Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (1)
Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (1)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.
Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.
J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]
(2 Korintiërs 5:17).
‘n Baie belangrike gedeelte is Jesus se gesprek met Nikodemus (Johannes 3). Jesus sê vir hom: As iemand nie nog ‘n keer gebore word nie, sal jy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie. Dit verstaan Nikodemus glad nie. ‘n Mens kan mos nie weer gebore word nie. Dan antwoord Jesus vir hom: Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie.
Volgende keer gaan ons verder met ons bespreking van weergeboorte.
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Hoe lyk ‘n lewe van geloof? Geloof vat die hele lewe van die Christen saam. Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie. Daar is niks wat die moeite werd is in sulke mense se koppe nie (Efesiërs 4:17). Die Hebreërbrief het baie oor geloof te sê. Kom ons kyk daarna: Ons versterk ons geloof deur ons oë op God gerig te hou. Ons dink aan alles wat Hy vir ons belowe het en ons dink terug aan alles wat Hy reeds vir ons gedoen het.Woorde uit die Bybel – Geloof (4)
Woorde uit die Bybel – Geloof (4)
Woorde uit die Bybel – Geloof (3)
Woorde uit die Bybel – Geloof (3)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Hoekom kan ons net deur geloof verlos word? Christus is ons Verlosser. Geloof beteken dat ek na Christus kom. Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort (Romeine 8:1). Ons is ook kinders, en dus erfgename, van God: Almal wat hulle deur die Heilige Gees laat lei, is kinders van God (Romeine 8:14). Maar die Heilige Gees gaan verder: Verder is dit ook Hy wat nou ‘n diep verlange na God in julle binneste wakker maak. Die Gees roep voortdurend in julle binneste uit: “Vader, liefdevolle Vader!” Hy sorg dat daar ‘n onbreekbare band tussen God en julle is (Romeine 8:15). Dit alles beteken dat Christus voldoende is as ons Verlosser – ons het niks meer nodig nie. Toe die tronkhoof in Filippi vir Paulus vra wat hy moet doen om in die regte verhouding met God te kom, antwoord Paulus hom: Glo in die Here Jesus … Dan sal God jou red en as sy kind aanvaar (Handelinge 16:31). Hoe lyk ‘n lewe van geloof? Daarna kyk ons volgende keer.
Woorde uit die Bybel – Geloof (2)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Waarop berus sekerheid van ons geloof? Nie op rede of eksperimentele bewyse nie. Ons kan nie onafhanklik kontroleer van wat van God in die Bybel vertel word nie. Koning Dawid sê: Groot Here, U alleen is God. U woorde word waar; ook hierdie mooi woorde wat U vir my gesê het (2 Samuel 7:28). Waar kry ons hierdie woorde van God? In die Bybel. Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom (Johannes 3:3); So ‘n ongelowige weier sowaar om die getuienis wat God self oor sy Seun gelewer het, ernstig op te neem (1 Johannes 5:10). Ons geloof begin daar waar die evangelie gelees en gehoor word en ons besef dat dit die waarheid aangaande God is. My Vader wat My gestuur het, trek mense na My toe wat by My hoort. Dit is die mense wat Ek op die dag van die wederkoms uit die dood sal laat opstaan. Julle moet dus nie die idee kry dat julle op julle eie sonder my Vader deel sal word van God se familie nie (Johannes 6:44). Geloof beteken dus dat God in sy genade ons oë oopgemaak het. Ons sit nog met ‘n belangrike vraag wat ons moet antwoord: Hoekom verlossing net deur geloof? Daarna kyk ons volgende keer.Woorde uit die Bybel – Geloof (2)