Belydenis
Belydenis
Die Peacemakers beklemtoon sewe aspekte van belydenis wat sal help om konflik te vermy of op te los.
Praat met almal wat betrokke is – almal wat beïnvloed is.
Vermy as, maar en moontlik – moenie verskonings soek as jy verkeerd opgetree het nie.
Erken spesifiek – beide jou gesindheid en optrede.
Erken die pyn – vra verskoning as jy iemand seer gemaak het.
Aanvaar die gevolge.
Verander jou gedrag – gesindhede en optrede.
Vra om vergifnis.
Ek dink as ons hierdie beginsels volg sal daar minder onenigheid en konflik wees.
Hoe sing jy? In 1761 gee John Wesley ‘n paar voorskrifte vir hoe om in die kerk te sing.
Daar is niks nuuts in die wêreld nie!
Die Pastor [Pastor is Latyn vir herder – WAT] Eugene H. Peterson (The Contemplative Pastor: Returning to the Art of Spiritual Direction) skryf onder andere oor die taak van die pastor. Die subtitel gee natuurlik ‘n leidraad: nie Bybeluitleg, nie apostoliese entrepreneurskap, nie mentorskap, nie berading nie, nie CEO nie, nie die gemeente aan die gang hou nie, maar geestelike rigtinggewing. Peterson sê dat ‘n gesonde selfstandige naamwoord nie allerhande byvoeglike naamwoorde nodig het om hom staande te hou nie. Hy glo pastor is so ‘n gesonde woord. Die woord pastor het nog altyd vir hom iemand beteken wat passievol vir God is en deernis met mense het. Maar nou is pastor nie meer ‘n sterk woord nie. Die huidige definisies maak van die pastor ‘n skadelose persoon. Hy sê as jy met Solzhenitsyn of Tutu praat oor die toestand van die kerk in die VSA sê hy: They see a lot of greed and arrogance. And they see a Christian community that has almost none of the virtues of the biblical Christian community, which have to do with a sacrificial life and conspicuous love. Rather, they see indulgence in feelings and emotions, and an avaricious quest for gratification.” Luister net hierna: discipleshipcommunity(the template-driven small groups). Distinctive Christian living here we come! Yet, alas, large group celebration and small group community were not the magic bullet. Peterson sê dat ons al hierdie dinge moet afgooi en weer die robuuste term pastor herstel met ‘n duidelik opdrag: Geestelike rigtinggewing.
Wanneer is Petrus bekeer? Scot McKnight het ‘n baie interessante bespreking hieroor gehad. Hy begin deur na die bewyse te kyk: Andreas, Petrus se broer, sê vir hom dat hulle die Messias gekry het: Hy het hom na Jesus toe gebring. Net daar sê Jesus vir Petrus dat hy nou Sefas genoem gaan word. Petrus, die visserman, word deur Jesus aangesê om die nette uit te gooi nadat hulle die hele nag niks gevang het nie. Hulle vang so baie vis dat die nette wou skeur. Petrus val op sy knieë voor Jesus en vra Jesus om weg te gaan, want ek is ‘n sondige mens. Jesus wil by sy dissipels weet wie hulle sê Hy is. Petrus antwoord: U is die Christus. Net daarna berispe Petrus vir Jesus omdat Hy gesê het dat Hy doodgemaak gaan/moet word. Drie maal vra Jesus vir Petrus of hy Hom liefhet. Drie maal sê Petrus ja. Petrus se verloëning word ongedaan gemaak en hy is weer op die spoor. Petrus is saam met die ander gelowiges met die Heilige Gees vervul. Net daarna hou hy ‘n toespraak voor die skare mense. Petrus ontdek dat die evangelie vir alle mense is – ook onrein heidene soos Kornelius. Wanneer is Petrus bekeer? Toe hy Jesus die eerste maal ontmoet het? Toe hy sy sonde bely het? Toe hy bely het dat Jesus die Messias is? Toe hy die Heilige Gees ontvang het? So kan ons voortgaan. Onderliggend aan hierdie vrae is daar ‘n aanname: Daar kom ‘n tyd wanneer God sê jy is nou reg! Is dit korrek? Hy stel dan die volgende voor: Petrus begin ‘n verhouding met Jesus in Johannes 1 en hierdie verhouding groei progressief. Hy het voortgegaan om Jesus lief te hê en toe hierdie liefde probleme in Markus 14 ondervind, word dit in Johannes 21 reggestel. Mc Knight sê dat as hy gedwing word om te sê wanneer Petrus bekeer is, sal hy moet antwoord dat hy nie weet nie – en hy dink nie dit is vreeslik belangrik nieHoe sing jy?
Die Pastor
Wanneer is Petrus bekeer?