Die wet en/of genade

O think, that he who was master of all heaven’s majesty came down to be the victim of all man’s misery! —C.H. Spurgeon

Die wet en/of genade

Is daar nog enige sin in die gebooie en opdragte wat God aan Israel gegee het? Dink maar aan die voedselwette in Deuteronomium 14. Sommige van ons kry die Israeliete jammer oor die las wat hulle moes gedra het – niemand kan tog al die wette onderhou nie. Baie voel dat terwyl ons deur genade verlos is die Israeliete deur onderhouding van die wet verlos is. Is dit waar?

 

Die Hervormers het gepraat van drie funksies van die morele wet:

  1. Om die geregtigheid van God te bewys – om mense te veroordeel.
  2. Om burgerlike owerhede te lei om wetteloosheid en ongeregtigheid te bestry.
  3. Om aan gelowiges ‘n riglyn vir die lewe te gee.

Deuteronomium 6:20 – 25 maak dit duidelik: die wet is ‘n genadegawe van God vir die gelowiges sodat hulle presies weet wat Hy van hulle verwag – hulle hoef nie soos die ander nasies te raai of te eksperimenteer om die wil van God vas te stel nie. Gemotiveer deur dankbaarheid en eerbied sal hulle sy gebooie nakom.

As ons die verhouding tussen dade van die mens en genade wil verstaan, moet ons twee uiterstes vermy:

  1. Dat Moses die onderhouding van die wet as die basis vir die verbondsverhouding beskou het.6:21 – 23 het hy dit baie duidelik gemaak dat  Israeliete God se mense is net op grond van die Here se verlossingsoptrede in die verlede. Dit het niks met Israel se meriete te doen nie.
  2. Ons kan nie ‘n verhouding met die Here hê sonder om sy gebooie te gehoorsaam nie.. Moses sê dat as die oorsprong van gehoorsaamheid ware geloof en eerbied is, aanvaar die Here dit en reageer met seën en die lewe. In die afwesigheid van gehoorsaamheid kan ons aanvaar dat geloof afwesig is – die verbondsverhouding is verbreek en die Here reageer met ‘n vloek en die dood.

Ons kan nie God se verlossing verdien nie: Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God ; vrygespreek word nie … Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:20 en 23).

Volgende keer gaan ons kyk na die vraag: Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?




Die Here toets my

One who condones evils is just as guilty as the one who perpetrates it. -Dr. Martin Luther King Jr.,

Die Here toets my

In Eksodus 17 lees ons van  Israel wat by Refidim kamp opslaan. Daar is egter ‘n groot probleem: daar was geen water vir die mense om te drink nie. Die volk maak rusie met Moses. Moses antwoord: Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef? Die NIV stel dit sterker: Why do you put the Lord to the test? 

Die Israeliete oortree blatant die reëls wat vir heerser-onderdaan verhoudings geld.  [Gideon het dieselfde gedoen.]  Die mens kan tog nie die Here toets nie.

En die teenoorgestelde? Die siening dat die Here sy mense toets, kry ons dikwels in die Ou Testament. Die doel van hierdie toetsing  is:

  • Om mense se geloof te bewys. Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand. Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen (Jeremia 17:10).
  • Om hulle geloof te verfyn. Dié derde sal Ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word. Hulle sal My aanroep, en Ek sal hulle gebede verhoor. Ek sal sê: “Hulle is my volk.” En hulle sal sê: “Die Here is ons God.”  (Sagaria 13:9).

Beide dimensies van toetsing kry ons ook in die Nuwe Testament. In Handelinge 5:9 beskuldig Petrus vir Ananias en Saffira dat hulle die Heilige Gees uitgetart het. Handelinge 15:10 lees ons: Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ‘n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? In 1 Tessalonisense 2:4 lees ons: Hy wat ons diepste gedagtes toets.

Die taboe om God te toets in die Ou Testament word oorgedra op die toetsing van Jesus Christus in die Nuwe Testament. Die evangelies is vol voorbeelde van waar mense vir Jesus Christus toets. Opvallend is Paulus se oproep aan die Korintiërs: Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het en hulle het deur slange omgekom (1 Korintiërs 10:9).

Dat God sy mense toets kom algemeen in die Bybel voor. God doen dit nie sonder rede nie: Hy wil ons geloof toets en/of verfyn.




Veertig plus en die plaaslike gemeente

. —Thomas Lye

Veertig plus en die plaaslike gemeente

Vier honderd mense ouer as 40 jaar is gevra oor hulle betrokkenheid by hulle plaaslike gemeente. 28% is net so betrokke soos 10 jaar gelede, 25% is meer betrokke en 47% is minder betrokke. Hoekom gebeur dit? Dit is interessant dat niemand gesê het dat goeie prediking, inspirerende eredienste hulle gemotiveer het om betrokke te bly of hulle betrokkenheid te verhoog nie.

 

  • Kerkleiers moet ernstig nadink oor hulle modelle vir geestelike gesondheid, groei en “gemeentesukses.”  Baie leiers  is gedurig besig om te verander en baie van die ouer lidmate onttrek hulle. Hierdie is ‘n belangrike balanseertoertjie, want jonger lidmate wil gedurig nuwe dinge probeer.
  • Kerkleiers moet weer dink oor hoe hulle van geestelike volwassenheid praat.  Meeste leiers fokus op programme vir jonger lidmate. Dit is reg so, maar dit beteken nie dat ouer lidmate geïgnoreer kan word nie. Ouer lidmate wat minder betrokke by gemeentes is, is dikwels baie betrokke by ander gemeenskapsprojekte waar hulle kan dien en leer en as mentors optree. Om jou naam iewers op die gemeente se organogram te sien, is nie ‘n teken van geestelike volwassenheid nie.

Net weer ‘n oproep tot balans in ons gemeentes.




Drie sienings van verlossing

. –C.H. Spurgeon

Drie sienings van verlossing

J. I. Packer vertel van die man wat nie kan swem nie en in ‘n rivier val. Die boomwortels vang hom vas en hy kan nie loskom nie. Sy toestand is desperaat – sy asem word min.  Drie mense kom op die rivierwal aangestap. Die eerste een kyk na hom en sê: “Moenie bekommerd wees nie. As hy genoeg spartel sal hy loskom. Hulle doen dit altyd. Eintlik is dit goed vir hulle karakter dat hulle so moet stoei. Ek los hom net so.”

Die tweede een kyk na die spartelende man en sê: “Ek wil jou graag help. Ek weet wat jy nodig het. Jy moet leer om beter te swem.’ Hy gee die spartelende man goeie raad, maar gaan nie verder nie. Die derde man sien die spartelende man se probleme. Hy spring in die rivier en bring hom veilig op die wal uit, pas kunsmatige asemhaling toe. Wie van hierdie drie mans illustreer vir ons wat God doen om ons te red.

Hierdie drie sienings het teologiese name:

  • Pelagianisme. Die enigste boodskap is selfhelp – ‘n harde ongevoelige vorm van die Christelike geloof.
  • Arminianisme. God vertel ons hoe ons gered kan word, maar stop net daar. Hy is nie meer betrokke nie.
  • Calvinisme. God neem die inisiatief; Hy kom af tot waar ons is.; Hy word deel van ons probleme; Hy doen alles wat gedoen moet word. Hy breek die sondebande wat ons verstrengel; Hy bring ons na God toe; Hy herstel lewe; Hy maak ons gelowiges. Dit doen Hy alles deur sy soewereine genade wat ons absoluut red.

Ek glo nie ons moet ons blind staar teen die name nie. Wat wel leersaam is, is dat daar verskillense soorte Christene is wat inpas in Packer se drie karegorieë. Dir vraag: Watter soort Christen is ek?

Uit:  “To All Who Will Come,” in Serving the People of God: The Collected Shorter Writings of J. I. Packer, Volume 2 (Paternoster Press), 200-01.