Onderrig en leer
“God has ordained that our preaching become deeper and more winsome as we are broken, humbled, and made low and desperately dependent on grace by the trials of our lives.” ~John Piper
Onderrig en leer
Stigler, ‘n Professor in Sielkunde aan die Universiteit van Kalifornië, bestudeer leer en onderrig in verskillende dele van die wêreld. Hy het ‘n baie interessante waarneming gemaak oor die benadering tot kinders wat intellektueel sukkel tussen die Weste en die Ooste.
In die Weste word kinders wat intellektueel sukkel gesien as kinders met ‘n lae vermoë. Mense wat skrander is, sukkel nie – hulle verstaan dinge natuurlikerwys.
In die Oosterse kulture word sukkel as ‘n geleentheid gesien. Dit word eenvoudig aanvaar dat sukkel ‘n voorspelbare deel van die leerproses is. Dit word van almal verwag om te sukkel. Daarom word dit ‘n geleentheid vir die skolier om te wys dat hy emosioneel in staat is om die probleem op te los as hy volhard. Hulle word geleer dat sukkel ‘n goeie ding is.
Om intellektueel te sukkel word as ‘n aanduiding van swakheid in die Weste gesien. In die Oosterse kultuur word dit nie net aanvaar nie, maar word dit as ‘n maatstaf vir emosionele krag en volharding gesien.
Miskien moet ons ons benadering tot kinders wat intellektueel sukkel weer herdink.
1.2 God se verbond met Abraham Die begrip “verbond” is dwarsdeur die Bybel bekend. Maar heel spesifiek die verbond van God met Abraham is een van die sentraalste sake in die Bybel, en dit loop ook dwarsdeur die Bybel. Die sinnetjie wat verreweg die meeste in die Bybel voorkom, is die verbondsformule: “Ek sal vir julle ’n God wees, en julle sal vir My ’n volk wees.” Dit klink alles miskien net te maklik. Daar is tog van meer as een verbond in die Bybel sprake, en die verbond van die Ou Testament word tog in die Nuwe Testament vervang deur die nuwe verbond. Of is dit regtig so? ’n voorbeeld wil noem van regverdiging uit genade en deur die geloof, dié manier waarop Paulus ons redding verstaan, is Abraham die voorbeeld wat hy kies (Rom 4:1 ev). die diere ’n maat kry nie, maak God vir hom iemand net soos hy, sy gelyke. En dan kom kuier die Here smiddags vir hulle. Intussen verwag Hy van hulle om Hom te gehoorsaam. Is dit nie die wesenlike trekke van die verbond wat later in meer besonderhede in die verbond met Abraham gestalte gaan kry nie? Bestaan hierdie verbond van die begin af in ’n ander vorm? Die verbond As eerste punt moet ons kyk na die feit dat ons van ’n “verbond” praat, en nie net ’n verhouding of ’n ooreenkoms nie. Die mens is ’n verhoudingswese, daaroor sal ons nog baie skryf (hoofstuk 5). Maar daaroor praat sosioloë ook, en baie sinvol. Maar die vraag is wat die aard en inhoud van die verhoudings is/behoort te wees waarin die mens leef. Hieroor sal die sosioloë en ander vakwetenskappe hulle nie uitspreek nie. Maar dit is juis wat ons in die Bybel kry. Ons gaan kyk na die drie belangrikste verhoudings waarin die mens leef: Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za Skrywer: Prof Adrio KönigAlle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (1)
Alle Paaie lei na Jesus: God se verbond met Abraham (1) – Adrio König
Geestelike gawes , vrugte van die Gees en talente
Aristoteles (Metaphysics)
Geestelike gawes , vrugte van die Gees en talente
Die Heilige Gees gee aan elke gelowige ‘n besondere stel geestelike gawes wat gebruik moet word om ander op te bou. God gee aan ons gawes, talente en vermoëns. Maar ons moet tussen gawes, vrugte en talente onderskei.
- Geestelike gawes en vrugte van die Gees
Ek voel skuldig, want my gawes is nie so “goed” soos dié van ander nie. Ander voel skuldig, want hulle nie so passievol soos ek is nie. Alle gelowiges moet hulle geestelike gawes vasstel en dit dan in die gemeente gebruik. .
Val die kerk aan – enkele mites
. –Moliere
Val die kerk aan – enkele mites
Gelowiges moet hulle vermoë om te onderskei, opskerp. Hier is vier mites wat ons vandag algemeen hoor:
- God se woord is nie voldoende nie.
“Die woord van God het nie al die antwoorde vir die ingewikkelde probleme van vandag nie. Wat ons nodig het is sielkunde – letterlik die studie van die siel!”
Luister net wat sê sekere kerke: “Ons kerk is nie net ‘n kerk nie – dit is ‘n avontuur.” Dit is nie die antwoord op mense se probleme nie. Wat nodig is, is ‘n vertikale fokus op Christus self.
“Die woord ontwikkel nog – die boodskap verander nog. Alles is nog vloeibaar.” Hierdie mense glo dat die Bybel verskillende dinge vir verskillende mense beteken. In ons moderne kultuur beteken die Bybel eintlik iets anders as wat dit vir die vroeë Christene beteken het. Alles waarvan ons nie hou nie, is nou skielik van geen toepassing meer nie.
“Christus is nie uniek nie en daarom moet ons sy sogenaamde unieke boodskap verwerp.”