Jesus is arm

How can we expect to live with God in heaven if we love not to live with him on earth? —John Mason

Jesus is arm

Weer een van Henri Nouwen se kort stukkies:

Jesus is arm. Sy armoede is meer as ekonomiese en sosiale armoede. Jesus was arm, want Hy het magteloosheid oor mag, kwesbaarheid oor selfverdediging, afhanklikheid oor selfversorgendheid gekies.

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word (Filippense  2:6 – 7).  Dit is die armoede waarin Jesus gekies het om te bly.

Jesus roep ons wat, soos Hy,  geseënd is om ons lewens met dieselfde armoede te leef.




God sien en hoor alles

As secret worship is better the more secret it is, so public worship is better the more public it is. —Matthew Henry

 

God sien en hoor alles

Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem (Eksodus 3:7)

Wat ‘n bemoediging: ons dien nie ‘n blinde of dowe God nie. Hy is nie onkundig nie;  Hy is nie onverskillig nie – Hy neem ons swaarkry ter harte. Maak nie watter beproewing ek besig is om deur te gaan nie, God weet daarvan.

 

As God weet, gee Hy om; wanneer God omgee, tree Hy op. Net soos Hy sy volk in Egipte uit hulle slawerny verlos het,  het Hy opgetree om ons in Jesus Christus te red. Maak nie saak hoe lank dit neem nie, hoe swaar die lewe ook al is, kan jy van een waarheid verseker wees: God weet,

God sal optree om ons te verlos. Ons moet net geduldig op Hom wag. Al moet jy lank wag, vertrou net. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. Ons moet verwag om soms swaar te kry. Ons kan egter moed skep, want God se besigheid is om ons te verlos.




Hoekom kan ek nie my foute raaksien nie?

True compassion is more than flinging a coin to a beggar; it is not haphazard and superficial. It comes to see that an edifice that produces beggars needs restructuring. -Martin Luther King, Jr. (1929-1968)

Hoekom kan ek nie my foute raaksien nie?

Baie Christene het ooglopende karakterfoute wat beide hulle vreugde en Christelike getuienis vernietig. Ons natuurlike  deugde is die gevolg van ingebore temperament en opvoeding in die gesin. Deugde, gawes en temperament het ook ‘n donker kant – nie ‘n hart gevul met genade nie, maar met allerlei afgode.

Sonder ‘n deeglike kennis van die evangelie, kyk ons na ander dinge: goedkeuring deur mense, verhoudings, prestasies, mag, selfdissipline, ens. Maar hierdie is tog goeie dinge. Reg, behalwe as hulle vir ons belangriker as God word. Nou gebruik ons ons gawes in diens van afgode.

Mense sien nie hulle foute nie, want hulle konsentreer op hulle deugde. Hoe kan ons hulle wakker skud? Tim Keller gee ‘n paar beginsels wat hy uit die briewe van Newton geleer het:

  • Die ergste karakterfoute is dié wat jy die moeilikste raaksien

Die sondes waarvoor jy die blindste is, waarvoor jy verskoning maak, wat jy minimaliseer, is juis die sondes wat jou in hulle greep het. Ons steek ons foute weg juis daar waar ons temperament soos geestelike vrugte lyk . So kan ‘n natuurlike gawe vir beheer en selfdissipline met getrouheid verwar word en die begeerte om deur mense erken te word met liefde en teerheid verwar word. Ons gee ons geestelike krediet vir hierdie dinge, maar intussen groei ons geestelik niks nie. Die afwesigheid van ander vrugte wys dat ‘n ware transformasie van ons karakter nie plaasgevind het nie.

  • Jy kan nie weet van jou grootste foute net deur daarvan vertel te word nie.

Daar is twee maniere om ons foute raak te sien. Die een manier is deur die probleme in ons lewens. Swaarkry is God se gimnasium – dit ontbloot ons geestelike swakhede net soos oefening ons fisiese swakhede ontbloot.

Ons leer ook by Christelike rolmodelle. Jy word oortuig as jy naby aan iemand leef wat leef soos jy behoort te leef. Jy mag dalk dink jy is nie ongeduldig nie totdat jy in die teenwoordigheid van ‘n baie geduldige persoon kom. Ons moet van hierdie geleenthede om te groei, gebruik maak. Dit is pynlik – om in hierdie mense se teenwoordigheid te wees, maak jou ongemaklik.

  • Wees gewillig om na die teregwysing en kritiek van ander te luister.

Natuurlik gaan ons alles in ons vermoë doen om onsself te regverdig. Hoe moet ons dan optree? Ons moet ‘n gemeenskap skep soos die een in Hebreërs 3:13: Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. Kry gelowiges wat jy vertrou en vra hulle om met jou te praat oor waar jy nog moet groei. Jy moet ook leer om te leer uit die kritiek van mense wat verkeerde motiewe het – of selfs by diegene wat jy nie respekteer nie. Al is net 20% van wat hulle sê waar, mag dit God wees wat deur hulle met jou praat.

 In ‘n volgende artikel gaan ons kyk hoe ons hierdie veranderinge wat nodig is, maak.




DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (5)

DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (5) – Jan van der Watt

2. Hoe lyk die “historiese gegewens” vir die opstanding?

  • Watter “feite” het ons?

a) Volgens die berigte in die Nuwe Testament het niemand gesien hoe Jesus uit die graf kom nie. Al getuienis is die oop graf. Toe Maria en die dissipels daar kom was net die doeke daar – die graf was leeg.

b) Jesus het na sy dood aan heelwat mense verskyn en selfs met hulle gepraat en saam met hulle geëet. Hulle kon selfs aan Hom vat.

c) Die ervaring van Jesus wat mense se lewens radikaal verander het, was vir die vroeë Christene ‘n bewys dat die opgestane Jesus by hulle is. Hulle was veranderde mense.

 

  • Die leë graf

Daar is geen getuienis enige plek dat die graf nie leeg was nie. Selfs die vyande van Jesus het nie so iets beweer nie. Die graf was leeg… en Jesus se liggaam was weg. Hoe het die graf leeg gekom? (Ons gaan elke keer die teorie noem en dan die waarskynlikheid dat dit so kon gebeur het).

  • Sommige het beweer dat die dissipels Jesus se liggaam gesteel het.

Sommige beweer dat die Jode Jesus se liggaam verwyder het.

Daar is mense wat beweer dat Jesus nie regtig dood was nie. Dit het maar net so gelyk – in die koel graf het Hy toe bygekom en toe lyk dit of Hy uit die dood opgestaan het. Die verhaal is hoogs onwaarskynlik: a) verskeie mense het Jesus se liggaam hanteer – dit was die soldaat wat by die kruis gewerk het se werk om seker te maak die gekruisigdes is dood. Veronderstel dat hy op een of ander manier ‘n fout gemaak het. Dan was daar die volgelinge van Jesus wat sy liggaam gewas en gebalsem het. Hulle sou tog seker iets agter gekom het, soos dat Jesus tog effens asem haal. En dan is daar die probleem van hoe Jesus uitgekom het. Daar was soldate voor die graf en die graf was toegemaak met ‘n massiewe rots wat jy eintlik net van buite af kon oopmaak. Hoe het Jesus ongemerk die klip weggekry en verby die soldate gekom sonder dat hulle dit eers agter gekom het? Daar is net te veel onwaarskynlikhede om die teorie waar te maak.

  • Ander blameer die vroue wat nie kon rigting hou nie.

Ander maak ‘n storie op dat die vroue by die verkeerde graf uitgekom het – hulle kon nie rigting hou nie en omdat dit ‘n nuwe graf was, het hulle by ‘n ander leë graf uitgekom. Toe dink hulle Jesus het opgestaan. Wel, hieroor hoef ons nie eers veel te sê nie. Daar word vertel dat van die dissipels soos Petrus en Johannes ook graf toe is en dieselfde leë graf gesien het. Vir die teorie om waar te wees moes al die dissipels van Jesus en die Jode ook nie rigting kon hou nie.

  • Jesus het regtig opgestaan.

Dit lyk of die beste verklaring op die ou einde tog is dat Jesus uit die dood opgestaan het! Dit verklaar waarom soveel mense se lewens verander het, waarom die graf leeg was en mense daarna Hom kon sien, aan Hom kon vat, en so meer.

Volgende keer kyk ons na Jesus se verskynings na sy opstanding.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt