Die krag en wysheid van ‘n sagte antwoord

The very fact that a holy, eternal, all-knowing, all-powerful, merciful, fair, and just God loves you and me is nothing short of astonishing.” Francis Chan

Die krag en wysheid van ‘n sagte antwoord

‘n Sagte antwoord laat woede bedaar;

‘n krenkende woord laat woede ontvlam (Spreuke 15:1)

Hoe reageer ons op ‘n kwaai persoon wat iets vals van ons gesê het? Jy staan daar oorbluf oor die woorde wat pas in jou gesig ontplof het. Jy moet nou vinnig besluit; jy dink aan ‘n gepaste reaksie. Wat is dit? ‘n Sagte antwoord.

 

Wat beteken sag? Teer? Swak? Ons hou nie daarvan om swak te wees nie; ons sal eerder onsself regverdig. Dit moeilik as iemand ‘n onreg aan jou doen; dit is nog moeiliker om nie terug te veg nie, as die persoon wat jou te na gekom het ‘n dwaalleraar is en jou gemeente skade berokken – dan moet jy ferm optree.  As hy egter net onvolwasse is, sal ‘n sagte antwoord hom help om dinge anders te sien. Dit mag help. Toe God Jona se opstandigheid saggies geantwoord het, was Jona nie tevrede nie (Jona 4:1 – 11). Dit is egter nie altyd die geval nie. ‘n Sagte antwoord kan die spanning breek.

Maar om met woede op woede te reageer sal beslis dinge vererger. Ons kan seker daarvan wees dat ‘n krenkende woord woede sal laat ontvlam. Wat sê die Bybel hoe moet ons reageer as mense lelik is teenoor ons? Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het teen hom bly hou nie (Levitikus 19:17)
  • Wees inskiklik teenoor alle mense (Filippense 4:4)
  • En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee (Kolossense 3:15).

Die beste voorbeeld is Jesus Christus self: Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel (1 Petrus 2:23). Wonderlik: God sien en God oordeel Mense mag soms onregverdig oordeel,, maar God oordeel altyd regverdig.

‘n Krenkende antwoord is die wêreld se manier van doen. Dit vererger net die konflik. Die Here se manier – ‘n sagte antwoord – slaag.




Wat is jou storie?

When we preach the love of God there is a danger of forgetting that the Bible reveals not first the love of God but the intense, blazing holiness of God, with His love at the center of that holiness.” – Oswald Chambers

Wat is jou storie?

Mense het vir die Oostenrykse filosoof, Ivan Illich, gevra hoe jy ‘n gemeenskap kan verander. Hy antwoord:

Neither revolution nor reformation can ultimately change a society, rather you must tell a new powerful tale, one so persuasive that it sweeps away the old myths and becomes the preferred story, one so inclusive that it gathers all the bits of our past and our present into a coherent whole, one that even shines some light into our future so that we can take the next step … If you want to change a society, then you have to tell an alternative story.

 

Alle Christene wil graag sien dat die gemeenskap om hulle verander – werklik verander. Dan moet jy fokus op twee dinge: luister na hulle stories en vertel vir hulle dié groot storie.

Luister en vertel die groot storie wat jy glo: Jesus Christus is die plek waar jy rus en vrede en ‘n lewensdoel sal kry. Dit is die enigste storie wat groot genoeg is om sin te maak van die skoonheid en gebrokenheid van ons eie stories. Dit vereis geduldige luister en vertel van hierdie groter storie. God kan enigeen se lewe verander, maar dan moet ons ook ons deel bydra – luister na die storie van ander mense en vertel vir hulle die groot storie van Jesus Christus.

Plaas ons nie te veel druk op onsself nie? Ons glo dat ons uitstaande apologete of magnetiese evangeliste of kragtige sprekers moet wees. Stories is baie eenvoudiger … en hulle werk.

Hardloop vir jou lewe

. —Martin Luther

Hardloop vir jou lewe

Kerkleierskap is soms moeilik. Jy ontvang ‘n e-pos wat jou die hele dag lank ontstel; jy het personeelprobleme wat jou energie tap; jy voel die lidmate is hiper-krities en waardeer jou nie; en so kan ons aangaan. ‘n Boek wat kan help, is Ruth Haley Barton se Invitation to Solitude and Silence. Hierin vertel sy die verhaal van Elia wat nie net vir sy lewe wou hardloop nie, maar werklik gehardloop het.

 

Elia se verhaal begin met ‘n oorwinning – man alleen teen 450 profete van Baäl en ‘n onvoorspelbare koning. Elia roep God aan en God antwoord hom – en al die mense sien dit. Sy vyande is verslaan; God het oorwin; en die mense praat oor Elia. ‘n Baie goeie dag vir Elia.

Maar daarna volg een van Elia se slegste dae. Isebel, die mag agter koning Agab se troon, belowe dat sy  vir Elia gaan doodmaak. Blykbaar het sy die reputasie gehad dat wat sy belowe het, sy doen. En weg is Elia.

Jy as kerkleier het al lelike e-posse gekry; jy het al briewe gekry wat jou bang maak. Het jy al ‘n e-pos gekry van iemand wat belowe om jou dood te maak voor die son ondergaan? Onwaarskynlik. Baie leiers kry lelike e-posse en dit rol soos water van ‘n eend se rug af. Party maak asof dit hulle nie pla  nie, maar stadig versprei die gif tog deur hulle are en maak hulle siek.

Elia konfronteer nie vir Isebel nie; hy gaan nie na sy vriende vir raad nie; hy vertrou nie op God nie … hy hardloop tot in die woestyn.  Daar het hy onder ‘n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” (1 Konings 19:4)  Geen  cliché’s, geen gebed nie – net die naakte waarheid. Daar onder die besembos raak hy aan die slaap.

As jy wil hardloop, moenie voorgee dat dit nie so is nie. As ons na die woestyn hardloop, vind ons die waarheid – oor God en oor onsself.  Daar onder die besembos word Elia wakker met die uitnodiging: Word wakker! Eet! ‘n Engel het vir hom ‘n roosterkoek en water gebring. As jy regtig aan die einde van die pad gekom het, kom God na vore met die basiese dinge – ‘n roosterkoek en water. As ons regtig moedeloos is, vra ons vir ‘n woord van God. Miskien wil God net hê ons moet slaap en dan ietsie eet.

Toe Elia klaar geëet en gedrink het, gaan hy weer slaap. ‘n Tweede keer maak die engel hom wakker en sê vir hom: Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word. Elia staan op en eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte  lank loop tot by Horeb, die berg van God.

Miskien moet ons ook hardloop – vir jou lewe; na die woestyn. Daar kan jy eerlik met jouself wees; daar kan God met jou praat; daar mag God jou uitnooi vir ‘n reis; daar kan God vir jou kos gee. Miskien is dit tyd vir jou om te hardloop.




Laat sy liefde jou lei: U-is-mý-God-liefde

Laat sy liefde jou lei: U-is-mý-God-liefde – Milanie Vosloo

Hierdie liefde van julle moet as’t ware hard en duidelik ’praat’. Mens moet daarna kyk en sê: ’Kyk net, daar’s ’n volgeling van Jesus.’” Johannes 13:35

Hoe lyk jou liefde vir God? Is dit die eenmaal-per-week kerk-toe-gaan-liefde wat jy Sondae bewys? Is dit dalk die liefde van eenmaal-’n-dag-Bybellees-roetine? Of is jou liefde vir Hom so groot dat jy Hom eenvoudig met alles in jou wil loof en prys?

 

Wanneer ons besef hoe onbeskryflik groot ons Vader se goedheidliefde vir ons is, kan ons nie anders as om oorloop-liefde vir Hom te hê nie. Dan is ons harte so vol van Hom dat ons maar net oor en oor ons liefde vir Hom wil verklaar. En dis sulke tye wanneer ons, soos Dawid, spontaan wil uitroep: “Here, U is my God. Ek wil U met alles in my prys. U Naam wil ek altyd grootmaak.” (Psalm 86:12)

 

 

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

 

milanie_boeke_advertensie

 

 Skrywer: Milanie Vosloo