God se snaakse keuses
G. K. Chesterton
God se snaakse keuses
Hoe het ons by die plek waar ons nou is, gekom? Jeremia help ons nogal om dit te verstaan. Hy word groot in Anatot, ‘n klein dorpie in die sentrale hoogland van Israel in die stamgebied van Benjamin. Ons weet dat Dawid die priester Abjatar na Anatot verban het.
God luister nie veel na Jeremia se verskonings nie. Jy moenie sê: “Ek is te jonk,” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. Ons kan probeer los kom, maar God se wil sal geskied. Uiteindelik gaan Jeremia na waar God hom geroep het. Alhoewel God vir Jeremia belowe dat Hy by hom sal wees en hom sal red, lyk dit asof Jeremia gereeld sonder God gelaat word. Later sal Jeremia selfs sy geboortedag vervloek (20:14).
Soos God met Jeremia in die klein dorpie Anatot gepraat het, praat hy nog steeds met ons. Ons konteks verskil van dié van Jeremia, maar God is steeds met ons – Hy is by ons en Hy red ons. Kyk terug na jou lewe en jy sal sien dat God in die verlede daar was en nog steeds by jou is.
– Yemelion Yaroslavsky Moet jongmense die fokus van die kerk wees? Moet jongmense tussen 18 en 23 jaar die fokus van die kerk wees? Hoekom? Hier is ‘n paar redes daarvoor:
Gewoonlik is hulle nou weg uit die huis en van hulle ouers. Nou moet hulle nog ‘n belangrike besluit neem: Moet ek by die kerk betrokke raak? Baie van hierdie jongmense het nog nooit hierdie vraag op hulle eie beantwoord nie. Geen wonder baie besluit om nie by die kerk betrokke te raak nie. Is dit die fout van hulle ouers of die kerk? Nee. Dikwels openbaar hierdie nuwe onafhanklikheid maar net dat hulle nooit vantevore hulle aan Christus oorgegee het nie. Maar ook vir gelowige jongmense is dit ‘n belangrike tyd: hier word die patroon van hulle betrokkenheid by die kerk dikwels bepaal.
Ons het hierdie jongmense in ons kerke nodig. Ja, hulle het ons nodig, maar ons het hulle ook nodig. Ons moet hierdie jongmense produktief in ons bedienings gebruik.
4.2 Skeppingsverhale en skeppingsvoorstellings Ons weet vandag dat alle ou godsdienste oor die wêreld skeppingsverhale het. Ons weet ook dat daar merkwaardige ooreenstemming is tussen hierdie verhale. Daar is hoofsaaklik twee tipes verhale: oorsprongsverhale en daadverhale. Veral in Afrika kom baie oorsprongsverhale voor. Dit vertel hoe die mense eenvoudig iewers uitgekom het, uit ’n gat in die grond of uit ’n moeras of uit ’n boom. Sommige vertel dat die mense uit ’n ander wêreld kom, of uit die hemel. Dit is dan die oorsprong van die mens. In die res van die wêreld is daar egter veel meer verhale van daadskepping. Dan is dit veral ’n persoonlike god wat op een of ander manier die mense gemaak het. Maar dit gaan dan dikwels ook oor meer as net die mens. Omdat die Bybelse verhale baie in gemeen het met hierdie daadvoorstellings, gaan ons meer in besonderhede hierop in. Onder die godsdienste kry ons onder andere die volgende voorstellings: ’n God of gode het geskep deur ’n daad soos om iets te vorm of te bou, of deur ’n woord, of deur dinge te skei, of deur ’n stryd, of deur geboorte te gee aan iets, veral aan mense. Kom ons vergelyk nou hierdie voorstellings punt vir punt met wat ons in die Bybel kry. Daad: Dit is sowel in Israel as by die ander volke die algemeenste voorstelling van hoe God geskep het. Hy het dinge geskep of gemaak of gevorm of gebou of voortgebring. Ons kry al hierdie voorstellings in die Bybel. ’n Baie algemene voorstelling is dat ’n god iets vorm, dikwels soos ’n erdewerker. Die Shilluk in Noord-Afrika glo dat ’n god eers die mense se lyf gemaak het en daarna hulle bene en voete sodat hulle kan loop en hardloop, daarna hulle arms en hande sodat hulle kan koring plant, en toe hulle mond sodat hulle kan eet. Later het hy vir hulle ’n tong gemaak sodat hulle kan praat en sing, en toe ore sodat hulle na musiek kan luister. Hierdie prentjie gee nie net iets van hulle kultuur weer nie, maar is ook ’n realistiese voorstelling van hoe ’n erdewerker ’n beeld stuk vir stuk vorm. In Egipte kry ons ook die voorstelling. Hier lees ons dat die god Chnum die mens op ’n wiel gevorm het. Uiteraard herinner dit ons aan Genesis 2:7: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde.” Die Bybel deel dus ook hierdie voorstelling met die ander godsdienste. Ons kry ook dikwels die voorstelling dat die aarde gebou is. En dan word die bekende begrippe gebruik wat ons vir gewone bouwerk gebruik. In Job is die voorstelling in besonderhede ontwikkel. God het eers met ’n maatlyn al die afmetings gemaak, toe die fondamente gelê, en toe die gebou “aanmekaargesit” (Job 38:5-6). Woord: Ook skepping net deur die woord (deur bevele) kom dikwels elders voor. Selfs onder die Herero’s hoor ons dat ’n god die mense uit die riete geroep het. In Egipte word van die god Ptah geskryf: “Alles wat bestaan, het deur sy woord tot stand gekom.” Ons lees ook: “Wat uit sy mond uitstroom, gebeur.” Natuurlik dink ’n mens dan aan Psalm 33: “Want Hy het gepraat, en dit was so, Hy het beveel en dit was daar.” Ons sal nog verder aan na Genesis 1 se woordskepping kyk. Skeiding: Dis interessant dat skepping deur skeiding ook voorkom. In die epog “Enuma Elish” kap Marduk Tiamat se liggaam in twee stukke (skeiding), en vorm uit die een helfte die hemel en uit die ander helfte die aarde. Hierdie skeidingsvoorstelling kom ook baie sterk na vore in Genesis 1: God skei die duisternis af van die lig, en die water daarbo van die water op aarde, die nag van die dag, en die see van die land. Stryd: Skepping deur stryd is algemeen in die ou Nabye Ooste. Die skeppingsepog van Babilon, “Enuma Elish”, is deurtrek van gevegte tussen gode waaruit die aarde en mense dan gemaak word. Die mense word dan geskep uit die bloed van een van die gode wat verslaan is. Maar kry ons hierdie voorstellings ook in die Bybel? Daarna gaan ons in die volgende artikel kyk. Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za Skrywer: Prof Adrio König Hoofstuk 4 In hierdie hoofstuk kyk ons na die skepping. Verskeie aspekte van die skepping gaan hanteer word. Ons begin met Genesis 1 – 11. Skepping 4.1 Genesis 1-11 Een van die grootste foute wat ons met die Bybelse boodskap oor die skepping gemaak het, is om ons tot Genesis 1 te beperk en die verskeidenheid voorstellings in die res van die Bybel te verwaarloos, selfs dié in Genesis 2. ’n Verdere fout is dat ons nie die betekenis van die hele deel Genesis 1-11 raakgesien het nie. Genesis 1-11 is ’n merkwaardige deel. ’n Mens sou kon dink dit het eintlik “uit die bus geval”. Hoe pas dit in die res van die Bybel in? Immers van Genesis 12 af gaan dit in die Ou Testament oor die geskiedenis van God met Israel. Maar in Genesis 1-11 is daar nog geen spoor van Israel nie. En in die Nuwe Testament gaan dit om Jesus en die kerk. Ook hiervan is daar natuurlik niks in Genesis 1-11 nie. Wat het ons eintlik hier? Ons praat graag van die oergeskiedenis. Dit is die geskiedenis vóór Israel. Dit is die begin van die wêreld en die wêreldgeskiedenis. Dit is universele geskiedenis. Hierdie stukkie universele geskiedenis pas ook nie in die struktuur van die verhale van ander volke in Israel se omgewing nie. Wat is die probleem? Die ander volke se skeppingsverhale begin nie met universele geskiedenis nie, maar met hulle eie volksgeskiedenis. En dis juis wat die Bybel nie doen nie. Die ander volke het geglo hulle was die eerste mense. Die gode het hulle eerste geskep en só het die mensdom begin. Eintlik moes Genesis dus ook begin het met die skepping van Israel. Maar dis juis die wonderlike betekenis daarvan dat Genesis 1-11 “uit die bus val”. Israel was die enigste volk uit daardie tyd wat nie by hulleself nie, maar by die mensdom begin het. Hulle moes dus van die begin af duidelik daarvan bewus gewees het dat hulle God nie soos die ander volke se gode ’n volksgod is nie. Die God van Israel het aan die begin, nog voor Israel bestaan het, die mense geskape. Hy is dus juis nie net die God van Israel nie, maar die God van die hele wêreld en van alle mense. As Skepper het Hy die reg op alle mense. Eeue en eeue later skryf Paulus dit so kernagtig: “Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal” (Rom 10:12). ’n Verdere kenmerk van hierdie hoofstukke is dat hulle handel oor dinge wat die mensdom van destyds in gemeen gehad het: verhale oor die skepping, oor ’n sondeval, ’n sondvloed, ’n toring. Die res van die Ou Testament, en ook die Nuwe Testament het in hoofsaak geskiedenisse en ander literatuur wat uniek is en geen of min verbande het met ander volke se verhale nie. Ons kom ’n bietjie verder aan terug op die ander volke se skeppingsverhale. Maar Genesis 1 – 11 is universele geskiedenis. God is van die begin af by die hele mensdom betrokke. Ons het dus in Genesis 1-11 ’n besondere boodskap: God is God van die hele wêreld, en Hy het een geskiedenis gemaak met hierdie oerwêreld. Hy was van die begin af universeel betrokke. Maar ons kan ook van ’n ander kant af na Genesis 1-11 kyk. Dis interessant om ’n oomblik te dink oor die vreemdheid dat Israel skryf oor die oerbegin, die tyd nog voor hulle bestaan het. Hulle gebruik Hebreeuse name vir die eerste mense: Adam, Eva, maar Hebreeus het nog glad nie bestaan nie. En in Hebreeus het hierdie name toepaslike betekenisse. Adam kan iets soos stof of (rooi) grond beteken, en volgens Genesis 2:7 is hy uit stof/grond gemaak. Eva is ook Hebreeus en beteken iets soos lewe. Volgens Genesis 3:20 het Adam haar só genoem omdat sy die moeder was van al die mense. Dit kon natuurlik nie regtig histories só gebeur het nie omdat Hebreeus nog nie bestaan het nie. Ons het hier dus ’n klassieke voorbeeld van ’n verhaal wat agterna geskryf is in die taal/voorstellingswêreld van ’n veel later tyd. Na die belangrike vraag oor die historisiteit van hierdie verhale sal ons later kyk. Met hierdie as agtergrond gaan ons in die volgende artikel na verskillende skeppingsverhale en skeppingsvoorstellings kyk Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za Skrywer: Prof Adrio König Moet jongmense die fokus van die kerk wees?
Alle Paaie lei na Jesus: Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle (1)
Alle Paaie lei na Jesus: Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle (1) – Adrio König
Alle Paaie lei na Jesus: Genesis 1 – 11
Alle Paaie lei na Jesus: Genesis 1 – 11 – Adrio König