Die kruising van twee ideale
Lactantius
Die kruising van twee ideale
Ons wil graag liefde en gehoorsaamheid skei, maar hulle kruis mekaar. Hoekom wil ons hulle skei? Want die wêreldse liefde fokus op ek – dit is selfsugtig. Die hemel se siening van liefde is gehoorsaamheid – kyk maar net na Getsemane en Golgota waar Jesus tot op die einde gehoorsaam was. Toe Jesus gevra is wat die grootste gebod is, antwoord Hy: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Ons verkies om ons eie standaarde te stel as dit by liefde kom. As ons ‘n opdrag kry om lief te hê, sê ons dit is nie ware liefde nie – liefde is spontaan en word nie voorgesê nie. Maar: Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). God neem die inisiatief en ons reageer daarop. Johannes staan bekend as die dissipel van liefde. Ons lees meer van liefde in sy geskrifte as in die geskrifte van die ander evangelieskrywers saam. In 1 Johannes skryf hy om sekere verkeerde leerstellings reg te stel en om ‘n potensiële skeiding in die kerk te verhoed. Dit doen hy deur op die regte liefde vir God te fokus. As ons gehoorsaam aan die roeping van God is, sal ons die liggaam van Christus liefhê. Die hele wêreld wil graag vir God ken. Hoe kry ons dit reg? As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken (1 Johannes 2:3). Johannes sê dat ons God kan ken, maar dan langs die pad van gehoorsaamheid. Om meer kennis van God te bekom, is nie die pad wat ons moet loop as ons God se liefde wil ondervind nie. Kennis is ‘n neweproduk van ons gehoorsaamheid aan God. Kennis sonder liefde is nutteloos. Dus: Gehoorsaamheid gee aanleiding tot kennis van hoe ons meer gehoorsaam kan wees en dieper kan liefhê. Later vat Johannes dit saam: Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Johannes 5:3 – 5).
James Emery White Die Kerk (1)
Daar word baie oor die kerk geskryf – meestal negatief. Daar word baie geskryf oor mense wat die kerk verlaat – meestal jongmense. Hoekom verlaat hulle die kerk? Die belangrikste redes is: Hulle wil net so ‘n bietjie wegkom van die kerk. Lidmate van die kerk is veroordelend en vals. Ek het verskuif na die universiteit en het opgehou om eredienste by te woon. Verantwoordelikhede by die werk verhinder my. Woon te ver van ‘n kerk. Ek is te besig. Ek voel nie verbind aan die mense by die kerk nie. Ek verskil van die politieke en sosiale standpunte van die kerk. Ek wil meer tyd met my vriende buite die kerk spandeer. Ek het in ieder geval net kerk toe gegaan om ander tevrede te stel. [LifeWay Research] Dit gaan veral oor besluite ten opsigte van mense se leefstyl. Mense kry nuwe prioriteite en in die proses val die kerk van die lysie af. Vraag: Hoe kan enigeen die belang wat Jesus aan die kerk gee nie raaksien nie – al lees hy die Nuwe Testament net oppervlakkig? Luister na Paulus: Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel (Kolossense 1:21 – 22). Maar Paulus gaan verder (vers 24): Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk. Paulus sê dat Christus sy lewe vir die kerk afgelê het om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water van die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik (Efesiërs 5:26 – 29). Ons gaan in die volgende blogs kyk na vier beelde van die kerk in die Bybel. Ons gaan begin by die huishouding van God.
Mark Twain Roeping en kapasiteit Petrus, Paulus, Stefanus, Priscilla, Akwila, Lidia, Timoteus. Almal leiers in die vroeë kerk. Hulle ekonomiese agtergrond, ouderdom, nasionaliteit en gawes verskil. God het hulle, saam met ander wie se name ons nie eers ken nie, gekies en toegerus. Hulle het baie in ‘n kort tydjie vermag. As ons kyk na die leiers van die vroeë kerk en die prys wat hulle vir hulle geloof betaal het, wonder ek of ons ook bereid is om hierdie opofferings te maak. Het ons die kapasiteit daarvoor?
Eugene Peterson Ons gaan kerk toe Is dit goed om eredienste by te woon? Gewoonlik kry ons ‘n lys godsdienstige redes waarom ons eredienste moet bywoon. Op Scot McKnight se blog kry ons nou ‘n aantal nie-godsdienstige redes waarom dit goed is om eredienste by te woon. ‘n Mens dink nie altyd aan hierdie voordele as ons dink aan kerkbywoning nie. Dit is duidelik dat kerkbywoning meer as net teologiese voordele het.DIE KERK (1)
Roeping en kapasiteit
Ons gaan kerk toe