Hoekom bereik ons nie die kerklos mense nie?
Democracy means government by the uneducated, while aristocracy means government by the badly educated ― Gilbert K. Chesterton
Hoekom bereik ons nie die kerklos mense nie?
Thom Rainer, die President van LifeWay Christian Resources, ‘n navorsingsinstelling, identifiseer ‘n aantal redes waarom ons nie kerklos mense bereik nie. Hoekom sukkel ons so om ons geloof met ander te deel?
- . Eenvoudig gestel: Ongehoorsaamheid. Geestelike traagheid kom as ons God nie gehoorsaam nie. Die probleem is dat baie gelowiges nie geestelik groei nie. Dit lei, onvermydelik, dat ons nie Christus met ander wil deel nie.
- . Dit is waarskynlik een van Satan se doeltreffendste strategieë. Ons is so besig ons het nie tyd om dit wat die Bybel ‘n hoë prioriteit noem, te doen nie. Die kerklos mense wag dat ons hulle van Christus moet vertel – hulle moet op ons te-doen lysie wees, maar daar is nie plek op ons lysies nie. Watter prioriteit gee ons aan uitreik na kerklos mense?
- . Die boodskap van die Bybel is soms onverdraagsaam. Die een ware God maak dit baie duidelik dat daar geen ander gode kan wees nie – Hy is ‘n jaloerse God. Jesus het nooit gehuiwer om duidelik te sê dat Hy die enigste weg na die enigste ware God is nie. Ons is so bang ons word as onverdraagsaam beskryf.
- . Vir een of ander rede hou sommige gelowiges op om te getuig – dit is nie meer vir hulle ‘n prioriteit nie. Getuig, soos gebed en Bybelstudie, is ‘n dissipline wat gereeld beoefen moet word of ons verloor die gewoonte.
- . Wanneer laas het jy iemand wat lank laas in die kerk was, uitgenooi om ‘n erediens saam met jou by te woon? Eenvoudig, maar ons doen dit nie.
- – dit is nie op hulle radarskerm nie.
As ons mooi na hierdie redes kyk, is dit duidelik dat ons met God se hulp en krag hierdie mense kan bereik – ons moet net besluit dat ons dit moet doen.
Vrae Kinders peper mense met vrae – veral net voor hulle skoolouderdom bereik. Hulle leer egter gou dat te veel vra lei tot: “Want ek het so gesê!” Daarom leer meeste van ons om minder vrae te vra. Soos kinders is mense wat pas tot geloof gekom het ook nuuskierig. Soos kinders beperk hulle gou hulle vrae, want die antwoord op hulle vrae is: “Maar ons het dit nog altyd so gedoen!” Ons kla gedurig dat die kerk in die moderne wêreld irrelevant geword het. Een metode om hierdie probleem te oorbrug, is deur goeie antwoorde op goeie vrae te gee. As iemand vrae vra oor ‘n praktyk of idee beteken dit nie dat hy die waarde daarvan betwyfel nie. Maar om te praat waarom ons doen wat ons doen en glo wat ons glo, is vir ons van groot waarde. Hoekom? Ons doel is om die wil van God te doen – as individue en as gemeente van Christus. Moeilike vrae laat ons dink aan die verband (of gebrek aan verband) tussen God se wil en ons planne.
Jesus, die Vredemaker Die werk van Jesus Christus het die geestelike dinamika tussen Jode en heidene fundamenteel verander. Dit vee nie God se vroeëre beloftes aan die Jode uit nie. As dit egter by verlossing kom, het God nie afsonderlike paaie vir Jode en nie-Jode nie. Beide word deur die evangelie van genade en geloof in Jesus Christus verlos. Hierdie verandering was nie die gevolg van sosiale of politieke ingryping nie, maar as gevolg van ‘n Persoon. Jesus het die muur verwyder deur sy offer aan die kruis. Hierdie optrede van Hom open die weg van versoening.
Algemene en spesiale openbaring Openbaring verwys na die bekendmaking van iets wat vantevore onbekend was. In teologie beteken dit die openbaarmaking van die kennis van God se karakter en sy weë. In die Bybel lees ons van twee tipes openbaarmaking: Dit verwys na ons kennis van God wat in die skepping geopenbaar word: Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee (Psalm 19:2 – 3). Paulus maak dit duidelik in Romeine 1:18 – 20: God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat ‘n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want Gods het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Hierdie kennis van God kom na ons deur veral die profetiese woord wat ons in die Bybel kry. Dit is waarna Paulus in 2 Timoteus 3:14 – 15 verwys: Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was, en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Sonder hierdie heilige Skrif wat van God af kom – die spesiale openbaring – is verlossing onmoontlik. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” (Romeine 10:13 – 15) Die mens verwerp die algemene openbaring van God. Maar in sy genade stuur Hy vir ons ‘n ander Woord – een van barmhartigheid en versoening deur die dood van sy Seun. Almal wat hierdie openbaring ontvang en daarop vertrou, sal gered word. Vrae
Jesus, die Vredemaker
Algemene en spesiale openbaring