, maar moenie daarin rondploeter nie.
  • Skryf jou gedagtes neer. As ek dit neerskryf, sal ek die neiging om voortdurend daaroor te tob, verhoed.
  • Lees jou Bybel. Daar is baie verse wat van hoop en oorwinning praat.
  • Doen iets pro-aktief – beweeg vorentoe. Dawid tree op om die probleem op te los – hy agtervolg die Amalekiete.
  • Hou op om jouself te veroordeel. Onthou jy is ‘n kind van God en dat Hy jou liefhet. Vir hom is jy waardevol al behandel mense jou nie met respek nie.
  • Bid vir diegene wat jou seergemaak het. Jy sal verbaas wees oor hoe gou God die bitterheid uit jou hart verwyder.

As jy neergeslaan word, volg Dawid se voorbeeld: En toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.