God rarely seems to use a man who pampers himself with luxury. —Kenneth Prior
Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (17)
Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines.
Diens
Nou gebruik ons goedere en krag vir die bevordering van goed vir ander en die bevordering van God se agenda op aarde. Ek kan ander dien as liefdesdaad sonder om te dink hoe dit my vermoë om God te volg, sal verbeter. Daar is niks hiermee verkeerd nie, en dit mag my selfs geestelik versterk. Ek mag ander dien om my te leer om trots, besitlikheid, jaloesie, haatdraendheid, gierigheid te beheer. Nou is my diens ‘n geestelike dissipline.