Woorde uit die Bybel – Sonde (2)

– Rabbi Zev Wolf

Woorde uit die Bybel – Sonde (2)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Wat is die essensie van sonde? Om soos God te wil wees. Jy leef vir jouself en nie vir God nie; jy probeer so ver as moontlik onafhanklik van Hom te wees. Augustinus sê die kern van sonde is trots. Daarom weier ons om God te verheerlik en te aanbid. Ons is daarop ingestel om onsself teenoor God en ons medegelowiges te handhaaf.

Sonde is versteurde verhoudings – ons vertikale verhouding met God en ons horisontale verhouding  met ons medemense.

Volgende keer kyk ons na die stand van sonde.

Woorde uit die Bybel – Sonde (1)

– Baal Sem Tov

Woorde uit die Bybel – Sonde (1)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Sonde

Na Genesis 1 en 2 is die onderwerp van feitlik elke hoofstuk in die Bybel God se bemoeienis met die sonde van die mens. Maar dit is nou nie ‘n onderwerp waaroor ons graag praat nie. Hoekom nie?

  • Die leer van die sonde is nie juis vleiend teenoor die mens nie. Ons hou nie daarvan nie en daarom maak ons allerlei verskonings. Dit begin reeds by Adam en Eva (Genesis 3:12 ev). Daar is ‘n versoeking om die leer van die sonde af te water. Om oor die sonde te praat, maak ons nederig.
  • Die leer van die sonde spruit voort uit die Bybelse beskrywing van God se heiligheid. Ons sien ons sonde duidelik as ons voor God se heiligheid te staan kom. Luister na Jesaja se reaksie toe God hom as profeet roep: Toe sê ek: “ Dit is verby met my, want ek is skuldig! Ek doen gedurig sonde deur wat ek sê, en nie net ek nie, maar ook die volk by wie ek bly. En nou het ek met my eie oë die Koning gesien, die Here die Almagtige (6:3). Vandag beklemtoon ons God se liefde en deernis, maar skram weg van sy heiligheid en reinheid.
  • Die leer van die sonde word gesekulariseer. Ons praat nog oor die sonde, maar dink nie teologies daaroor nie. Sonde is ‘n oortreding teenoor God, maar ons sien dit as ‘n verbreking van die standaarde van betaamlikheid. In die Bybel is sonde egter ‘n misstap teen God. Ons moet dus aan sonde as ‘n probleem van ons verhouding met God dink.

Dit is duidelik dat sonde ‘n belangrike onderwerp in die Bybel is. Is dit nie tyd dat dit ook vir ons ‘n belangrike onderwerp word nie?

Volgende keer gaan ons na die aard van sonde kyk.




Woorde uit die Bybel – Die Here

Augustinus.

Woorde uit die Bybel – Die Here

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde.

Teksaanhalings kom uit Die Boodskap.

Die Here

Kry ons die leerstelling van die Drie-eenheid in die Bybel? Kom ons kyk:

  • Jesus bevestig die monoteïsme van die Ou Testament: Die Here ons God is die enigste Here (Markus 12:29).
  • Jesus belowe die Heilige Gees: Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees (Johannes 14:16).
  • Jesus sê dat die dissipels moet uitgaan en mense doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees (Matteus 28:19). Let op: Naam (enkelvoud) en nie Name nie.

In die Geloofsbelydenis van Athanasius lees ons: “Want die persoon van die Vader is ‘n ander, van die Seun ‘n ander en van die Heilige Gees ‘n ander; maar die Vader, die Seun en die Heilige Gees is een Godheid met gelyke eer en mede-ewige majesteit.” [Die leer van die Drie-eenheid word elders op die webblad bespreek. Dit gaan nie verder hier bespreek word nie.]

Ons volgende bespreking gaan oor die woord Sonde.




Woorde uit die Bybel – Die Skrif

Marin Luther King Jr

Woorde uit die Bybel – Die Skrif

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 

Die Skrif

Op die webblad is daar baie artikels oor die Skrif/Bybel en die kanon. Ek gaan min sê oor hierdie woord.

Bybel is nie ‘n woord wat ons in die Bybel kry nie – daar word Skrif(te) gebruik. Die Bybel is in werklikheid ‘n biblioteek van 66 afsonderlike boeke. Dit is oorspronklik in drie tale geskryf – Hebreeus, Aramees (klein gedeeltes) en Grieks. Dit is oor ‘n tydperk van meer as ‘n duisend jaar geskryf. Daar is ‘n groot verskeidenheid boeke: geskiedenis, briewe, liedere en ‘n liefdeslied. Maar Christene beskou dit as ‘n enkele boek – ‘n eenheid.

Die kerk het nog altyd die Bybel as gesaghebbend beskou. Maar wat beteken dit?

  • Die Skrif is ‘n geskiedkundige rekord van God se openbaring.

  • Die Skrif is ‘n openbaring in die vorm van ‘n geskiedkundige rekord.
  • Die Skrif is beide deur mense en deur God geskryf. Die skrywers was mense, maar die eintlike Skrywer was die Heilige Gees. Vir Jesus en die apostels was dit wat die Skrif (Ou Testament) sê deur God self gesê. Daarom is die Skrif heilig – dit skryf nie net oor heilige dinge nie, maar omdat die heilige God die ware Skrywer is. Dit beteken nie dat die skrywers wat God gebruik het nie feilbaar en onvolmaak was nie. God het egter verseker dat hulle nie feite vervals of God se doel en karakter verdraai het nie. Die geloofwaardigheid van God waarborg die getrouheid van die Skrif. Christus en die apostels het die waarheid van die Ou Testament aanvaar.

    Ons het ‘n behoefte aan die Skrif: U woord wys my presies hoe ek moet leef, soos ‘n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap (Psalm 119:105). Die lewe is ‘n reis; ons kan verlore raak tydens hierdie reis. Nou sê die psalmis dat ons ‘n lig het om te verseker dat ons kan sien waar ons gaan. Stap vir stap gaan ons vorentoe. Rondom ons, waar die lamp nie skyn nie, is dit steeds donker. Die vraag is egter of ons hierdie woord ken. Weet ons van die krag van die Skrif om mense se deurmekaar lewens te hervorm en te vernuwe? In ‘n nuwe rigting te stuur? Kom ons met verwagting na sy woord om te hoor wat Hy vir ons te sê het? Alles in my smag na U, sê my tog hoe ek moet lewe (Psalm 119:131).

    Volgende keer gaan ons na die woord Here kyk.