Wat is my persoonlike roeping?
The winter prepares the earth for the spring, so do afflictions sanctified prepare the soul for glory. –Richard Sibbes
Wat is my persoonlike roeping?
Wat bedoel ons met roeping? Dit is God se persoonlike uitnodiging aan my om aan sy agenda te werk deur die gawes wat Hy aan my gegee het om te gebruik op ‘n manier wat vir ewig betekenisvol sal wees. Klink maklik, maar dit is nie altyd so eenvoudig nie. Vir sommige is dit ‘n proses wat tyd en gebed vereis en ‘n tyd van onderskeiding. Dan is dit belangrik dat ek die regte vrae oor my roeping vra. Soms vra ons die verkeerde vrae en in teleurgestel in die antwoorde wat ons kry.