Totsiens, Christelike Amerika; Hallo, ware Christenskap

Hierdie is ‘n artikel van Richard Stearns, die President van World Vision.

Daar was ‘n tyd toe ons aanvaar het dat almal Christene was. Daardie tyd is lankal verby. In ‘n onlangse opname deur die Pew Forum on Religion and Public Life, het die aantal Protestante vir die eerste keer onder 50% geval.

20% van Amerikaners sê hulle is nie gelowig nie – geen godsdiens nie. Ons, ook in Suid-Afrika, is op pad na ‘n sekulêre staat. Baie Christene reageer op hierdie kultuurskuif met frustrasie.

Die soort Christelike geloof waarop die wêreld positief reageer is: Jy moet jou naaste liefhê. Wetgewing of hofsake gaan geen verskil maak nie. Geen wonder almal weet waarteen kerke is nie, maar min weet waarvoor kerke is.

Wat is Afgodery?

Wat is Afgodery?

Ons sien dikwels afgodery in ons voornemens vir 2013. Neem ons hierdie besluite omdat ons God wil verheerlik? Of besluit ons om dinge te doen wat ons beter sal laat voel oor die afgode wat ons aanbid? Om gewig te verloor is ‘n goeie voorneme, maar nie as ons hierdie besluit vir die verkeerde redes neem nie.

Ons sien twee soortgelyke definisies van afgodery in Paulus se briewe:

  • Efesiërs 5:5: Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ‘n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.
  • Kolossense 3:5: Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is.

In beide gedeeltes word gierigheid gesien as afgodery. Die Griekse woord beteken letterlik “om te begeer om meer te hê as wat jou toekom.” Dit beteken die gierige persoon is nie tevrede met die deel wat God vir hom afgemeet het nie. Dit sluit God self in – hy is nie tevrede met God nie. Daarom kyk hy voortdurend elders vir bevrediging. Klink nogal bekend.

Afgodery is soos gierigheid in die sin dat mense ontevrede is of word met wie God is en wat Hy vir hulle doen – hulle soek elders vir bevrediging. Hulle neem hulle oë weg van die Gewer en kyk na die gawes vir hulle vervulling. Dit sluit in fisiese plesier – kos, seks, oefening – wat nie een inherent sleg is nie. Dit sluit ook ontasbare dinge soos ambisie, produktiwiteit, leer en sosiale aanvaarding in. Wat beteken dit? Alles kan en alles was al ‘n afgod, want die mens het al alles in die plek van God gestel.

 




‘n Nuwe Kategismus: Vraag 2

‘n Nuwe  Kategismus: Vraag 2

Vraag: Wie/Wat is God?

Antwoord: God is die Skepper en onderhouer van almal en alles. Hy is ewig, oneindig en verander nie in sy mag en volmaaktheid, goedheid en heerlikheid, wysheid, geregtigheid en waarheid nie. Niks gebeur behalwe deur Hom en volgens sy wil nie.Onderstreep is antwoord vir kinders.]

 

Teksvers:

(Psalm 86:8 – 10 en 15)

Kommentaar:

The Mute Christian Under the Smarting Rod  was waarskynlik sy bekendste boek. Hierdie aanhaling kom uit Christ’s Eternal Deity Proved uit The Complete Works of Thomas Brooks, onder redaksie van Eerw. Alexander Balloch Grosart, Volume 5 (Edinburgh: James Nichol, 1866), 150–157.

 

Verdere Leeswerk:

 “Self-existence”, “Transcendence”, and “Almightiness” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

Gebed:

John Wesley (1703–1791). Hy was ‘n Engelse prediker en teoloog. Saam met sy broer, Charles, het hulle die Engelse Metodiste beweging gevestig. Hy het wyd gereis, gewoonlik te perd, en het twee of drie maal per dag gepreek. Dit word beweer dat hy meer as 40 000 preke gepreek het. Hy was ook ‘n bekende skrywer van liedere.

Uit “Forms of Prayer: Thursday Morning” in The Works of the Reverend John Wesley, Volume 6 (New York: J. Emory & B. Waugh, 1831), 392.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

Nuwe Kategismus: Vraag 1

Nuwe  Kategismus: Vraag 1

[Onderstreep is antwoord vir kinders.]

 

Teksvers: Niemand van  ons leef tog vir onsself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here (Romeine 14:7 – 8)

Kommentaar:

Hoeveel het dit die man wat geleer het dat hy nie sy eie is en daarom die oorheersing en heerskappy van sy eie rede weggeneem het sodat hy dit aan God kan oorgee, nie gebaat nie. Om ons selfbelang voorop te plaas, is ‘n ramp wat tot ons vernietiging lei. Die enigste toevlug vir ons verlossing is om wys in niks te wees en om niks vir onsself te wil nie, maar om slegs die leiding van die Here te volg.

Hierdie kommentaar kom uit Johannes Calvyn se Institutes of the Christian Religion. Calvyn, teoloog, administrator en pastor is in Frankryk gebore. Sy familie was streng Rooms-Katolieke. Dit was egter in Genève waar hy die grootste deel van sy lewe gewerk het en van waar hy die Gereformeerde Kerk georganiseer het. Behalwe die Institutes het hy ook die Geneefse Kategismus en baie Skrifkommentare geskryf.

Gebed:

The Mute Christian Under the Smarting Rod  (Waaruit hierdie aanhaling kom) was waarskynlik sy bekendste boek.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church