Psalm 119:47

Jare gelede het hulle vir John Stott gevra waarom die kerk in Afrika, Suid-Amerika en Asië ontplof, maar in Europa en Noord-Amerika agteruitgaan. Sy antwoord was kort en kragtig:

Psalm 119:47

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap)

 

In die vorige vers het die psalmis gesê: Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie. In die oorspronklike is daar ‘n sterk verband tussen verse 46 en 47. Om jou in God se gebooie te verlustig, of vreugde daarin te vind, is ‘n belangrike tema in Psalm 119 (verse 14, 16, 24, 36, 47, 70, 77, 92, 143, 174). Wat selfs nog meer in die psalm voorkom, is liefde vir God se gebooie.

God se gebooie/opdragte is soms baie eenvoudig.

God, laat ons ons in u gebooie verlustig. Amen.

‘n Vriendelike gemeente vir mense met geestesongesteldhede

‘n Vriendelike gemeente vir mense met geestesongesteldhede

  • ‘n Skriftelike dokument wat beskikbaar is en wat dit duidelik stel dat geestesongesteldhede nie sonde of as gevolg van ‘n gebrek aan geloof of iets is wat sommer sal verdwyn as jy jou net regruk nie, is van groot waarde.
  • Nie net Sondae nie. Steungroepe en aktiwiteite gedurende die week is ook belangrik.
  • Aanvaarding. Miskien is my depressie so erg dat ek nie juis ‘n bydrae kan maak nie, maar as jy by my sit en my aanvaar is dit vir my van groot waarde.
  • Hulp as ek in die nood is. Daar is ‘n lys van mense na wie ek kan gaan – mense wat vir my sal bid en met wie ek oor my probleme kan praat. ‘n e-posadres waarheen ek my gebedsversoeke kan stuur help reeds.
  • Mense wat oplet. Party dae voel ek te sleg om die erediens by te woon. Is daar iemand wat sal vra waar ek is? As ek wel die Sondag kom, is daar iemand wat sal vra hoe dit gaan en my tuis sal laat voel?
  • Goeie luisteraars. Mense wat nie sommer instorm en raad gee nie. Mense met geestesongesteldhede kry baie advies. Soms is dit lekker as iemand net luister.
  • Geen kitsoplossings nie. Geestesongesteldhede word selde oornag genees – genesing kom met tyd. Sommige word nooit genees nie. Moenie gefrustreerd word as ek nie vinnig herstel of gereeld terugvalle kry nie.
  • Liefde. Om mense met geestesongesteldhede lief te hê, is nie altyd maklik nie. Onthou altyd hulle kry seer en probeer hulle beste. Daarom wees altyd vriendelik en liefdevol met hulle.
  • Hierdie is waarskynlik die mees verwaarloosde groep in ons gemeente. Is dit nie dalk waar God wil hê jy moet jou bydrae lewer nie?

    Die Apostoliese Geloofsbelydenis (10)

    Die Apostoliese Geloofsbelydenis (10)

    Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

    Die kerk: Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.

     

    Ons gemeenskappe staan vol kerkgeboue. Om saam met mede-volgelinge van Jesus in ‘n spesiale plek bymekaar te kom, is belangrik vir ons geestelike groei. Dit is ‘n sigbare herinnering dat daar meer aan die lewe is as besigheid, inkopies, vermaak, ens. Ongelukkig kan die gebou ons fokus van wat die ware kerk moet wees, wegtrek. Die kerk is mense.

    Dit skep vir ons ‘n probleem. Baie mense sien die kerk as die plek waar jy vriende ontmoet en so ‘n ietsie van God leer. Hierdie is ‘n selfsugtige motivering – ons wil ons begeertes gedryf deur ons verbruikersmentaliteit bevredig. Wat nodig is, is dat ons ons priesterlike identiteit aanvaar en God deur die plaaslike gemeenskap dien.

    God het die kerk tot stand gebring om vir die wêreld te wys hoe ons moet leef – verhoudings, die huwelik, die gesin, geregtigheid ens. Ongelukkig word die kerk so dikwels deur interne struwelinge gekenmerk. Dit vereis nederigheid en selfopoffering. Sien die samelewing reg en geregtigheid in die kerk?

    Die kerk is ook ‘n algemene kerk. Dit beteken ons glo aan ‘n groter kerk as net ons eie plaaslike gemeente. Dit bestaan uit mense dwarsoor die wêreld wat in Jesus glo, die Skrif liefhet en die belydenis aanvaar. Maar wat van al die verskillende denominasies? Die belydenisse is die basis waarop ons die eenheid in die kerk behou. Ons kan verskil oor kerkleierskap of die vorm van openbare aanbidding, ens. Ons mag egter nooit toelaat dat hierdie nie-noodsaaklike elemente die belangrikste elemente in die lewe van die kerk word nie.

    My Roeping: Hoe stel ek dit vas?

    (Henri Nouwen)

    My Roeping

    Die kerk sit vol mense wat angstig is om van God te hoor. Om God te hoor en te doen wat Hy sê, is twee verskillende dinge. Baie van ons glo dat God ‘n plan en doel vir ons lewens het, maar hoe stel ons dit vas? Die grootste rede waarom mense nie kan vasstel wie hulle is, is omdat hulle nog nie vir God ontdek het nie, want as jy Hom ken, verander jy.

     

    Hoe stel ek my roeping vas?

    • Ontdek God

  • Ontdek wie jy in Christus is
  • As ek God ken, verander Hy my. As die Heilige Gees in ons woon, word ons verander en herstel. Ons word meer die weerkaatsing van Christus – iets wat ons veronderstel is om te wees. Jy is die enigste persoon wat gekwalifiseer is om dit te doen waarvoor God jou geskep het. Sonder Christus verloor ons ons kwalifikasies. As gelowige is jou doel om die koninkryk van God uit te bou, maar in hierdie projek het elke gelowige ‘n spesifieke rol wat hy moet vervul. Dit is hierdie spesifieke rol wat God aan ons moet openbaar. Hiervoor het ons ons geestelike gawes nodig, maar sy Gees moet jou daartoe bemagtig. As jy onseker is of God jou spesifiek lei, gaan jy aan en doen die dinge waarmee jy besig is. Intussen verdiep jy jou verhouding met God. Moet net nie op een plek vashaak nie. Miskien is jy alreeds op jou regte plek.

  • Begin
  • Mentors om jou raad te gee en te verseker dat jy op die regte pad is.
  • Mense saam met jou om jou daaraan te herinner dat jy nie alleen is nie.
  • Mense wat nog nie so ver as jy op die pad gevorder het nie. Dit is belangrik om die volgende geslag te bou.
  • Druk deur na jou doel
  • God roep elkeen van ons. Vind uit wat jou roeping is en leef dit uit.