Sosiale geregtigheid: Levitikus 19:9 – 18
Rabbi Nachman
Talmoed Die Groot Opdrag: Matteus 28:16 – 20 . In die Bybel is berge dikwels dié plek waar onderrig gegee word. Ons dink aan Sinaiberg waar God aan Moses die tien gebooie gegee het, die bergrede en die berg van verheerliking. Voordat Jesus die opdrag gee, begin Hy eers met die goeie nuus: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Die basis vir sy opdrag is die gesag wat Hy het in die hemel en op die aarde. In die opdrag self kry ons vier werkwoorde. Een daarvan kan as die hoofwerkwoord beskou word en die ander drie as ondersteunend. Die hoofwerkwoord is: Maak die mense my dissipels. Die ondersteunende werkwoorde beskryf wat dit presies behels: Die gedeelte word met ‘n versekering afgesluit: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Hierdie belofte van Jesus maak net sin as die opdrag ook vir al die dae geld. Ons kan dit alles soos volg saamvat:Die Groot Opdrag: Matteus 28:16 – 20
Ek hou van skinder
Abraham Heschel
Ek hou van skinder
Ek hou van stories. Die storie is van die dorp se hoof skinderaar. Hy besluit dat genoeg genoeg is – hy gaan sy sonde bely. Daarom gaan hy na die huis van die rabbi in die dorp.
Man: “Jy weet hoe graag ek skinder. Is daar iets wat ek kan doen om dit reg te stel?”
Die rabbi vryf oor sy baard en sê: “Gaan huis toe en gaan haal ‘n kussing.”
Die man gaan dadelik na sy huis om die kussing te kry. Dit was darem nie te moeilik nie – ‘n eenvoudige geskenk en sy sonde is vergewe.
Rabbi: “Sny die kussing oop.”
Dit was ‘n winderige dag en die vere waai die hele dorpie vol.
Rabbi: “Gaan maak al die vere bymekaar en sit hulle weer in die kussing.”
Man: “Maar dit is tog onmoontlik.”
Rabbi: “Net so is dit onmoontlik om al die skade wat jy met jou skindery veroorsaak het weer reg te stel.”
Oordeel regverdig
– Leon Roth
Oordeel regverdig
Charles Swindoll vertel hierdie storie. Hy is die leier by ‘n weeklange Bybelkonferensie. Die eerste aand kom ‘n paartjie na hom en vertel hom dat hulle so entoesiasties is om hom te hoor praat. Swindoll sien egter dat by elke praatjie wat hy gee, raak die man aan die slaap.
Sy gevolgtrekking: hierdie man is nie eerlik nie, want hy sê een ding en doen ‘n ander ding.
Na sy laaste praatjie kom die vrou na hom. Haar man was reeds weg. Swindoll aanvaar dat sy hom wil vertel hoe ongelukkig sy oor haar man se gedrag is. Sy begin deur te sê dat haar man daarop aangedring het dat hulle die konferensie moes bywoon – dit was sy finale wens. Haar man het terminale kanker en het net ‘n paar weke om te leef. Hy het daarop aangedring dat hulle die konferensie moes bywoon al het sy medikasie hom lomerig gemaak. Dit het hom verleë gemaak. “Hy het die Here lief en jy is sy gunsteling leermeester. Hy wou so graag hier wees om jou te ontmoet en jou te hoor praat,” sê sy.
Swindoll sê dat hy stomgeslaan was. Sy het hom bedank vir die week en weggeloop. Hy staan daar: alleen; tereggewys soos nog nooit vantevore nie. “Ek het my broer geoordeel en ek was so verkeerd soos kan kom.”