Bemoediging en raad

Happy is that man, that can be acquitted by himself in private, by others in public, and by God in both. —Joseph Hall

Bemoediging en raad

Timothy Keller wat in Maart deel van die sosiale netwerk, Twitter, geword het, het onlangs vir ‘n uur lank vrae oor kultuur en die Christendom beantwoord. Dit sluit in ‘n prikkelende gesprek met die gewilde digter Jefferson Bethke. Bethke het onder andere bekendheid  met sy YouTube video:Why I hate religion, but love Jesus, verwerf.

 

Bethke vra: “As jy my geslag een stukkie raad/bemoediging kan gee, wat sou dit wees?”

Keller antwoord: “Julle is die geslag wat die bangste is vir ware gemeenskap, want dit sal onvermydelik julle vryheid en keuse beperk. Oorwin julle vrese.”

Keller se antwoord het baie positiewe reaksie op Twitter uitgelok.




Geen sagte liefde nie

If you do not desire to be holy I do not see that you have any right to think that you are a Christian. —D. Martyn Lloyd Jones

Geen sagte liefde nie

In sy boek The Kingdom of God in America skryf H. Richard Niebuhr hierdie bekende woorde:A God without wrath brought man without sin into a kingdom without judgment through the ministrations of a Christ without a cross.” Dietrich Bonhoeffer praat van “Protestantisme sonder die Hervorming.”

 

 Sonde, oordeel, die kruis en selfs Christus is vandag problematiese woorde in ons gesprekke oor God. Niks irriteer en verwar mense soos die begrip van Goddelike toorn nie. Die lied In Christ alone is ‘n lied wat in baie kerke van baie denominasies gesing word. Die Presbyterian Committee on Congregational Song het egter probleme gehad met ‘n reël in die derde vers:”Till on that cross as Jesus died/the wrath of God was satisfied.” Hulle wou dit vervang met: “…as Jesus died/the love of God was magnified.” Die skrywers weier dat die lied se woorde verander mag word … en die lied word uit die liedboek verwyder.

 Om die woorde van liedere te verander om dit meer aanvaarbaar te maak, is niks nuuts nie. Die Mormoonse Tabernakel koor sing Reginald Heber se lied “Heilig, Heilig, Heilig,” maar hulle vervang die woorde God in three persons, blessed Trinity met God in Thy glory through eternity.

 Hoekom skram so baie Christene weg van die toorn van God? ‘n Mens kry die indruk dat baie predikers skaam of verleë is hieroor. Die gevolg is ‘n onvolledige beeld van wie God is en wat Hy gedoen het – veral deur Jesus Christus. Ons aanvaar die teerheid en liefde van God, maar verwerp sy oordeel. As ons na Jesus aan die kruis kyk, besef ons die erns van sonde.

 God se toorn is nie soos ons toorn nie. Tony Lane (The Wrath of God as an Aspect of the Love of God) sê dat die liefde van God sy toorn impliseer. God se liefde bestaan nie net uit deernis, barmhartigheid en genade nie, maar ook oor ontsteltenis oor ongeregtigheid en voortdurende teenstand teen die bose.




Die kruis staan sentraal in die Christelike geloof

Our heavenly Father never takes anything from his children unless he means to give them something better. —George Muller

 

Die kruis staan sentraal in die Christelike geloof

Die kruis staan sentraal in ons geloof – geen wonder dat dit die simbool van ons geloof is nie. Hoekom staan die kruis sentraal?

  • God het Hom die duidelikste aan ons geopenbaar aan die kruis

Dikwels benader ons die Skrif as God se ensiklopedie. Ek wil weet wat die Bybel oor trots of die huwelik of oor lyding sê. Ek kry ‘n aantal versies en weet wat die Bybel oor daardie onderwerp sê. Dit is ‘n gevaarlike benadering. Ons glo dat die hele Bybel God se openbaring aan ons is, maar die doel en hoogtepunt van die Bybel is die Skepper se verlossing van die skepping. Die kruis staan as die sentrale boodskap van die Bybel. Ons sien God die duidelikste deur die lens van die kruis. Die kruis openbaar sy oppermag, mag, heiligheid, genade, heerlikheid en oorwinning Ons kan nie God bestudeer sonder om ‘n studie van die kruis te maak nie – dit is waar God Hom bekend gemaak het.

 

 

  • Die kruis verpersoonlik God se liefde

In die Bybel word God se liefde dikwels beskryf met direkte verwysing na die kruis. Hier is ‘n paar voorbeelde:

(i)God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het (Johannes 3:16).

(ii)Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Romeine 5:8).

(iii)Die lewe wat ek nou hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê (Galasiërs 2:20).

(iv)Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het (Efesiërs 5:2)

(v)Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê (1 Johannes 3:16).

God se liefde het nie opgehou nie, maar word voortdurend deur die kruis bewys.

 

  • Die kruis is die manier hoe God sondaars verlos

In die Nuwe Testament gebruik die skrywers ‘n hele aantal beelde van verlossing. Dink maar aan versoening, aanneming, vrykoop, bevryding, ens. Almal van hulle verwys na die sentrale tema van die Bybel: God het gekom om sondaars te verlos. Daar is geen verlossing buite om die kruis nie.

  •  Die kruis is die standaard van wat dit beteken om ‘n Christen te wees

In Matteus 16 kondig Jesus sy dood aan. In vers 24 sê Hy: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.  Vir Jesus word die geloof opgesom in die kruis. ‘n Christen is ‘n volgeling van Christus wat die koste bereken het, sy kruis opgetel het en met sy Verlosser gesterf het.

 Luister hoe word Christene beskryf:

(i)Hulle het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig (Galasiërs 5:24).

(ii)Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood (1 Petrus 2:24)

(iii)Gee julleself aan God as lewende en heilige offers (Romeine 12:1).

Die enigste lewende Christen is een wat gekruisig is.

 Die kruis staan sentraal in God se verlossingswerk. Sondaars moet die kruis as hulle enigste hoop aanvaar.




‘n Kafeteria Christen of kafeteria geloof

Lower your voice and strengthen your argument. -Lebanese spreekwoord

‘n Kafeteria Christen of kafeteria geloof

Weereens een van die nuwe woorde wat vandag gebruik word. Nou kies jy die leerstellings wat jy aanvaar en laat dié wat jy nie aanvaar nie uit. Jy aanvaar nie al die tradisionele of standaard leerstellings nie – jy aanvaar sommige en verwerp ander dikwels vir een of ander persoonlike rede.

 

 Die kafeteria is ‘n goeie beeld. Vyftig jaar gelede toe hierdie beeld begin gebruik is, was ‘n kafeteria selfbediening. Jy neem jou skinkbord en kies wat jy wil eet. As jy iets nie wil eet nie, los jy dit. Kom jy aan die einde van die toonbank betaal jy net vir die kos wat jy gekies het. Mettertyd kom ander benamings by: geriefswinkel (convenience store) Christelike geloof, designer geloof (dink hier aan designer jeans – gevorm om jou liggaam te pas) en smorgasbord geloof (‘n Sweedse woord vir eet wat jy wil soveel as wat jy wil van die buffettafel).

 ‘n Kafeteria Christen is‘n Christen wat sekere ortodokse leerstellings aanvaar en ander verwerp