Die kerk van die armes
Who am I really, what others say about me?
Or am I only what I myself know of myself?
Who am I? They mock me, these lonely questions of mine.
Whoever I am Thou knowest, O God, I am Thine!
Letters and Papers from Prison
Die kerk van die armes
Weer een van Henri Nouwen se stukkies:
Ons verkies dikwels om nie deel van die liggaam te wees nie, want dan voel ons intens die pyn van ander. As ons ander werklik liefhet, voel ons werklik hulle pyn. Maar, versteek in die pyn is vreugde. As ons die pyn met ander deel, deel ons ook die vreugde.
Hierdie is voorwaar ‘n uitdaging vir ons.
Lewende water van genade Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as kind het God jou sy erfgenaam gemaak. Galasiёrs 4:7 Gedurende die vroeё 1500 was die kerk se voortbestaan op ‘n mespunt. Talle het probeer om God se genade onder die skuld van sonde toe te gooi. Onder geweldige druk van verskillende bronne, besluit één man om die dwalende kerk te red. Op 31 Oktober 1516 gaan timmer Maarten Luther die 95 stellings op die kerk in Wittenberg, Duitsland, vas. Daarmee stuur hy God se onsinkbare genadeboot weer op koers. En daarmee sê hy vir die wêreld dat ons God nie ‘n God-van-sondeskuld is nie, maar dat ons ‘n Here aanbid wie se goedheid geen perke ken nie. Dat ons ‘n God dien wat ons keer op keer onvoorwaardelik in sy arms toevou. Moet nooit toelaat dat enige iemand van jou ‘n skuldslaaf maak nie. In tye van twyfel kan jy maar die Here op sy Woord neem wanneer Hy sê dat sy bloed jou van álle skuld vrygewas het. Christus se koms het van sondaars, soos ek en jy, hemelse erfgename gemaak! Niemand se sonde is te groot vir God se genade nie en niemand is te ver weggedryf vir sy reddingsdade nie. Ook nie jy nie! Gaan staan vandag onder die waterval van God se vloeiende goedheid en voel hoe Hy elke stukkie skuldgevoel van jou skouers afwas en nuwe lewe in jou lewe laat vloei. Gaan dan en gaan leef met verligting en dankbare vreugde. Here-van-Genade, dankie dat U elke stukkie skuldlas eenvoudig van my af wegwas. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za
Milanie Vosloo Laat sy Liefde jou Lei: Lewende water van genade
Laat sy Liefde jou Lei: Lewende water van genade – Milanie Vosloo
Alle Paaie lei na Jesus: Inleiding
Alle Paaie lei na Jesus: Inleiding – Adrio König
Inleiding
Is die Bybel regtig so ’n deurmekaar boek? Kan ’n mens regtig die Bybel gebruik om net omtrent enige standpunt te (probeer) verdedig? Ek weet mense doen dit. Maar laat hulle daarmee reg aan die Bybel geskied?
Is die teendeel nie waar nie? Lees hierdie boek en kry die belewenis dat daar merkwaardige lyne in die Bybel loop, dat bepaalde temas sinvol ontwikkel word oor ’n tydperk van eeue. Miskien die grootste onreg wat moderne radikale kritici aan die Bybel kan doen, is om dit te versnipper in klein, losstaande eenhede. Daar is samehang, ontwikkeling, interafhanklikheid in die Bybel.
Maar meer nog. Daar moes in Jesus se lewe en optrede ’n merkwaardige rykdom en verskeidenheid gewees het. Hoe anders kon die skrywers van die Nuwe Testament Hom in soveel verbande plaas, soveel profesieë in Hom in vervulling sien gaan, soveel aansprake maak oor sy oorweldigende betekenis? Daar is ’n sin waarin Hy die groot verskeidenheid temas van die Ou Testament soos ’n magneet saamtrek in Homself. ’n Mens kan skaars dink aan enige belangrike saak in die Ou Testament wat nie op een of ander manier in die Nuwe met Hom in verband gebring word nie.
Was Luther regtig so verkeerd toe hy gesê het die kanon, dit wat gesaghebbend is in die Bybel, is dit wat met Hom in verband staan (was Christum treibet)? Nie dat alles regtig so maklik en eenvoudig verloop nie. ’n Mens kry telkens die gevoel dat die skrywers van die Nuwe Testament soms die Ou Testament gebruik op maniere wat nie vir ons aanvaarbaar is nie. Ook hulle gebruik van geskiedenis sou in ons tyd tereg onder skerp kritiek kon deurloop. Maar dan moet ons onthou ons kyk van 2 000 jaar later terug. Dit is moeilik (onmoontlik?) om regtig in hulle skoene in te klim en te besef watter metodes in hulle tyd aanvaarbaar was. Hulle was tog kinders van hulle tyd. Hulle het tog nie (kon tog nie) werk met ons denkraamwerk nie.
Wat opnuut vir my ’n ontnugtering was, is die radikale manier waarop daar met gebruike in die Ou Testament gebreek is, soos die tempelkultus (Hebreërs). Vir getroue Jode wat God se eeue oue voorskrifte oor offers en feeste ernstig geneem het, was dit ’n onvoorspelbare skok om dit alles die drein te sien afgaan. Om dit te kon hanteer, moes hulle vooraf op ’n oorweldigende manier deur Jesus gegryp gewees het. Hulle liefde vir Hom moes hulle as ’t ware blind gemaak het vir hulle eeue oue godsdienspleging in ooreenstemming met die voorskrifte van die Here.
Hierdie navorsing en skrywe was ’n opwindende ervaring. As dit vir jou net die helfte soveel beteken om dit te lees, sal jy klaar voel dit was oor en oor die moeite werd.
Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Alle Paaie lei na Jesus (2010) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die die middelpunt van ons geloof: Jesus Christus.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.
Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za
Skrywer: Prof Adrio König
Leef uit jou Doop: 8.4 Besware teen die bekeringsdoop
Leef uit jou Doop: 8.4 Besware teen die bekeringsdoop – Adrio König
8.4 Besware
Daar sal seker besware wees teen so ’n bekeringsdoop. Die sterkste beswaar sal seker wees dat dit verwarring sou kon skep asof die kerk iemand “twee keer doop”. Dit sal natuurlik die waarheid wees, maar die bekeringsdoop is nie ’n herhaling van die Christelike doop nie.
Dit kan nie in beginsel verkeerd wees om iemand twee keer te doop nie. Wat dan van Paulus? (Hand 19:1-6) Dit is net verkeerd om die Christelike doop te herhaal omdat dit daarin gaan om God se werk in ons lewe.
Trouens so ’n doop in ’n erediens sou die heerlikste geleentheid skep om die verskil te verduidelik tussen ’n doop wat ’n sakrament is omdat God daarin handel, en ’n doop wat net ’n mens se reaksie op God se genade is. Dit sou ook ’n geleentheid wees om die verbond te verduidelik: twee kante: God en mens, maar die inisiatief kom altyd van Hom. Daarom eers die Christelike doop, en dan die bekeringsdoop.
Dit moet egter duidelik wees dat dit net gaan om mense wat die volle waarde van hulle eerste (Christelike) doop erken. En dit geld twee groepe:
♦ lidmate van die historiese kerke wat deur ’n tweede doop wil getuig van hulle oorgawe aan die Here,
♦ en lidmate van Pinkster-, Charismatiese, of Baptistekerke wat ook probleme met hulle eerste (Christelike) doop ontwikkel het en deur ’n tweede doop wil getuig dat hulle nou in die regte verhouding met die Here is.
Intussen moet dit duidelik wees dat hierdie oproep om mense ’n tweede keer te doop, nie uit ’n suiwer teologiese motief kom nie, en daarom nie as noodsaaklik beskou kan word en ’n algemene reël behoort te word nie. Dit kom uit ’n pastorale bewoënheid met lidmate wat oortuigings het wat nie mooi inpas in dié van hulle kerkgenootskap nie. Dit is iets soos ’n noodmaatreël om hulle tegemoet te kom sodat hulle deel van die gemeente kan bly en sinvol verder begelei kan word op hulle pad met die Here, miskien ook tot selfs nog ’n voller verstaan van die doop.
Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.
Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.
Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za
Skrywer: Prof Adrio König