Die lewe van geloof

Mark Dever

Die lewe van geloof

(Hebreërs 11:1).

Die skrywer is nie besig om geloof te ontleed en komponente daarvan te identifiseer nie. Hy skryf hier hoe geloof werk.

Geloof is die versekering en vertroue van dit wat ons hoop. Hoop is nie wensdenkery nie – dit is sekerheid oor iets wat nog nie ‘n werklikheid is nie. Dit is die hoop waarvan Paulus in Romeine 5:5 praat: Dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Maar geloof is ook die bewys – die oortuiging – van dinge wat ons nie sien nie. Dit is die kenmerk van die gelowiges wat volhard soos iemand wat die onsienlike God sien (Hebreërs 11:27). Geloof kyk dus altyd vooruit na die toekoms. Geloof beteken dat ons na die wêreld kyk, nie deur die bril van hierdie wêreld nie, maar deur die bril van God.

Wat beteken dit nou in die praktyk? In Hebreërs 11 wys die skrywer vir ons wat geloof in die alledaagse lewe beteken. Deur hierdie galery van geloofshelde lei hy ons totdat ons uiteindelik by Jesus Christus uitkom. Hy is die oorsprong en vervuller van ons geloof. Daarom dat die skrywer in 12:1 – 2 sê dat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding moet hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

Die skrywer lê besondere klem op Moses en Abraham. Wat verklaar hulle wonderlike, maar tog onvolkome, geloof? Hulle het God se woord gehoor en daarop vertrou. Eintlik het hulle God wat die woord gepraat het vertrou.

Geloof is om te hoor wat God sê, om sy woord te vertrou en daarvolgens te lewe.

Calvyn se gebed

Calvyn se gebed

Calvyn het aan die einde van sy lesings gebid. Hier is sy gebed na ‘n lesing oor die kleiner profete:

 

Moeilik om te verstaan, want hy gebruik woorde wat ons nie meer elke dag gebruik nie. Wat wel van groot belang is, is dit waarop hy in hierdie gebed fokus:

Dat sy hoorders waarde aan die Skrif moet heg.

Dat hulle eerbied het vir God se woorde.

Dat hulle nederig sal wees omdat God afbuig om met hulle te praat.

Dat dit sal lei tot ware gehoorsaamheid.

Vir Calvyn was daar ‘n groot gevaar as mense nie God se woord respekteer nie. Calvyn was absoluut oortuig dat God se woord gehoor moet word.





Nuwe wyn vir ou wyn

Nuwe wyn vir ou wyn

‘n Baie interessante gedeelte is Johannes 2:1 – 4:46. Dit begin en eindig in Kana. Daar loop ‘n goue draad deur hierdie gedeelte: Jesus vervul en vervang die ou orde van Moses met iets nuut.

 

  • Nuwe wyn. Jesus is die gas by ‘n bruilof in Kana. Daar vervang Hy die water wat vir seremoniële reiniging gebruik word met nuwe wyn. Wat doen Hy? Hy wys daarop dat die voorsiening in die ou orde onvoldoende is. Die offersisteem kon nie die vreugde bring wat dit veronderstel was om te bring nie. Die ou water gee seremoniële vergifnis oor die kort termyn. Wat Jesus in die evangelie gee is ewigdurend.
  • As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Jesus gee hierdie nuwe geboorte.

Ons moet toelaat dat Jesus Christus ons heeltemal vernuwe.

Die inwonende Christus

Heinrich Bullinger

Die inwonende Christus

In die Nuwe Testament lees ons dat Christus in ons woon. Twee vrae kom na vore:

  • Watter verskil maak dit in ons lewens?Hier is verskeie aspekte van belang:
    • Sodra Christus in ons bly, word ons lewe ‘n geestelike slagveld. Christus bly in ons, maar ook nog die sonde. Dit moet tot konflik lei. Die groot verskil is dat as Christus in ons woon, sal die sonde ons nie meer oorwin nie.
    • Ons houding teenoor medegelowiges verander, want ons besef dat dieselfde Christus wat in ons woon ook in hulle woon. Hier is Christus alles en in almal (Kolossense 3:11).
    • Nou behoort ons liggame aan Hom. Ons oë en wat ons sien, ons lippe en wat ons sê, ons hande en wat ons aanraak, ons voete en waar ons gaan – alles is Syne.

Christus woon in ons. Hoe? Deur sy Heilige Gees. Hoe weet ons dat Hy in ons woon? Ons lewens verander.