Onderrig en leer in Ooste en Weste

 

Onderrig en leer

Stigler, ‘n Professor in Sielkunde aan die Universiteit van Kalifornië, bestudeer leer en onderrig in verskillende dele van die wêreld. Hy het ‘n baie interessante waarneming gemaak oor die benadering tussen die Weste en die Ooste tot mense wat intellektueel sukkel. In die Weste word kinders wat intellektueel sukkel, gesien as kinders met ‘n lae vermoë. Mense wat skrander is, sukkel nie – hulle verstaan dinge natuurlikerwys.

 

In die Oosterse kulture word sukkel as ‘n geleentheid gesien. Dit word eenvoudig aanvaar dat sukkel ‘n voorspelbare deel van die leerproses is. Dit word van almal verwag om te sukkel. Daarom word dit ‘n geleentheid vir die skolier om te wys dat hy emosioneel in staat is om die probleem op te los as hy volhard. Hulle word geleer dat sukkel ‘n goeie ding is.

Om intellektueel te sukkel word as ‘n aanduiding van swakheid in die Weste gesien. In die Oosterse kultuur word dit nie net aanvaar nie, maar word dit as ‘n maatstaf vir emosionele krag en vasberadenheid gesien.

Miskien moet ons ons benadering tot kinders wat intellektueel sukkel weer herdink.




Dit laat ‘n mens dink

 “God has ordained that our preaching become deeper and more winsome as we are broken, humbled, and made low and desperately dependent on grace by the trials of our lives.” ~John Piper

 

Dit laat ‘n mens dink

Andy Stanley is ‘n Southern Baptist – ‘n konserwatiewe denominasie. Sy vader was twee maal die president van die Southern Baptist Convention. Hy vertel iets van sy verlede:

“Ons was Southern Baptists en al die ander was verkeerd. Ek het grootgeword vas oortuig dat ons die enigste ware Christene was.

 

 

Een Sondag het ‘n gay pride groep ‘n parade beplan wat voor my vader se kerk verby sou marsjeer. Die leiers van die gemeente is vooraf gewaarsku en daarom reël hulle dat die diens vroeër klaarmaak. So sou die lidmate kontak met die groep vermy. Die organiseerders van die optog het egter hulle skedule verander. Toe die First Baptist lidmate uit die kerk kom, is die parade daar. Die lidmate gaap die parade aan.  Oorkant die straat was ‘n Metodiste kerk. Hulle deel bekers met water aan die deelnemers aan die parade uit. Hulle dra ook plakkate: “Almal welkom. Kom aanbid saam met ons.” En ons is die kerk wat na elke preek sing: Net soos ek is. En nou? Ons veroordeel ‘n groep mense met wie se lewenstyl ons verskil.”

 

Hoe tree ons op teenoor mense van wie se lewenstyl ons verskil?




Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

. -Olive Schreiner, skrywer (1855-1920)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (15)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Naskrif

Daar is twee sake wat nie deur die Apostoliese Geloofsbelydenis hanteer word nie:

 

Die Skrif. Dit is die finale gesag vir sake van geloof en die Christelike praktyk. Moontlik is dit omdat die belydenis voor die finalisering van die Bybel voltooi was. Die belydenis verplaas beslis nie die Skrif nie. Saam werk hulle om ons meer en meer soos Jesus te vorm. Die belydenis het geen gesag buite die Skrif nie. Die belydenis vestig ons aandag op wat noodsaaklik is in die Skrif.

Die onderrig van Jesus. Die belydenis spring van Jesus se geboorte na sy lyding, dood en opstanding – niks van Jesus se gelykenisse nie. Natuurlik speel Jesus se onderrig ‘n noodsaaklike rol in die lewe van alle gelowiges. Gelowiges moet sy onderrig in ons lewens uitleef. Dink maar net aan Jesus se onderrig oor die koninkryk van God, die bergrede en al sy gelykenisse om net ‘n paar te noem.

Die Bybel is primêr. Die geloofsbelydenisse is waardevolle hulpmiddels.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (14)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (14)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 Die lewe: Ek glo aan … ‘n ewige lewe

 

Johannes begin sy evangelie met hierdie woorde: In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie (1:4 – 5). Jesus noem Homself die brood wat lewe gee en die opstanding en die lewe. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Johannes 10:10). Toe van Jesus se dissipels Hom verlaat het, vra Hy vir die twaalf of hulle nie ook wil weggaan nie. Petrus antwoord dan: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee (Johannes 6:68).

Hierdie lewe kan ons nie in onsself kry nie. Ons kan hierdie lewe ondervind, want Jesus gee ons daartoe toegang: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6).

Maar wat het ons nodig om hierdie lewe te ondervind?

Geloof – ons moet in iets glo. Die geloofsbelydenis maak dit duidelik wat hierdie iets is waarin ons moet glo. Natuurlik kry ons nie in die belydenis alles wat ons van God moet weet nie, maar dit is die fondament. Geloof verbind ons met die verlede – wat God gedoen het en hoe Hy Hom aan ons geopenbaar het.

Liefde. Ons het mense met wie ons ons liefde en ons lewe kan deel nodig. Liefde gaan oor verhoudings. Geen wonder Jesus het die gebooie opgesom in een woord nie – liefde.

Die Didache, ‘n antieke versameling van Christelike uitsprake, sê dat daar twee weë is – een van Lewe en een van Dood. Die Apostoliese Geloofsbelydenis open die deur na die ewige lewe.