Twee stories uit die begraafplaas

Tertullianus.

Twee stories uit die begraafplaas

  • Die oop graf

Eugene Peterson vertel van ‘n besoek aan ‘n klooster. Op pad na die eetsaal loop hulle verby die begraafplaas. Hy sien toe een oop graf en vra: “Watter lid van julle gemeenskap is onlangs oorlede?”

 

“ Niemand nie. Die graf is vir die volgende een,” antwoord hulle hom.

Elke dag, drie maal per dag,  as hulle stap om te gaan eet, word die lede van daardie gemeenskap herinner aan iets wat ons graag wil vergeet. Een van hulle is volgende aan die beurt.

Maar ons as Christene weet dat Jesus Christus ons grootste vyand, die Satan, oorwin het. Die Saterdag was Jesus in die graf, maar die Sondag het Hy opgestaan.

  • Twee grafstene
  • Die tweede grafsteen is een wat Philip Yancey beskryf. Dit was die graf van sy vriend se ouma. Dit was onder ou eikebome in die begraafplaas by ‘n Episkopaalse Kerk in die platteland van Louisiana. Sy het ook instruksies gegee van wat op haar grafsteen moes staan – net een woord: Waiting.

    ‘n Paar eenvoudige stories

    G K Chesterton

    ‘n Paar eenvoudige stories

    • Jy is ‘n prinses

    Die skrywer George MacDonald het graag oor prinse en prinsesse geskryf. Toe iemand hom vra waarom hy altyd oor prinsesse skryf, antwoord hy: “Want elke meisie is ‘n prinses.”

     

    MacDonald vra hom: “Wat is ‘n prinses?”

    Die man antwoord: “Die dogter van ‘n koning.”

    MacDonald: “Reg. Daarom is elke meisie ‘n prinses. Alle meisies is die dogters van die Koning.”

  • Jesus verander die sitplekplan
  • Die Didascalia Apostolorum was ‘n vroeë kerkgeskrif. Daarin kry die biskop die opdrag om nie die diens te onderbreek net om ‘n ryk of belangrike man wat laat kom, te verwelkom nie. Maar as ‘n arm man of vrou die diens laat inkom, moet die biskop alles in sy vermoë doen om die arm persoon welkom te laat voel. Dit mag selfs beteken dat die biskop sy eie sitplek verloor en op die grond moes sit. Jesus kom en verander die hele sitplekplan.

  • John Newton
  • John Newton was die kaptein van ‘n slaweskip. Hy koop en verkoop mense wat gevang is. Die matrose was wreed, want slawe het geen waardigheid gehad nie. Newton se lewe was gekenmerk deur dobbel en drink. Op ‘n stadium oor weeg hy selfmoord, maar kom toe tot bekering. Hy word ‘n Anglikaanse priester en skryf: Amazing grace, how sweet the sound that saves a wretch like me.

  • Johann Sebastian Bach
  • George Frideric Handel
  • George Frideric Handel is dieselfde jaar as Bach gebore. By sy suster se begrafnis was die onderwerp van die preek: Ek weet my Verlosser leef. Dit word een van Handel se beroemdste arias.

    Is gevoelens goed of sleg?

    Martin Luther King Jr.

    Is gevoelens goed of sleg?

    Godsdiens is ‘n ernstige saak – moenie te veel emosie wys nie. Soos die Engelse sê: stiff upper lip, my boy. Maar nou sien ons dat Jesus emosies ondervind het. Hy huil by Lasarus se graf. Lees net weer die emosie in daardie laaste ure in die tuin van Getsemane.

    Wat ons nie by Jesus kry nie, is selfbejammering nie – Hy kla nie oor sy lot nie. Hy hanteer sy emosies konstruktief en gee daarmee vir ons ‘n model om na te volg.

    • Jesus erken sy gevoelens

    Jesus neem vir Petrus, Johannes en Jakobus saam met Hom dieper in die tuin in. Dan lees ons: Jesus het bedruk gevoel en sê toe vir die drie saam met Hom: “Ek voel doodsbenoud. Wag julle hier. Kyk dat niemand ons hier verras nie.” (Matteus 26:38) Die basiese les wat ons moet leer, is dat as jy jou gevoelens onderdruk hulle nie sal verdwyn nie. Wees eerlik met jouself. Om jou gevoelens te erken is die eerste stap in die hantering daarvan. Sê vir God hoe jy voel.

  • Jesus vra ondersteuning van sy vriende.
  • Jesus gaan nie alleen nie – Hy neem sy drie vriende saam. Hy is eerlik met hulle en vra hulle om te wag. En ons? Ons is dikwels te trots om ons vriende te vra om ons te help.

  • Jesus weet dat sy emosionele lyding Hom nie van God se liefde en aanvaarding sal skei nie
  • God se aanvaarding van ons word nie deur ons gevoelens bepaal nie, maar deur ons geloof. Ten spyte van al die emosionele lyding bid Hy tot God en gee Hy die volgende raad aan sy dissipels: Vra God om julle te help om nie verkeerde dinge te wil doen nie. Ek weet julle sê julle wil graag die regte dinge doen, maar dit gebeur nie altyd so nie, nie waar nie? Wees daarom altyd op en wakker.”

  • Jesus weet dat seën volg op gehoorsaamheid
  • Nadat Hy sy drie dissipels vir die derde keer wakker gemaak het, sê Hy vir hulle” Kom, laat ons gaan. My verraaier is op pad. Dit is die pad wat God bepaal het Jesus moet loop en in gehoorsaamheid loop Hy dit. Die Hebreër-skrywer sê dat die lewe soos ‘n wedloop is en dat daar dinge is wat verhinder dat ons hierdie wedloop voluit kan hardloop: Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie. Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het. Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel (12:1 – 2).

    Jesus het vir ons in Getsemane gewys dat gevoelens nie verkeerd is nie. Hy wys ook vir ons hoe om ons gevoelens te hanteer. Leer by Hom.

    [Alle teksaanhalings kom uit Die Boodskap.]




    ‘n Gedig

    Johannes Kepler, wiskundige en sterrekundige.

    ‘n Gedig

    Nancy Spiegelberg het hierdie eenvoudige gediggie geskryf. Eenvoudig, maar met ‘n groot boodskap.

    Lord

    I crawled across the barrenness to You with my empty cup,

    Uncertain in asking any small drop of refreshment.

    If only I had known you a little

    I’d have come running

    With a bucket.