Die evangelie is ons skietlood

Our chief want in life is somebody who shall make us do what we can. -Ralph Waldo Emerson, skrywer en filosoof (1803-1882)

Die evangelie is ons skietlood

Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)

In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid.

Die evangelie is die skietlood vir al ons denke, praat, onderrig en lewe. ‘n Skietlood meet of iets vertikaal is of dit meet diepte

. Geen skietlood kan die diepte van die evangelie meet nie. Uit die diepte van liefde, genade en barmhartigheid trek ons die lewegewende voordele wat ons in staat stel om op God se weg te loop. Die evangelie is die skietlood waarmee ons die diepte en gehalte van ons lewens, bediening en leer meet.

‘n Skietlood word deur bouers gebruik om te bepaal dat wat hulle bou absoluut vertikaal is. Hy het my gevra: Wat sien jy Amos? En ek het gesê: “’’n Skietlood.” Toe sê die Here vir my: Ek gaan ‘n skietlood aanlê in my volk Israel, Ek gaan hom nie meer spaar nie (Amos7:7 – 8). God gebruik hier ‘n skietlood om aan te dui dat sy volk van sy Weg afgedwaal het. Die evangelie is vir ons die skietlood waarmee ons ons lewens en onderrig meet. Paulus sê vir Timoteus dat hy goed moet let op sy lewe en leer, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister (1 Timoteus 4:16). Paulus skryf ook aan Timoteus dat die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie (1 Timoteus 1:11). In Titus 2:1 – 10 skryf Paulus aan Titus oor die gesonde leer. Dit is wat Titus moet verkondig. Daarna gee hy opdragte oor hoe gelowiges moet leef – hulleself gedra. Ons kry dus gesonde leer wat in ooreenstemming met die evangelie is en dan is daar ‘n leefwyse wat met hierdie gesonde leer ooreenstem.

Hiermee kom ons aan die einde van die reeks blogs oor kategese.




DIE EVANGELIE: DIE BELANGRIKSTE

–F. B. Meyer

Die evangelie: die belangrikste

Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)

In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid.

Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn … (1 Korintiërs 15:3 – 4)

 

Histories het die kerk verstaan dat die evangelie die middelpunt van sy verkondiging/prediking moet wees. Die kerk het ook besef dat die substans van sy prediking Christus moet wees. Paulus sê: Hom verkondig ons (Kolossense 1:28). Dit geld veral vir sekere werklikhede van Jesus Christus – die verkondiging van sy dood, opstanding en verheerliking.

Paulus sien die evangelie as die somtotaal van sy verkondiging. Hy sê aan die Korintiërs dat hy dié belangrikste aan hulle oorgelewer het. Daarna gee hy in eenvoudige woorde die raamwerk van die evangelie. Dit is die evangelie wat hy aan hulle verkondig het en waarin julle ook gevestig staan (15:1). Let op: hy het oorgedra wat hy ontvang het = kategese. In die 18 maande wat hy in Korinte gewerk het, het hy hom voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde (1 Korintiërs2:2). Paulus plaas sy totale onderrig in die raamwerk van die evangelie.

Paulus beskryf homself as afgesonder vir die evangelie van God (Romeine 1:1). Van hierdie evangelie het Hy my aangestel as prediker en apostel en leraar (2 Timoteus 1:11). Dit is duidelik dat Paulus die oordrag van die evangelie nie as ‘n eenmalige gebeurtenis gesien het nie – iets wat jy vir ongelowiges verkondig nie. Nee, gelowiges moet van melk na vaste kos beweeg. Die evangelie het baie fasette en daarom beweeg ons nie van die evangelie na iets anders nie, maar ons beweeg dieper in die evangelie in. Omdat die evangelie die kerk se boodskap is, beskryf Paulus homself as ‘n boodskapper.




Bronne vir kategese bediening

O think, that he who was master of all heaven’s majesty came down to be the victim of all man’s misery! —C.H. Spurgeon

Bronne vir kategese bediening

Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)

In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid.

My dear brother, learn Christ and him cricified – Martin Luther

 

Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê (Lukas 24:27)

Beide inhoud en proses moet aandag kry – dit gaan oor die wat wat geleer moet word en die hoe dit geleer moet word. Vir een gaan alles oor inhoud; vir die ander is al wat belangrik is die leerders en die proses wat gebruik word om hulle te leer. Mense skram weg van blote oordra van inligting; ander  wonder waaroor leerders krities sal dink as hulle nie ‘n voldoende kennisbasis het nie. Hieroor word baie gestry. Die antwoord is dat inhoud en proses ewe belangrik is en ewe veel aandag moet kry. Ons kommer oor inhoud is belangrik, maar ons moet ‘n gesonde opvoedkundige proses volg wat kritiese denke en onderskeidingsvermoë stimuleer. Opvoeding is nie indoktrinasie nie. Wat moet geleer word? Watter bronne en hulpbronne is beskikbaar?

Paulus verkondig die evangelie op plekke waar dit nie vantevore verkondig is nie. Hy sien die evangelie van Jesus Christus as die enigste ware fondament van ons geloof (1 Korintiërs 3:10 – 11). Daarom verdedig hy dit met al sy krag om te verseker dat die boodskap nie verdraai word nie. Die evangelie moet dus onder gelowiges en aan die wêreld daar buite verkondig word.

 




Kategese in die Nuwe Testament

One who condones evils is just as guilty as the one who perpetrates it. -Dr. Martin Luther King Jr.

Kategese in die Nuwe Testament

Believe me … the Church of God will never be preserved without catechesis (Calvyn)

In J. I. Packer en Gary A. Parrett se boek Grounded in the Gospel sê hulle dat kategese ‘n integrale deel van die Christelike groeiproses is. Omdat kategese in baie gemeentes nie meer belangrik is nie, kry ons ‘n geleidelike toename in Bybelse ongeletterdheid.

 

Kategese is maar een van baie woorde wat in die NT vir onderrig gebruik word. Dit beteken eenvoudig om inligting oor te dra. Paulus gebruik die woord altyd om te verwys na onderrig oor die inhoud van die geloof: Maar in die byeenkoms van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in ongewone tale of klanke (1 Korintiërs 14:19). In Handelinge 18:25 sien ons iets van die tegniese gebruik van die woord kategese: Hy (Apollos) het in die leer van die Here onderrig ontvang.

In Handelinge 2:42 lees ons van die eerste bekeerlinge: Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels. Hierdie leer sou ongetwyfeld op die evangelie van Jesus Christus en ander noodsaaklike elemente van die geloof gefokus het. Dit berus op die apostels se uitleg onder leiding van die Heilige Gees.

Kategese het nie net met nuwe dinge te doen nie – veral as ons by die inhoud van dit wat oorgedra moet word, kom. Die inhoud gaan oor die belangrike waarhede wat eens aan die apostels gegee is. Ons moet toegewyd hierdie leer van die apostels bestudeer en aan ander oordra. Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in die leer bly, erken sowel die Vader as die Seun (2 Johannes :9).

Ons sien dus dat kategese die doelbewuste oordra van die geloof behels. Dit word nie net gedoen sodat gelowiges dit verstandelik kan verstaan nie, maar dit word veral gedoen vir die holistiese transformasie van gelowiges en die gemeenskap.

Kry ons spesifieke kategetiese dokumente in die Nuwe Testament?  In wese is alle Nuwe Testamentiese  geskrifte belangrike dokumente vir onderrig. Die evangelies word dikwels as die beginpunt beskryf. Elke evangelie gee ‘n verslag van Jesus Christus se lewe en onderrig vir ‘n spesifieke geloofsgemeenskap. Die inhoud van die evangelies is Christosentries – wie Jesus Christus was, hoe hy geleef, gesterwe en opgestaan het en wat Hy vir sy dissipels geleer het.

Ook wat die proses wat gevolg moet word, betref, volg die evangelies ‘n narratiewe benadering. Die beklemtoon die verhaal van Jesus Christus. In die briewe kry ons dikwels ‘n reaktiewe benadering – die skrywer reageer op een of ander probleem in die gemeente. Maar in sommige briewe kry ons duidelik ‘n proaktiewe benadering waar ‘n geestelike, morele en teologiese fondament gelê word om gelowiges te help. Goeie voorbeelde van hierdie benadering is die briewe aan die Romeine, Efesiërs en Kolossense. Die doel is om mense tot geestelike volwassenheid te lei. Hierdie drie briewe vul mekaar aan en hanteer elk ‘n ander element van die waarheid.

Kry ons sekere opdragte aangaande kategese in die Nuwe Testament? In beide die Ou en Nuwe Testament word ouers aangesê om hulle kinders te onderrig: En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil (Efesiërs 6:4). Veral in die pastorale briewe is daar baie opdragte en oproepe om te onderrig. In veral in die briewe aan Timoteus en Titus word onderrig as die sentrale deel van hulle bediening gesien. Ook ouderlinge moet bekwaam wees om te onderrig (1 Timoteus 3:2).

Vandag is daar baie predikers wat nie meer die sentrale rol van onderrig insien nie. Maar ons model vir onderrig is Jesus Christus. Hy het ook aan ons die mandaat om te onderrig gegee. Hy was die Leermeester van die leermeesters. Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels sluit onder andere in: Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matteus 28:20). Dit vereis toegewyde, sistematiese en betekenisvolle onderrig.