Geestelike Teologie

The greatest obstacle to discovering the shape of the earth, the continents, and the oceans was not ignorance but the illusion of knowledge. -Daniel J. Boorstin, historikus,  professor en skrywer (1914-2004)

Geestelike Teologie

Teologie gaan oor God en God is Gees. Waarom praat ons dan van geestelike teologie? Eugene Peterson sê dit is omdat die geloofsgemeenskap ondervinding het van mense wat glo dat teologie ‘n onderwerp is waarin God bestudeer word soos ons in ons skole geleer word. Ons kry inligting wat ons kan gebruik of wat ons nuuskierigheid bevredig of waarvoor ons ‘n kwalifikasie kry vir ‘n beroep.

 

Daar is baie mense – binne en buite formele godsdienstige plekke – wat baie praat en skryf oor geestelikheid – dinge van die gees of siel of hoër dinge, maar wat nie in God geïnteresseerd is nie. Dit gebeur.

Geestelike teologie – teologie wat uitgeleef word – word nie net geleer of bespreek of oor geskryf nie; dit gaan nie oor ‘n abstrakte God nie. Dit gaan oor God in ‘n deelnemende verhouding; nie God as ‘n waarheid waaroor ons moet argumenteer nie; nie God wat dien as ‘n wapen in ons kultuuroorloë nie. Dit gaan oor die oortuiging dat alles wat God aan ons geopenbaar het in verhoudings in ons alledaagse lewens uitgeleef moet word – net hier waar ons geplaas is. Niks onpersoonlik nie; niks in die algemeen nie.




Versoeking: Satan se taktiek

. —William Greathouse

Versoeking: Satan se taktiek

Die fokus van Satan se pogings is altyd dieselfde:  Om ons te mislei sodat ons glo dat verbygaande plesier van sondige dinge meer bevredigend is as gehoorsaamheid en vertroue op die beloftes van God.

 

Versoeking op sigself is nie sonde nie – Jesus self is versoek, maar Hy was sonder sonde.You can’t prevent the birds from flying over your head, but you can keep them from building a nest in your hair (Martin Luther). Versoeking word ‘n sonde as jy daaraan toegee. Hoekom is versoeking dikwels so sterk?

  • Soms probeer dit werklike behoeftes op onwettige maniere bevredig. Kyk na Jesus se eie versoeking. Satan sê: Sê vir hierdie klip dit moet brood word (Lukas 4:2). Brood is tog nie iets boos nie. Die begeerte na brood as jy honger is, is tog nie verkeerd nie – veral as jy veertig dae gevas het nie. Die versoeking was om Jesus te oorreed om sondige en onwettige maniere te gebruik om aan ‘n wettige behoefte te voldoen.
  • Versoeking gebeur ook as ons deugde tot so ‘n uiterste druk dat hulle ondeugde word. So kan die seën om te eet vraatsugtigheid word of die seën van rus oorgaan in luiheid, ens. So word selfversorging selfsugtigheid en selfrespek word trots. Hierdie lys kan feitlik onbeperk uitgebrei word.

Kom ons kyk nou na ‘n paar tegnieke wat Satan gereeld gebruik:

  • Satan versoek ons veral as ons geloof nog nuut is – as ons nog nie seker is oor hoe om versoekings te weerstaan nie. Daarom Paulus se waarskuwing aan Timoteus oor ouderlinge: Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie (1 Timoteus 3:6). Hoekom nie? So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.
  • Satan versoek ons veral as ons dink ons geloof is op sy sterkste – as ons glo ons kan nie sondig nie. Sodra ons glo dat ons alles onder beheer het, is ons kwesbaar. An unguarded strength is a double weakness (Oswald Chambers).
  • Satan versoek ons veral as ons in ‘n vreemde omgewing is. Gordon MacDonald sê: “In the environs of home life with family and friends, there is a schedule of routines, a set of support systems, and a way of doing things, all of which lends encouragement to responsible living and, conversely restraint against irresponsible living. Virtually all of these external systems fall away when a person is hundreds of miles from home” (Rebuilding Your Broken World, 100).
  • Satan versoek ons graag as ons geloof deur swaarkry getoets word of as ons moeg is, vervolg word, geïgnoreer word, ens. Dan sê hy vir ons dat God nie regverdig is nie.
  • Satan versoek ons na geestelike hoogte- of laagtepunte. Hoogtepunte lei dikwels tot trots en ‘n vals gevoel van sekerheid. Nou is ons maklike teikens vir die vyand. Dieselfde gebeur as ons ‘n geestelike laagtepunt ervaar. Nou begin ons wonder of God werklik omgee. Ons word bitter.
  • Satan plaas sy denke in ons gedagtes … en dan blameer hy ons vir hierdie verkeerde gedagtes.
  • Hy beskuldig ons asof sy beskuldigings van die Heilige Gees kom. Hy kies sy geleenthede  op so ‘n wyse dat  ons maklik kan dink dat dit God is wat met ons praat. Hoe onderskei ons? Satan praat van veroordeling  en gevoelens van hopeloosheid – ons sonde is so erg dat God se genade onvoldoende is. God vertel ons dat Christus se kruisdood voldoende en finaal  was. Dit gaan oor hoop en vergifnis.

Hoe kan ons dan die vyand weerstaan? Hier is ‘n paar moontlikhede:

  • Rig jou gedagtes op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees (Filippense 4:8)
  • Ken jouself. Vra jouself die vraag: “As ek die duiwel is, waar sal ek myself aanval?” Identifiseer jou swakplekke – daar waar jy kwesbaar is, daar waar jy vantevore probleme ondervind het – en beskerm jou op jou swakplekke.
  • Hanteer sonde radikaal. As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word (Matteus 5:29).
  • Konfronteer en oorwin versoeking aan die begin en nie aan die einde nie – dit wil sê voordat dit jou verswak het.



Ek is seker ek is verlos

Is your church like a football game: a few people in desperate need of rest watched by a crowd in desperate need of exercise? — Adrian Warnock

Ek is seker ek is verlos

Godsdiens is die mens se pogings om by God en die hemel uit te kom. Die Christelike geloof is God  wat afkom na die mens om hom te verlos deur in ‘n verhouding met die mens te leef. Daar is een uitstaande kenmerk van  mense wat in Jesus Christus glo: Hulle gee aan Jesus al die krediet vir hulle verlossing en ewige lewe. Hulle wys na die kruis; hulle wys na God se genade en nie na hulle eie pogings nie.

 

Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo (1 Johannes 5:13). Die eerste stap is om jou sonde te erken; daarna moet jy berou hê daaroor en die goeie nuus aanvaar en glo. Daar  is mense wat onseker is. Beteken dit dat hulle nie werklik vir Jesus Christus ken nie? Nie noodwendig nie – hulle geniet nog nie die absolute versekring van hulle verlossing nie. Faith is the root. Assurance is the flower (D. L. Moody). Sonder die wortel is daar  geen verhouding met Christus nie. Maar nie alle Christene het die blom van versekering nie.

Hoe kry ek absolute sekerheid? Deur die onweerlegbare feite  van Jesus Christus se dood en opstanding te aanvaar – dat Hy jou verlossing aan die kruis gekoop het en dat Hy dit in sy Woord aan jou belowe het.

Die Christelike geloof is meer as net glo – dit beteken ek lewe nou vir Christus. Ons dade red ons nie, maar is die vrugte van ons geloof en bewys dat ons Christus ken.




Genesing vir ‘n gewonde leier

A hungry man is not a free man. -Adlai Stevenson, staatsman (1900-1965)

Genesing vir ‘n gewonde leier

Baie gemeentes word deur gewonde leiers gelei – mense wat nie werklik ander mense kan liefhê nie, wat nie kwesbaar kan wees nie, wat nie op die toekoms kan fokus nie, as gevolg van verwerping en seerkry in die verlede. Volgens Rick Warren is daar genesing vir sulke leiers.

 

Daar is baie dinge wat mense kan wond – beloftes wat verbreek word, mense wat vir jou gejok het of konflik met mede-leiers waarin harde woorde geval het. Miskien is jy gewond omdat jy misverstaan of nie gewaardeer is nie. Daar is baie dinge wat ons kan wond, maar God sê dat ons van hierdie dinge ontslae moet raak. Lees net Psalm 109.

Interne wonde is altyd erger as eksterne wonde. Emosionele wonde neem langer as fisiese wonde om te genees. Hoekom? Want ons dink weer en weer oor hulle. Warren sê dat mense wat ons in die verlede seergemaak het dit nie meer kan doen nie, tensy ons hulle toelaat om dit te doen. Dit beteken dat iemand uit die verlede steeds vandag ons lewens beheer.

Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende (Psalm 37:8). Ontsteltenis en bitterheid gebeur as jy vasklou aan jou seerkry in die verlede. Moenie toelaat dat jou gedagtes gedurig na die seerkry van die verlede terugkeer nie. Jy kan nie die toekoms met vertroue tegemoet gaan as jy gedurig aan die verlede terugdink nie. Jy kan nie met jou bediening voortgaan as jy gedurig  aan die verlede terugdink en dit herleef nie.

Maklik gesê, maar hoe los ons die verlede? Die enigste manier om van jou wonde ontslae te raak, is vergifnis. Daar is geen ander teenmiddel vir jou pyn en seerkry nie.