Die Nuwe Testamentiese Kanon (1)

Die Nuwe Testamentiese Kanon (1)

Michael Kruger het ‘n reeks begin om ons te help om die basiese feite van die Nuwe Testament te verstaan. Hierdie is die soort feite wat jou sal help in ‘n gesprek met ‘n skeptiese persoon. Die eerste feit wat hy stel, is: Die Nuwe Testament is die vroegste Christelike geskrifte beskikbaar.

 

Dit is veral duidelik as ons na die vier evangelies – Matteus, Markus, Lukas en Johannes – kyk. Hierdie is die enigste vier evangelies wat uit die eerste eeu dateer. Daar is ‘n paar teoloë wat probeer het om die Evangelie van Tomas in daardie tydperk te plaas, maar sonder sukses. As al die stof gaan lê het, erken die kritici dat ons huidige vier evangelies die oudste beskrywings wat ons van Jesus het, is.

Daar is ‘n paar kantaantekeninge waarop ons moet let:

  • Daar is verskille oor die datums waarop party Nuwe Testamentiese boeke geskryf is. Daar is selfs kritici wat beweer dat van die boeke vervalsings is wat eers in die tweede eeu na Christus geskryf is. Al aanvaar ons hierdie siening (wat baie min teoloë doen) dan kan ons steeds sê dat die oorgrote meerderheid boeke in die eerste eeu geskryf is. Slegs ‘n paar boeke is onder bespreking.
  • Die eerste brief van Klemens aan die Korintiërs is ook in die eerste eeu geskryf, maar is nie in die kanon ingesluit nie. Dit is waarskynlik geskryf in die tyd toe die kerk deur keiser Domitianus vervolg is – ongeveer 95 nC. Dit is later as die ander Nuwe Testamentiese boeke. Die enigste moontlike uitsondering is Openbaring wat waarskynlik ook in hierdie tyd geskryf is.

Hierdie boeke is nie by die kanon ingesluit net omdat hulle in die eerste eeu geskryf is nie. Die 27 boeke is nie deel van die kanon omdat hulle so vroeg geskryf is nie, maar alle boeke wat in die kanon opgeneem is is vroeg geskryf. Ons mag later ander geskrifte ontdek wat ook so vroeg geskrywe is. Die keuse van die 27 boeke was dus nie arbitrêr nie.




‘n Nuwe Kategismus: Vraag 6

(Martin Luther).

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 6

Vraag: Hoe kan ons God verheerlik?

 

Antwoord:  Ons verheerlik God deur Hom te geniet, lief te hê, te vertrou en deur sy wil, voorskrifte en wet te gehoorsaam. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

 

 

Teksvers:

Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie (Deuteronomium 11:1).

 

Kommentaar:

Die hele lewe van ‘n Christen moet net lof en dank aan God wees. Ons moenie eet of drink of slaap, maar ons moet tot God eet en werk en slaap en praat. Dit alles doen ons tot sy lof en verheerliking … Omdat ons alles van God ontvang, moet ons alles voor sy voete neerlê en sê: “Ek sal nie in sonde  wat vir U onaanvaarbaar is, lewe nie.” Ons verheerlik God as ons Hom in ons siel bo alle ander skepsels in die wêreld grootmaak; as ons aan Hom die hoogste plek  in ons liefde en vreugde gee; as ons alles op Hom gerig is. Ons sal nie God deur enige skepsel aanstoot gee nie. Ons vra in liefde: “Wie het ons in die hemel behalwe U?”

 

God is deur die verbond ons God. Elke gelowige het die titel Christen aan hom oorgedra – hy erf dit van God. Daar is baie meer gerusstelling in God ons God as wat die hart van die mens kan begryp. Dit is groter as die mens se hart. Daarom, al kan ons nie sê dat rykdom of eer of vriende ens. ons s’n is nie, kan ons wel deur die Gees sê dat God ons s’n is. Nou is sy wysheid ons s’n … onder die skuldlas van sonde is sy genade daar om ons te vergewe; in enige behoefte is Hy daar om vir ons te voorsien of om dit goed te maak. As God ons s’n is, is alles wat Hy kan doen ook ons s’n en wat Hy het, is ook ons s’n. God wil hê dat sy heerlikheid ons doel moet wees sodat Hy Homself aan ons kan gee.

 

Hierdie kommentaar is deur Richard Sibbes (1577 – 1635) geskryf. Hy was ‘n Engelse Puriteinse teoloog. In die vroeë 17de eeu staan hy in Londen bekend as the heavenly Doctor Sibbes. Hy was die leraar by Gray’s Inn in Londen en  meester  van Catherine Hall, Cambridge. Sy bekendste werk is The Bruised Reed and Smoking Flax. Hierdie kommentaar kom uit Divine Meditations  in The Complete Works of Richard Sibbes, Volume VII (Edinburgh: James Nichol, 1864).

 

Verdere leesstof:

 “Glory”, “Enterprise”, and “Holiness” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

God gee dat ons almal van daardie gelukkige mense sal wees.  As ons God ons God kan noem, sal ons probeer, deur die Heilige Gees, om soos God te wees. Sy Goddelike beeld sal op ons siele gestempel wees; ons sal probeer om volgelinge van God, ons Vader, te wees. Of ons nou eet of drink of wat ons ook al doen, sal ons dit tot eer van God doen. Jy wat God joune kan noem, mag God jou van hierdie oomblik af help om Hom meer en meer te verheerlik; As God jou God is en sy liefde jou hart oorstroom, sal jy by elke geleentheid bereid wees om sy eer en heerlikheid te bevorder. God, wees U hulle God en gee dat hulle God hulle eer mag wees. Here Jesus. Amen.

 

Hierdie gebed is deur George Whitefield (1714 – 1770) geskryf. Hy was ‘n Engelse Anglikaanse predikant. Hy het 13 maal oor die Atlantiese Oseaan gevaar en vir 34 jaar preek hy in Engeland en Amerika (as deel van wat as die Groot Ontwaking bekend staan). Jy kon sy stem oor groot afstande hoor. Dit word gesê dat hy by geleentheid deur meer as 30 000 mense in die buitelug gehoor is. (Onthou dit was voor die dae van mikrofone!) Hy het in sy lewe meer as 18 000 preke gelewer. Minder as 90 het behoue gebly.

 

Hierdie gebed kom uit:  “Sermon LXXIII: God a Believer’s Glory” in Sermons on Important Subjects by the Rev. George Whitfield (London: Fisher, Son & Jackson, 1832), 764–768.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

Die Heidelbergse Kategismus – lees dit weer

Paul Tripp.

Kevin deYoung sê dat ons weer die Heidelbergse Kategismus moet lees. Vir meeste van ons ouer mense was hierdie Kategismus ‘n straf. Ons moes dit leer en die leraar het gereeld Kategismus-preke gepreek. Hoekom moet ons dan nou weer die Kategismus lees?

 

  • Die Kategismus is vanjaar 450 jaar oud – 19 Januarie 1563 tot vandag.
  • .
  • Daar is goeie hulpbronne om ons te help om die geskiedenis en teologie van hierdie Kategismus te verstaan. Die belangrikste is seker Commentary geskryf deur Zacharius Ursinus – die hoofouteur van die Kategismus.
  • Die Kategismus is vol van die evangelie. Dit is ‘n Bybelgetroue soeke na God se genade. ‘n Mens kry nie sommer ‘n beter uiteensetting as Vraag 1 nie. Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? En dan die antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort.

Miskien moet almal van ons wat so skepties oor die Heidelbergse Kategismus was net weer daarna kyk.

God: Die Bron van Waarheid

Martin Luther.

God: Die Bron van Waarheid

(John M. Frame, Apologetics To The Glory Of God)

Baie jare gelede het ‘n man gevra: Wat is die waarheid? (Johannes 18:38). Hierdie man was natuurlik Pilatus tydens Jesus se verhoor.

Dan is daar mense wat glo dat daar nie so iets soos die absolute waarheid is nie – en hulle is ook absoluut oortuig daarvan dat hulle reg is. Hoe nou gemaak? Wie is reg? Wie se “waarheid” is waar? Hoe hanteer ons dit?

Om die vrae te kan beantwoord, moet ons na die definisie van waarheid gaan kyk. Daar moet ‘n standaard wees anders kan ons nooit die aansprake op die waarheid meet nie. Elke mens kan tog nie sy eie standaard bepaal nie. Dan is die waarheid relatief sonder ‘n absolute standaard. Wat vir die een man die waarheid is, sal dan vir die ander een ‘n leuen wees.

Maar wat is hierdie standaard? Dit moet absoluut wees, want as die waarheid gedurig verander is daar in werklikheid geen waarheid nie – die doelpale is gedurig besig om te skuif. David Hume, die groot skeptikus het gesê niemand weet wat die waarheid is nie. Gelukkig weet ons wat die Bron van absolute waarheid is: God