Die Tien Gebooie: Rus verseker (2).
When Christ calls a man, he bids him come and die – Dietrich Bonhoeffer
Die Tien Gebooie: Rus verseker (2).
Ons het vanjaar reeds na die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Ons Vader-gebed gekyk. Ons gaan nou na die Tien Gebooie kyk. Ek gaan onder andere gebruik maak van Michael S. Horton se The Law of Perfect Freedom.
Hebreërs 4 help ons met die gebod oor die sabbatdag. In 3:5 – 6 bevestig die skrywer Christus se voorrang bo Moses. In 3:12 – 15 en 19 waarsku die skrywer sy gehoor: Broers julle moet toesien dat daar nooit by een van julle ‘n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie ..