Psalm 119:40

–J. Gresham Machen

Psalm 119:40

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap)

Die King James Version begin hierdie vers met behold.

Dit is nie ‘n woord wat vandag nog algemeen gebruik word nie. Ons sou eerder sê: kyk. Die psalmis probeer hier God se aandag trek. Sê ons ooit vir God: “Kyk. Ek het ‘n begeerte tot u bevele?” Sê ons ooit: “Kyk, God, ons verlang na U en u woord?”

In 119:20 het ons gelees: Ek kwyn weg van verlange na u bepalings. Jy verlang nie na God se bevele of bepalings as jy nie werklik ernstig is nie – as jy nie werklik ‘n verterende passie daarvoor het nie. In 119:37 het ons gelees: Laat my leef op die weg wat U aanwys. Hier vra die psalmis basies dieselfde ding. Vir die psalmis is God alles in sy lewe – God se woord en God se wette.

Hierdie is die laaste vers in die He gedeelte van Psalm 119.

Trots

Trots

In sy kommentaar op Lukas skryf J. C. Ryle onder andere oor trots en nederigheid.

Wil jy weet wat die wortel van nederigheid is? Een woord beskryf dit. Die wortel van nederigheid is ware kennis.

Onkunde – onkunde van self, van God en van Christus – is die werklike oorsaak van trots. Ons moet daagliks bid om van hierdie selfonkunde verlos te word. Die wyse mens ken homself en kry daar niks waarop hy kan trots wees nie.

 

Jesus reinig die tempel

Jesus reinig die tempel

Jesus se reiniging van die tempel (Johannes 2:13 – 22) kan as kontroversieel beskou word. Jesus reis van Galilea na Jerusalem vir die paasfees – die belangrikste fees op die Joodse kalender. Dit roep die uittog van die Jode in herinnering op. As dit fisies enigsins moontlik was, het alle Jode na Jerusalem gereis vir die fees.

 

Toe Jesus in Jerusalem aankom, sien Hy dinge in die tempel waarmee Hy glad nie saamstem nie. Op die tempelplein was daar mense wat beeste, skape en duiwe verkoop het as ook geldwisselaars. Die verkopers van beeste, skape en duiwe het voorsien in die mense se behoeftes vir offers. Die geldwisselaars het onrein of vreemde muntstukke vir rein Joodse muntstukke verruil – muntstukke wat in die tempel gebruik kon word. Ons kan sê dat hulle noodsaaklike dienste verrig het, maar Jesus sien ‘n probleem met wat daar aan die gang is.

Johannes sê dat Jesus met toutjies ‘n sweep gemaak het en almal uit die tempel uitgejaag het. Hy keer selfs die tafels van die geldwisselaars om. Hoekom sou Jesus wat gewoonlik sagmoedig is so optree? In die gedeelte kry ons twee redes vir Jesus se optrede:

  • Dit gaan hier oor die doel van die tempel en ware aanbidding van God. Die tempel was veronderstel om ‘n plek te wees waar God aanbid moes word. Mense het egter die tempel nie as plek van ware aanbidding gesien nie, maar as ‘n geleentheid vir ekonomiese wins. Die aanbidding het sy fokus op God verloor. Aanbidding is met besigheid vervang.
  • Hierdie is ‘n aanhaling van Psalm 69:10. Dit is waaraan die dissipels dink toe hulle sien hoe Jesus optree.

Ons moet onthou dat die tempel sy uiteindelike vervulling in Jesus en die kerk kry. In vs 21 lees ons: Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. Die vraag: Gebruik ons nie nog steeds vir Jesus en sy kerk as ‘n geleentheid om “geld/wins” te maak nie? As ons na Jesus en die kerk kom primêr vir selfsugtige voordeel en nie primêr om God te aanbid nie, maak ons misbruik van die huis van die Vader.

Nou toe nou

Calvyn

 

Nou toe nou

In Galilea is daar ‘n toeriste aantreklikheid wat die daaglikse lewe tydens Jesus se tyd laat herleef. Raai wat het hulle nou gedoen? Hulle sit Wi-Fi hotspots om die donkies se nekke sodat toeriste toegang tot die Internet het!

 

 

Kfar Kedem is ‘n park geleë naby Nasaret. Hulle gee aan toeriste die geleentheid om dieselfde klere te dra, dieselfde kos te maak en op dieselfde diere te ry as 2000 jaar gelede. Met die toegang tot die Internet kan toeriste nou hulle ondervindings met vriende en familie deel.