Die Laaste Avondmaal

(Midrash Rabbah 2:8)

Die Laaste Avondmaal

In 1977 kry Pinin Barcilon die opdrag van ‘n lewe – sy moes die restourasie van Leonardo da Vinci se Laaste Avondmaal lei. Hierdie taak sou haar 23 jaar lank besig hou. Da Vinci het hierdie skildery in 1498 op die muur van ‘n klooster in Milaan geskilder.

Hy was altyd besig om te eksperimenteer en hier gebruik hy ‘n nuwe formule vir sy verf. Hierdie verf het reeds voor sy dood begin afskilfer.

Al het die mense dit as ‘n meesterstuk beskou, is geen poging aangewend om dit teen besoedeling en humiditeit te beskerm nie. Toe Barcilon haar werk begin, het vyf eeue se stof, skimmel en roet die werk amper onherkenbaar verdonker. Die grootste uitdaging was egter om die vorige rampspoedige pogings om die werk te restoureer, ongedaan te maak. Lae vernis, gom en was is gebruik en elke poging maak die skildery net donkerder. Nog erger: amateurs het oor da Vinci se werk geverf. Die beelde was verwronge, detail is uitgeverf, want die amateurs het dit nie verstaan nie en hulle het hulle verbeelding gebruik om sogenaamde “gapings” in te vul.

Die kern van die toneel het nie verander nie. Da Vinci se skildery wys steeds die toneel nadat Jesus gesê het dat een van sy dissipels Hom binnekort sou verraai. Die restourasie het wel die oorspronklike skoonheid van die kunstenaar se meesterstuk uitgebring – die gesigsuitdrukkingS en liggaamstaal van Jesus en sy dissipels.

Net soos Barcillon da Vinci se oorspronklike meesterstuk blootgelê het, het ons nuwe instrumente ontwikkel om die beeld van Jesus wat die evangelieskrywers eerste vir ons gegee het, bloot te lê. Ons dink aan argeologie, die ontdekking van antieke tekste, ens. Is dit nie tyd om al die aanpaksel van die evangelie te verwyder en weer nuut en met bewondering na die evangelie te kyk nie.

‘n Gebed vir Sandy Hook-laerskool

 

‘n Gebed vir Sandy Hook-laerskool

Die bekende skrywer, Max Lucado, het die volgende gebed geskryf na aanleiding van die skietery by Sandy Hook-laerskool skool. Treffend.

 

Dear Jesus,

It’s a good thing you were born at night. This world sure seems dark. I have a good eye for silver linings. But they seem dimmer lately.

The whole world seems on edge. Trigger-happy. Ticked off. We hear threats of chemical weapons and nuclear bombs. Are we one button-push away from annihilation?

Herod went on a rampage, killing babies. Joseph took you and your mom into Egypt. You were an immigrant before you were a Nazarene.

Oh, Lord Jesus, you entered the dark world of your day. Won’t you enter ours? We are weary of bloodshed. We, like the wise men, are looking for a star. We, like the shepherds, are kneeling at a manger.

This Christmas, we ask you, heal us, help us, be born anew in us.

Hopefully,

Your Children

 




Hoekom slaag Josua?

Hoekom slaag Josua?

Vir 40 jaar lank swerf die Israeliete in die woestyn rond – hulle droom van die beloofde land is oënskynlik daarmee heen. Toe kom die Here en gee aan Josua die opdrag om oor die Jordaan te trek – na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee (1:2). Hoekom slaag Josua?

Wat belangrik is, is om raak te sien dat dit nie die omstandighede was wat Josua se sukses verseker het nie – die redes lê in sy hart. Sukses lê in onsself en God se woord en nie in ons omstandighede nie.

Kom ons kyk na enkele faktore wat Josua se sukses bepaal het.

  • Besef dat jou grootheid in God geleë is. Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik (Markus 10:27). Ons kry dieselfde in Matteus 19:26. Josua ry nie Kanaän binne op ‘n swierige perd nie, maar hy trek in as gevolg van ‘n belofte van God: Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom (1:3).
  • Al God se beloftes aan ander is ons s’n deur geloof. God se woord geld vir ons. Ons moet sy beloftes in geloof aanvaar. Wat was God se belofte aan Josua? Van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees (1:4). Die land was Israel s’n – deur geloof.
  • Moenie wag vir die regte omstandighede nie. God is met jou en jy het niks meer nodig nie. Ons kan vooruit gaan met moed. Luister wat sê God vir Josua: Wees sterk, wees vasberade (1:6). God herhaal dit nog twee maal:Wees veral sterk en baie vasberade (1:7); Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie (1:9).
  • Glo God se woord en reageer daarop. God gee nie vir Josua ‘n lang waarskuwing nie – binne drie dae moet hy deur die Jordaan trek (1:11). Israel was aan die oostekant van die Jordaan vir ‘n geslag lank. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë (Numeri 13:33). As jy dink jy is ‘n sprinkaan is jy een. Want soos hy in sy siel bereken, so is hy (Spreuke 23:7 – OAV). In God is ons nie sprinkane nie.

Wat gebeur hier. Toe God vir Josua roep sê Hy: Moses my dienaar is dood Maak jou gereed en trek deur die Jordaanrivier, jy en die hele volk (1:1 – 2). Soos Josua moet ons alle gevoelens dat ons minderwaardig is, weggooi. Onthou: Ons grootheid lê net in God. Dieselfde God wat by Moses was, was by Josua en is by ons.

Swaarkry help my

Courage is more exhilarating than fear and in the long run it is easier. We do not have to become heroes overnight. Just a step at a time, meeting each thing that comes up, seeing it is not as dreadful as it appeared, discovering we have the strength to stare it down. Eleanor Roosevelt

Swaarkry help my

(Psalm 119:67)

(Psalm 119:71)

Dit is verbasend dat baie Christene glo dat Christus sy volgelinge teen swaarkry sal beskerm.

As ons in die geskiedenis teruggaan, is dit opvallend dat baie gelowiges deur die eeue eers doeltreffend was nadat hulle gewond is. Wonde bring nederigheid, berou, deernis en ‘n verlange na kennis van God.

In sy boek Men Who Met God skryf A. W. Tozer dat hy wens gelowiges vandag weet wat die vroeë Christene bedoel het toe hulle gepraat het van “gewond deur die Heilige Gees.” In elke geslag het die mense wat God gevind het aan die einde van hulleself gekom – hulle het besef dat hulle alleen nie verder kon gaan nie. Nadat hulle hulle hopeloosheid besef het, was hulle bereid om hulleself aan die barmhartigheid en genade van ‘n God wat vergewe oor te gee.

Here, moenie dat ek die wonde wat my nederig hou, vermors nie. Doen U groot werk in my en help my om reg te reageer en om alles wat U my wil leer te leer . Amen.