Die beginsels van hulpverlening

Indeed, man wishes to be happy even when he so lives as to make happiness impossible. – Augustinus 

Die beginsels van hulpverlening

In 2 Korintiërs 9:5 – 15 lê Paulus ‘n aantal beginsels vir hulpverlening neer.

  • Wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.  Die seëninge wat ons van God ontvang, is in verhouding met ons eie vrygewigheid.
  • Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het. Ware vrygewigheid is ‘n saak vir die individu – daar is geen wetgewing nodig nie.
  • Nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.God hou van die persoon wat vrywillig gee en dan met blydskap.
  • En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte van alles genoeg kan hê en volop kan bydra tot die goeie werk.God gee aan diegene wat vrygewig is.
  • Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee.Vrygewigheid beteken nie net dat daar aan die behoeftes van die armes voorsien word nie, maar dit is ‘n teken van dankbaarheid teenoor God.
  • Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely.

Leef ons hierdie beginsels in ons lewens uit?




Hoe moet ek die Bybel benader?

The God of the philosopher is a concep that derives from abstract ideas; the God of the prophets is derived from acts and evente. The root of Jewish faith is, therefore, not a comprehension of abstract principles but an inner attachment to those events – Abraham  Joshua Heschel

 Hoe moet ek die Bybel benader?

Volgens Scot McKnight (The Blue Parakeet) is daar drie maniere om die Bybel te benader. Baie mense kombineer hierdie benaderings

Benadering #1: Lees om te herwin

Ons keer terug na die Bybelse tye om idees en praktyke te herwin. Hier verskil mense se benadering:

 

  • Probeer om alles moontlik te herwin. As Jesus sê dat ons mekaar se voete moet was, was ons mekaar se voete; as Petrus sê vroue moenie goue juwele dra nie, dra vroue nie goue juwele nie … Ons moet die Bybel uitleef deur na die vroeë kerk terug te keer en al hulle idees, maak nie saak hoe ongemaklik dit is of hoeveel dit kos nie, te herwin. Ons doen alles wat die Bybel vir ons leer. Dit is tog nie moontlik nie, maar dit is ook nie wenslik nie. In 1 Korintiërs 9:19 – 23 sê Paulus dat sy strategie een van aanpassing is: Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red. Ons is geroep om 21ste eeu lewens te leef in die lig van die openbaring wat God vir ons in die 1ste eeu gegee het.
  • Ons herwin net dit wat ons vir ons tyd en kultuur kan red. Dit is ook problematies, want nou bepaal die kultuur wat van waarde in die Bybel is. Die probleem is dat daar te veel aanpassing mag wees en te min vertroue in die Bybel. Die Bybel het die vermoë en is ontwerp om met ons in elke kultuur, elke tydperk en in elke taal te praat. Wat ons moet toelaat is dat die Heilige Gees met ons in ons kultuur, tyd en taal praat. God praat met elke geslag in daardie geslag se kultuur.

Ons moet die verlede aanneem en by nuwe omstandighede aanpas, maar op so ‘n manier dat dit getrou aan die Bybel is.

Benadering #2: Lees die Bybel deur die tradisie

Hiervolgens moet mense die Bybel deur die tradisie lees of hulle sal die Bybel verkeerd lees. Natuurlik moet elkeen die Bybel vir homself  lees, maar niemand het nog ooit gesê dat hulle die Bybel vir hulleself moet interpreteer en waarmee hulle na vore kom, is so goed soos enigiemand anders se idees nie. Martin Luther se groot ideaal was om die Bybel in sy eie taal aan elke Duitser te gee, maar hy laat nie toe dat skoolkinders die Bybel lees voor hulle eers die Kategismus bemeester het nie. Hy wou sy lesers toerus sodat hulle die Bybel akkuraat kon lees. Ons kan leer hoe om die Bybel vir onsself te lees, maar ons is verantwoordelik om dit wat die kerk nog altyd geleer het in gedagte te hou.

Dit moet van die onbuigsame, moenie-vrae-vra tradisionalisme onderskei word waar vernuwing en aanpassing net nie moontlik is nie.

Benadering #3: Lees die Bybel met die tradisie

God is aan die beweeg; diegene wat na God luister, is ook aan die beweeg. Om die Bybel te lees sodat ons dit vandag kan uitleef, beteken ons moet aan die beweeg bly. Diegene wat gaan stilstaan en ‘n besondere oomblik in ‘n monument wil verander, sal gou wonder waarheen God gegaan  het. Ons mag nie ignoreer wat God deur die jare vir die kerk gesê het nie, maar ons mag nie fossiele daarvan maak nie. Ons moet teruggaan sonder om in die verlede vas te val. Ons beweeg vorentoe deur die Bybel vry te stel deur wie ons is, wat ons dink, hoe ons leef voortdurend te vernuwe. Ons moet respek vir ons verlede hê, maar ons mag nie die finale gesag aan ons tradisie toeken nie. Die finale besluit lê altyd by die Bybel.

Laat die Bybel die Bybel wees. Die Bybel sal sy eie werk doen as ons net uit die pad kom en die Bybel toelaat om sy werk te doen.




Het God jou geroep?

The New Testament is nothing but footnotes on the Old Testament – one cannot produce a theology out of footnotes – John Goldingay, bekende Ou Testamentikus (ietwat oordrewe, maar laat ons besef dat ons nie die Ou Testament kan ignoreer nie).

 

Het God jou geroep?

In Jeremia lees ons van die swaarkry, vreugde en angs van iemand wat deur God geroep is. Die boek begin met die aankondiging van die tyd van Jeremia se bediening. Hy tree as profeet op aan die einde van Juda se geskiedenis.

 

Jeremia was die seun van ‘n priester. Daar hoor hy die stem van die Here. So oortuig was Jeremia dat dit God was wat hom geroep het dat hy sê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel (1:5). Jeremia was nog jonk op hierdie stadium en bevraagteken onmiddellik sy roeping:Ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk. Laat ons aan Moses dink.

Die Here aanvaar nie die verwerping van sy roeping nie: Jy moenie sê: Ék is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur. En alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Jeremia sê dat die Here sy hand uitgesteek het en sy mond aangeraak het. Die Here sê vir hom: Ek het nou my woorde in jou mond gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. So roep die Here die jong man. Sy opdrag is sesvoudig – vier negatief en pynlik. Laastens ‘n belofte van herstel – bou en te vestig.

Hierdie roeping van Jeremia was moeilik en pynlik. Sy pogings om aan sy roeping te voldoen, lei tot spot, angs, verwerping en doodsdreigemente. Jeremia word kwaad en gefrustreerd – selfs terneergedruk en dreig om selfmoord te pleeg.

Is ons bereid om op God se roepstem te antwoord wetende dat daar altyd die moontlikheid van swaarkry sal wees? Onthou dan die Here se woorde aan Jeremia:  Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red.

 




‘n Nuwe kategismus: Vraag 34

I hold it to be a fact, that if all persons knew what each said of the other, there would not be four friends in the world. —Blaise Pascal

‘n Nuwe kategismus: Vraag 34

Vraag:

Aangesien ons deur genade alleen deur Christus verlos word, moet ons nog steeds goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?

 

Antwoord:

 Ja, want Christus wat ons deur sy bloed verlos het, hernuwe ook vir ons deur sy Gees; sodat ons lewens liefde en dankbaarheid aan God betoon; sodat ons verseker kan wees van ons geloof deur die vrugte; sodat deur ons goddelike gedrag ander vir Christus gewen kan word. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]

 

 

Teksgedeelte:

Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het toe geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys. Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening  (1 Petrus 2:9 – 12).

 

Kommentaar:

Soos die aarde nie vrugte voortbring voordat die nie van bo water gekry het nie; net so, deur die geregtigheid van die wet as ons baie dinge doen, doen ons niks nie, en in ons vervulling van die wet vervul ons niks nie tensy ons eers regverdig gemaak is deur Christus se geregtigheid. Dit het niks met die geregtigheid van die wet te doen nie … hierdie Christelike geregtigheid is hemels, wat ons nie in onsself het nie, maar uit die hemel ontvang; ons werk nie daarvoor nie, maar ontvang dit deur genade en ontvang dit deur geloof … Doen ons dan niks nie? Werk ons dan niks om hierdie vryspraak te ontvang nie?  Ek antwoord: Niks nie. Dit is volkome vryspraak: om niks te doen nie, om niks van die wet of werke te weet nie, maar om slegs dit te weet en te glo: Christus het opgevaar na sy Vader en, alhoewel ons Hom nie sien nie, sit Hy aan die regterhand van sy Vader in die hemel as ons Hoëpriester wat vir ons intree, oor en in ons heers, deur genade …

 

Hy wat van die Christelike vryspraak afdwaal val onder die vryspraak van die wet; as hy Christus verloor het, is sy vertroue op sy eie werke. Maar as Christus se vryspraak in my hart leef, doen ek goeie werke hoe en wanneer die geleentheid daar is. Wie oortuig is dat Christus alleen sy vryspraak is, werk nie alleen blymoedig en vol vreugde nie, maar onderwerp hom aan alle laste en gevare van sy huidige lewe, want hy weet dat dit die wil van God is, en dat my gehoorsaamheid Hom tevrede stel.

 

Hierdie kommentaar is deur Martin Luther (1483 – 1546) geskryf. Hy was ‘n Protestantse leraar en Professor van Teologie. Hy was die seun van ‘n mynwerker, wat ‘n regsgeleerde sou word, maar uiteindelik word hy ‘n monnik. Op 31 Oktober 1517 spyker hy sy 95 stellings teen die deur van die kerk in Wittenberg vas. Pous Leo X en Keiser Karel V eis dat hy die stellings terugtrek maar hy weier. Hy word uit die kerk geban. Luther het baie geskryf, insluitend klein en groot kategismusse, en preek honderde preke in kerke en by universiteite.

Hierdie kommentaar kom uit sy kommentaar oor Galasiërs.

 

Verdere leesstof:

“Election” en “Repentance” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

Daar is soveel genade in die hart van God vir sy mense, en … Jesus sy Seun het deur sy bloed het die lewe so gemaak dat ons dit kan geniet. Die voordeel daarvan is vir ewig … Daarom is hierdie goedheid geopenbaar: “Laat Israel hoop op die Here; want by die Here is daar barmhartigheid en by Hom is verlossing.” Hoop, wie sal nie hoop om die ewige lewe te geniet nie?  As die mense van God maar sou sien waartoe hulle gebore is, en hoe waar die God van waarheid aan sy woord is. Hulle kyk na sy hande en hulle steun onder al die vreugdes wat daar by Hom is. Hy is hulle lewe en deel en hulle heerlikheid vir ewig. Maar ons bely … en verlang nie dat die dag van die Here moet kom nie; ons bely ons geloof, maar met ons hele lewe wys ons vir diegene wat kan sien, hoe min daarvan ons in ons harte het. Die Here lei ons in die mag van dinge en dan sal die deugde van Hom wat ons gered het en ons uit die duisternis na sy wonderlike lig en na sy kennis geroep het  aan ander bekend gemaak word. Amen.

 

“Israel’s Hope Encouraged” uit The Works of that Eminent Servant of Christ Mr. John Bunyan, Volume 3 (Edinburgh: Sands, Murray & Cochran, 1769), 416–417.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.