Psalm 119:46

 When you choose your friends, don’t be short-changed by choosing personality over character” –  W. Somerset Maugham

Psalm 119:46

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap)

 

Die psalmis praat hier oor regte konings. In die tyd van die Ou Testament kon ‘n koning slegs oor ‘n paar duisend mense geregeer het. In Genesis 14 lees ons van vier konings wat oorlog maak teen vyf konings – twee koalisies. Daar lyk dit asof ‘n koning net oor ‘n stad heers – amper soos ‘n burgermeester. Hulle is waarskynlik nie demokraties verkies nie.

Maar dit sou nogtans moed vereis het om voor ‘n koning van God se getuienisse/verordeninge te praat. Wat gee aan die psalmis die moed om so iets te doen? Hy weet dat hy nie beskaam sal word nie. As jy in die openbaar wil praat, het jy vertroue nodig. Het jy al ‘n spreker gesien wat sy vertroue verloor het? Jy kry so iemand baie jammer. Die psalmis het egter volle vertroue in God en in sy woord.

Maar waar kom hierdie vertroue vandaan? As ons hierdie psalm in sy geheel lees, is dit as gevolg van sy lewenslange verhouding met God en ‘n algemene toewyding aan God se verordeninge.

Is ons bereid om openlik oor God en sy woord te praat of is ons skaam?

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (9)

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (9)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Die Gees: Ek glo in die Heilige Gees

 

Voordat Jesus opgevaar het, beveel Hy sy dissipels om in Jerusalem te wag op die gawe wat die Vader belowe het (Handelinge 1:4). Op die dag van die pinksterfees word die Heilige Gees uitgestort en Jesus se volgelinge word gevul met die teenwoordigheid van God. Die Heilige Gees, soos die wind, word nie maklik gedefinieer nie. Wie en wat is die heilige Gees.

  • Die Heilige Gees is God. Dit beteken Hy is persoonlik en ons kan ‘n verhouding met Hom aangaan. Hy is nie ‘n krag of energie nie. Hy maak God ‘n werklikheid in ons lewens.
  • Die Heilige Gees is die Gees van waarheid. As die Heilige Gees in ons midde werk, kom die waarheid na vore.
  • Die Heilige Gees is die Gees van heiligheid. Om heilig te wees, is nie dieselfde as om godsdienstig of geestelik te wees nie – heiligheid beteken ek word afgesonder. Die Heilige Gees verander ons sodat ons meer en meer soos Christus word – beelddraers van God.
  • Die heilige Gees produseer vrugte. Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Galasiërs 5:22 – 23)
  • Die Heilige Gees kan nie deur menslike rede beperk word nie. Ons kan nie die Gees inperk of ten volle verstaan nie.

Ek is ‘n lidmaat

Ek is ‘n lidmaat

Mense spring van die een gemeente na die ander. Lidmaatskap vandag is ‘n teiken wat gedurig aan die beweeg is. Maar is dit nou belangrik om ‘n lidmaat te wees? Kan ek nie maar sommer net die eredienste bywoon nie?

 

Lidmate moet besef dat lidmaatskap gepaard gaan met sekere verantwoordelikhede en verwagtings:

  • Doeltreffende lidmate is uiteindelik verantwoordelik vir hulle eie geestelike groei.
  • Hulle aanvaar en gee die 4 T’s: time, talent, treasure and testimony.
  • Hulle gee om vir mekaar.
  • Hulle spandeer tyd om nuwe besoekers of gaste te ontmoet en met hulle te praat.

Doeltreffende lidmate is nie net belangrik vir die groei van die gemeente nie, maar vir die groei van die lidmate self. ‘n Gemeente met doeltreffende lidmate kan makliker in die samelewing uitreik.

Is jy ‘n doeltreffende lidmaat of ‘n rustende lidmaat?




Landmyne

. -Herman Melville, skrywer en digter (1819-1891)

Landmyne

Landmyne is een van die dodelikste wapens tydens ‘n oorlog. Hoeveel soldate is nie al dood of vermink toe hulle onwetend op ‘n landmyn getrap het nie. Dieselfde geld vir die geestelike terrein. Dodelike landmyne lê verspreid op die pad van elke Christen. Hulle rig groot skade aan as Christene, wat niks vermoed nie, een van hulle aftrap.

 

Hierdie het nie sommer oornag gebeur nie – dit was ‘n stadige proses van verkeerde keuses wat God se opdragte verontagsaam het. Ons glo dikwels dat een klein treetjie weg van God nie ‘n probleem is nie – ons kan mos maklik weer omdraai. Satan wag vir daardie een treetjie. Nou het hy ‘n vastrapplek en hy sal sy aanslag verdubbel. Nou raak elke tree weg van God net makliker. Binnekort probeer jy jouself oortuig dat wat jy doen nie werklik sonde is nie.

Kompromieë is gevaarlik al besef jy dit nie altyd nie. Dit verbreek jou verhouding met God. Omdat jy die Heilige Gees geïgnoreer het, word jou vermoë om versoeking te weerstaan ondermyn. Ongelowiges sien gou valsheid in Christene raak – daarom aanvaar hulle nie meer jou getuienis nie.