Die vyfde gesprek: Jesus se verdere selfopenbaring (7:14-39)

Die vyfde gesprek: Jesus se verdere selfopenbaring (7:14-39) – Francois Malan

(7:14-20)

hierdie een die Skrifte terwyl hy ongeleerd is? – Hy het nie onderrig gehad nie. ‘hierdie een’ verwys minagtend na Hom, want Hy is nie deur een van die rabbi’s opgelei nie. Hulle beskou Hom as een van die ‘volk van die land,’ een van die menigte, wat nie die wet ken nie, wat vervloektes is (7:49). En nou tree Hý as ‘n rabbi/leermeester op. Die leiers verwerp Hom en sy lering.

die EEN te herken wat God se woord verkondig. Om God se wil te doen vereis gehoorsaamheid, en hierdie gehoorsaamheid beteken om te glo, en deur te glo, begryp wie Jesus is.

Die leiers beroem hulle daarop dat hulle dissipels van Moses is (9:28), op wie hulle vertrou (5:45). Maar nie een van hulle onderhou Moses se wet nie. Hulle verwerp bv. Moses se getuienis oor Jesus (5:45-47), en wil Hom doodmaak, die Messias, wat Moses voorspel het, lê nou vir hulle die wil van God uit, wat Moses opgeteken het.

(7:21-24)

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Wees lief vir medegelowiges

Wees lief vir medegelowiges – Francois Malan

Hester vra:

Antwoord:

Prof. Francois Malan antwoord:

Vers 17 is eintlik ‘n kort opsomming van wat voorafgaan om dit te verduidelik en te beklemtoon. Daar word vier verhoudings genoem:

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Kan ek my uitverkiesing verloor?

Kan ek my uitverkiesing verloor? – Kobus Kok

‘n Leser vra

Antwoord

Prof Kobus Kok antwoord:

Kan ek my uitverkiesing verloor?

Wat bedoel die Bybel as hy sê dat God ons uitverkies het (Efes 1:4), en kan mens jou uitverkiesing verloor? Calvyn het eenmaal gesê dat God voor die grondlegging van die aarde alreeds geweet het wie sou Hy kies en wie sou Hy nie kies nie. Dit plaas God in die sentrum en mense dooie skaakpionne op die dramatiese verhoog van lewe en dood. Een van ons Griekse dosente het my eenmaal vertel van die dominee wat gepreek het oor die uitverkiesing toe hy nog ʼn kind was. Die dominee het die verhaal vertel van Shaka of Dingaan wat sy impies op ʼn afgrond laat staan het en hulle so een vir een om die beurt laat aftuimel het tot hulle dood, net omdat hy wou. Die dominee sê toe God se uitverkiesing werk ook so – eintlik kan mens niks daaraan doen nie. As God jou afstamp kan jy niks doen om weer terug te kom nie. Mens moet egter onder geen omstandighede so oor die uitverkiesing dink nie. Mense wat so dink kry maklik ʼn skeefgetrekte teologie. Sommige mense dink hulle is nou eens en vir altyd uitverkies deur God en dan gaan hulle heerlik aan met hulle sondige en afvallige lewe. Ander mense dink weer dat hulle in elk geval nie deur God uitverkies is nie en probeer nie eers om in God se goeie boekies te kom nie. Ander mense wonder sommer net en bly lou in die geloof.

In Johannes 5:24 lees ons dat iemand wat glo van ʼn bestaanstoestand van dood na ʼn bestaanstoestand van lewe oorgegaan het. In die Grieks staan dit in die perfektumvorm van die werkwoord. Dit beteken dat God mens oor laat beweeg het in die verlede, met jou bekering, en dat mens nog steeds in daardie staat verkeer. Sulke mense ontvang die reg om kinders van God genoem te kan word (Joh 1:12). Tog maak die Bybel dit duidelik dat mens jouself uit spel kan plaas. Indien mense wat kinders van God was teen God kies, dan plaas hulle hulself eintlik in die dampkring van die duiwel wat hulle nuwe vader word (Joh 8:44). Ja, dit is dus moontlik dat iemand sy uitverkiesing kan “verloor”. Lees maar net die eerste brief van Johannes. Die brief maak dit duidelik dat sommige mense so kan optree of dink dat hulle eintlik nie meer God se kinders is nie.

Aan die ander kant is ons nie God nie, en kan ons nie sit en spekuleer oor die vraag of iemand nou in- of uitgesluit is uit God se groot verlossingsplan nie. Selfs in die laaste minute van sy lewe het die sondaar langs Jesus aan die kruis God se geskenk van lewe ontvang. God kan mense nog steeds oorhaal na die lig! (1Pet 2:9). 

 

Skrywer: Prof Kobus Kok

 




Inspirasie deur die Heilige Gees.

Inspirasie deur die Heilige Gees. – Herman Grobler

Ons twyfel geensins daaraan dat die skrywers van die Nuwe Testament deur die Heilige Gees geïnspireer is nie.  Die vraag is hoe ons dit moet verstaan.

Volgens Joh.14:26 kom die Heilige Gees die apostels alles leer en herinner aan Jesus se woorde en in Joh.16:13 dat Hy hulle in die volle waarheid sal lei. In Luk. 24:45 open Jesus die verstand van die dissipels om die skrif te verstaan. Paulus skryf in 2 Tim. 2:7 dat dit die Seun van God is wat ons verstand gegee het om die ware God te ken. So het die Heilige Gees aan die skrywers van die Nuwe Testament die insig gegee om die Ou Testament te verduidelik en toe te pas in die lig van Christus se dood en opstanding. Wanneer Paulus raad gee oor die huwelik, sluit hy dit af met die opmerking in 1 Kor. 7:40 “…en ek meen dat ek ook die Gees van God het.”

Oor die betrokkenheid van die Heilige Gees in die lewe en werk van die apostels, is daar geen twyfel nie. Kom ons egter by skryf van die Nuwe Testament self, bestaan daar twee standpunte.

Die een siening is dat die Heilige Gees woord vir woord gedikteer het, en dat die Bybelskrywers soos ‘n tikmasjien net die woorde neergeskryf het. Dit word die meganiese inspirasieleer genoem. Dit sou beteken dat die skrywers van die Nuwe Testament self geen aandeel in die bewoording van die tekste gehad het nie. Dit sou ook beteken dat letterlik elke woord van die Heilige Gees afkomstig moes wees. Verder sou dit daarop neerkom dat die Bybelskrywers gereduseer word tot willose skryfmasjiene. ‘n Woord-vir-woord inspirasie-benadering slaag nie daarin om die uniekheid van elke skrywer se werk te verklaar nie. Die uiteinde van hierdie benadering sou beteken dat ons elke woord van die oorspronklike geskrif (outografie) moet vasstel om seker te wees van wat God ons wou meedeel.

Die ander benadering is die organiese inspirasieleer. Hiervolgens het die Heilige Gees van binne in die skrywers se eie gees, gemoed en verstand gewerk, en hulle só geïnspireer om neer te skryf wat God wil hê ons moet lees. Dit verklaar waarom die skrywers se eie taalvoorkeure, eie gawes, talente en skryfstyl in hul geskrifte duidelik sigbaar is. God het in Sy alwysheid besluit om die mens in te skakel in Sy hele verlossingsplan en selfs die bekendmaak van Sy wil. Van die begin af was Hy bewus van die mens se feilbaarheid en foute. Van die begin af het Hy die mens toegelaat om, ten spyte van foute deel te wees van die bekendmaak van Sy wil. Hoe ook al, ons aanvaar die Nuwe Testament sonder enige twyfel as Woord van God, gelyk in gesag met die Ou Testament.

In die oorskryf van die oorspronklike geskrifte het God ook die mens met foute en al ingeskakel. Ook hierin het die Heilige Gees steeds gewaak oor sy Woord. Daarom is daar, ten spyte van letterlik duisende verskilletjies, geen twyfel aan die wil van God self nie. Ook in die oorskryf het daar foute ontstaan, maar God het genoeg manuskripte vir ons laat bewaar sodat ons vandag genoeg materiaal het om die oorspronklike woorde te kan bepaal. Ons hoor die Wil van God ten spyte van menslike oordragfoute, soos ‘n Predikant wat homself verspreek. Die Gees van God laat Hom nie bind deur die menslike foute nie – selfs nie in die hele ketting van neerskryf, kopieer en vertaal van die Woord nie.

Kenners van die Bybelgeskrifte wys vir ons daarop dat die verskillende manuskripte tot ons beskikking, soms verskil. Ons sien hierdie verskille ook in die verskillende uitgawes van die Bybel in Afrikaans. Daar is mense wat hierdie verskille wil misbruik om ons aan die egtheid van die Bybel te laat twyfel. En tog is daar geen antieke geskrif wat deur meer of beter bewyse gestaaf word, as juis die Nuwe Testament nie. Wanneer ons eerlik en objektief na die ontstaan van die Nuwe Testament kyk, vind ons logiese antwoorde wat die meeste van ons twyfel en kommer beantwoord. As ons al die aspekte in ag neem, kan ons makliker verstaan hoekom daar verskille ontstaan het. Dit help ons om die verskille te evalueer. Só kan ons met feitlik totale sekerheid, elke woord van die oorspronklike geskrif bepaal.

In ons uitdaging om die oorspronklike teks so getrou moontlik te herkonstrueer, moet ons met ‘n oop gemoed alle moontlikhede ondersoek. Daarby moet ons ook die werklikheid van hoe die eerste lesers en kopieerders die geskrifte van die Nuwe Testament gesien het, in ag neem. Die rol van die Heilige Gees as Inspirator moet ook in ag geneem word. Ook in die evaluering van die verskille is die Heilige Gees steeds betrokke. God waak oor Sy Woord. Ook in die vertaal daarvan in ons moderne tyd en moderne tale. Niemand hoef ooit te twyfel aan wat God self aan ons bekend wil maak nie.

 

Skrywer: Herman Grobler