Dis ‘n slegte dag

Dis ‘n slegte dag

Almal ondervind slegte dae. Selfs kinders van God word mismoedig. Jeremia is ‘n goeie voorbeeld. Om mismoedig te word, is nie die kern nie – die kern is wat ek met my mismoedigheid doen. Bly lê ek of staan ek op? Maklik gesê, maar hoe staan ek op as ek mismoedig is?

  

  1. Moenie vasgevang word in selfbejammering nie – mislukking is nie net ‘n gevolg nie, maar ook ‘n gesindheid.
  2. Dink positief. Sukses kom as ek van mislukking na mislukking gaan sonder om my entoesiasme te verloor.
  3. Leer uit jou ondervinding. Mislukking is net mislukking as jy niks daaruit leer nie.
  4. Soek alternatiewe. Alle suksesvolle leiers wissel hulle benadering af.
  5. Ontwikkel ‘n sin vir humor. Lag is die korste afstand tussen twee mense en die gouste manier om weer perspektief te kry.
  6. Wees realisties.
  7. Kry nuwe doelwitte. Mislukking is ‘n geleentheid om weer te begin – maar hierdie keer slimmer.
  8. Ontwikkel ‘n passie. Jou eie vasberadenheid om te slaag, is die belangrikste.
  9. Verbreed jou ondersteuningsbasis. Geen enkele onderneming moet my hele emosionele lewe ondersteun nie.
  10. Mislukking is onafwendbaar. Dikwels maak dit ons mismoedig. Dan moet jy opstaan en voortgaan met jou lewe.

    Die kerk

    Die kerk

    Die kerk beleef ‘n moeilike tyd. Almal val oormekaar om die kerk te kritiseer. Maar wat sê die Bybel oor die kerk?

     

    Jesus sê dat Hy self die kerk bou: Op hierdie rots sal Ek my kerk bou (Matteus 16:18).

    Jesus self is die Hoof van die kerk: Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan (Kolossense 1:18). Hy sal tog nie die hoof van ‘n betekenislose organisasie wees nie.

    Jesus het die kerk gebruik om gemeenskappe te beïnvloed – en doen dit steeds (Handelinge 2:38 – 41). Sodra dit gebeur verander die gemeenskap.

    Jesus is die hoeksteen van die kerk (Matteus 21:42). Daarom bestaan en groei die kerk steeds na 2000 jaar. Geen ander organisasie kon dit nog ooit regkry nie.

    Jesus wil nog groter dinge deur die kerk doen. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid en dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus (Efesiërs 3:20 – 21).

    Jesus het deur sy kerk ons lewens verander. Daar het ek die evangelie gehoor en my lewe aan Hom oorgegee. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan (Hebreërs 10:24 – 25).

    (Matteus 24:14), Dit kan tog immers net deur die kerk gebeur.

    Natuurlik het die kerk foute, maar ons moet ophou om die kerk af te kraak en eerder die kerk opbou.

    Kom hier!

    In Markus 1:16 – 20 lees ons van Jesus wat sy eerste dissipels roep. Hy sê vir hulle: Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak. Nêrens in die Bybel lees ons van God wat iemand roep en dan met hom oor die voorwaardes van sy roeping onderhandel nie.

    Nêrens roep Jesus iemand op ‘n proefbasis nie. As God roep, het ons twee keuses: of ons volg Hom of ons volg Hom nie

    Ons moet ontslae raak van die verbruikersmodel in die kerk – geen onderhandelings met Jesus as Hy ons roep nie. Jesus roep. Ons volg. God bepaal die voorwaardes.

    Leef uit jou doop: 6.2 Georganiseerde doopvierings

    6.2 Georganiseerde doopvierings

    Gemeentebyeenkomste

    Intussen weet ons dit werk nie goed as ons eenvoudig van ons godsdiens sogenaamd ’n “elke dag-godsdiens” maak sonder struktuur en beplanning nie. Dit werk nie goed as iemand sê: “Ek dien die Here elke dag oral, ek hoef nie spesiaal kerk toe te gaan nie.” Deur kerk toe te gaan, word jy (hopelik!) geïnspireer om die Here elke dag te dien. En ek dink ’n mens kan juis deur jou “elke dag-godsdiens” die behoefte versterk om ook by ander te kom wat dit ook doen, en so mekaar onderling te inspireer.

     

    op die heilsbetekenis van die doop konsentreer. In kerke waar daar hoofsaaklik babas gedoop word, mag nie net op kinderopvoeding klem gelê word nie, maar moet die volle heilsbetekenis van die doop verkondig word (hoofstuk 2).

    Die eintlike plek waar bekeerlinge in die vroeë kerk oor hulle doop en oor die evangelie in die algemeen onderrig is, is juis in gemeentebyeenkomste. Dis immers juis in die Briewe aan gemeentes waarin die doop verduidelik word. Hierdie Briewe is in die byeenkomste voorgelees. Dit moet net so voortgaan.

    Daar kan ook spesiale byeenkomste in die gemeente gereël word. Tydens die Pinksterfees kan water oor die hele gemeente gesprinkel word terwyl hulle hulle geloof voor God en voor mekaar bely. Die Katolieke Kerk het so ’n gebruik.

    Gesins- en groepsdoopvierings

    Vader en sy Gees se teenwoordigheid) in die doop en in ons lewe. Dit is ’n goeie geleentheid om oor die betekenis van die doop, en daarom van die evangelie te gesels, om oor ons lewe as gesin met mekaar te praat, en vir mekaar te bid. Sommige van ons jaag deur die lewe, en daarom is so ’n paar gereelde, beplande geleenthede per jaar van onskatbare waarde.

    Kleingroepe (selgemeentes) is ook ideale geleenthede. Paulus se gemeentes was eintlik maar selgemeentes. Dáár is veel meer persoonlike gemeenskap en ondersteuning moontlik as in ’n groot gemeente. Dit is selfs goeie geleenthede om die doop te bedien aan buitestanders wat in die sel ingetrek is, en aan die kinders van sellede. Die een voordeel is dat almal teenwoordig direk by die dopeling betrokke is, anders as in ’n groot gemeente. Dit maak die er varing baie persoonliker en ryker aan inhoud. Vir ’n bekeerling is dit veel makliker om te getuig voor die mense wat hy/sy ken, en vir ouers om self aan die doop van hulle kind deel te neem deur byvoorbeeld ’n gebed na die doop.

    Hierdie kleingroepe is eintlik die geloofsgemeenskap waarvan ’n nuweling deel word of waarin ’n verbondskind opgeneem word.

     

     

    Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

    Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

     

    Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

     

     

     

    Skrywer: Prof Adrio König