‘n Nuwe Kategismus: Vraag 38

It is almost as presumptuous to think you can do nothing as to think you can do everything. —Phillips Brooks

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 38

Vraag:

Wat is gebed?

Antwoord:

Gebed  is om ons harte in lof, belydenis van sonde, smeking en danksegging voor God uit te stort. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ‘n toevlug (Psalm 62:9).

Kommentaar:

Die vyande van ons siel is diepgewortel, subtiel en magtig,  en ons geestelike raamwerk veranderlik – daarom is dit noodsaaklik dat ons gedurig hieraan herinner moet word. Wat is meer raadsaam, wat is meer noodsaaklik vir jou as om omsigtig te loop; om waaksaam te wees en te bid anders sal jy in die versoeking val. Kennis van jou eie swakheid en onvoldoendenheid mag nie jou denke oorheers of jou optrede bepaal nie.  Die bedorwenheid van jou natuur is ‘n vyand wat altyd naby aan jou is, altyd in jou in hierdie wêreld is. Dit versterk elke versoeking van buite. Daarom moet jy jou hart met groot toewyding bewaar. Waak met toewyding oor al die neigings van jou hart. Maak seker van hulle oorsprong en waarheen hulle neig voordat jy iets daaromtrent doen … Hierdie oorweging moet verseker dat elke kind van God sy knie gereeld, nederig en met ywer  in smeking buig, Jy moet as ‘t ware by die genadetroon leef. Jy moenie van die genadetroon weggaan voor die gevaar verby is nie. Hoe meer ons van die krag van ons vyande sien en van die gevaar waarin ons verkeer, hoe meer sal ons onsself oefen is ernstige gebed – kan jy as Christen ongeërg en onverskillig wees as die wêreld, die begeertes en die duiwel jou onversetlike vyande is wat nie moeg word nie?

 

 Booth’s Select Works (London: Chidley, 1839), 187–188.

 

Verdere leesstof:

“Prayer” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

Laat ons daagliks bid: “Here, vergroot my geloof.” Laat ons dan nie twyfel dat as God ‘n ding sê, daardie ding vervul sal word nie.

 

Luke by J. C. Ryle, reeks redakteur Alister E. McGrath (Wheaton: Crossway, 1997), 24.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Die loofhuttefees in Jerusalem (7:1-52)

Die loofhuttefees in Jerusalem (7:1-52) – Francois Malan

nog nie op na dié fees toe nie, want my tyd het nog nie ten volle gekom nie’ (sy tydglas is nog nie vol nie). Daarom beveel Hy sy broers om na die fees toe gaan. Hy bly vir eers in Galilea.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Die belydenis van Petrus (6:67-71)

Die belydenis van Petrus (6:67-71) – Francois Malan

Vir die eerste keer word in hierdie Evangelie na ‘die twaalf’ verwys (vgl. ook 20:24 toe Thomas nie by hulle was nie). Hulle het die binnekring van Jesus se volgelinge/leerders gevorm. Johannes vertel net van die eerste ses se roeping (1:35-51). Jesus se vraag suggereer ‘n ontkennende antwoord: ‘Julle wil nie ook weggaan nie?’ Hy weet ook wie dit is wat in Hom glo, maar hier stel Hy die twaalf voor ‘n beslissing.

Petrus antwoord namens die twaalf. Sy antwoord behels drie uitsprake wat sy besluit en sekerheid beklemtoon:

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Bybelverse wat verkeerd gebruik word: Afsluiting

Bybelverse wat verkeerd gebruik word:  Afsluiting

Eric J. Bargerhuff het ‘n baie interessante boek – The Most Misused Verses in the Bible – geskryf. In hierdie reeks gaan ek onder andere van hierdie boek gebruik maak.

Paulus gee raad aan sy jong leerling, Timoteus: Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevertrou is, die evangelie van die heerlikheid van die goeie God (1 Timoteus 1:11). Paulus vertel hom van die inherente krag van die woord van God: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk (2 Timoteus 3:16 – 17). Paulus dring daarop aan dat Timoteus die woord versigtig moet hanteer, want dit is ‘n kragtige wapen.

Hebreërs 4:12 bevestig dit: Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Paulus verlang dat Timoteus vol ywer moet wees, wat hom nie vir sy werk hoef te skaam nie en wat die woord van die waarheid suiwer verkondig (2 Timoteus 2:15). Ons moet die woord van God reg lees, verstaan, interpreteer en toepas.

Daar is egter sekere foute wat lei tot wangebruik. Ons kan nie net oppervlakkig lees nie; ons kan nie net ‘n versie lees sonder om die konteks in ag te neem nie; ons moet die Skrif gebruik om die Skrif te interpreteer, want God se woord weerspreek hom nooit nie. ‘n Groot gevaar is dat ons graag wil hê ‘n gedeelte moet by ons siening inpas – al moet ons dit forseer.

Daar is net een regte interpretasie van die teks – daar mag wel verskeie toepassings wees. Voordat ons hierdie toepassings kan maak, moet ons eers seker maak presies wat die gedeelte beteken – wat wou die oorspronklike skrywer sê. Ongelukkig benader ons die Skrif met sekere aannames en vooroordele wat dien as filter as ons die teks interpreteer.

Daar is baie hulpmiddels om ons te help – studiebybels, woordeboeke, kommentare ens. Selfs op die Internet is daar uitstekende hulpmiddels. Maar die heel belangrikste is die Heilige Gees: Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die waarheid lei (Johannes 16:13). Ons nederige afhanklikheid van die Heilige Gees is ‘n noodsaaklike komponent om die Skrif reg te lees en te verstaan.

Luister na Jesus se wil vir ons: As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak (Johannes 8:31 – 32). Belangrik vir die verstaan van die woord is medegelowiges wat gereeld saam met ons die Skrif lees, bestudeer en toepas – die geloofsgemeenskap.

Jesus bid vir sy dissipels voor sy kruisdood. Hy bid onder andere: Laat hulle aan U toegewys wees deur die waarheid. U woord is die waarheid (Johannes 17:17)