Een Persoon + God = Oorwinnaar
Een Persoon + God = Oorwinnaar
As daar nou een profeet is wat menslik gesproke alleen gestaan het, was dit Jeremia. God het hom uitgekies om ‘n verskriklike boodskap aan Israel oor te dra. In Jeremia 15:10 – 21 (Die Boodskap) lees ons onder andere: Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei.
Wat doen hy? Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my”. Ten spyte van al die teenspoed en swaarkry, weet Jeremia waar om hulp te doek – by God. Die wonderlike is dat God hom antwoord (vers 19 – 21). God belowe om hom weer te gebruik, maar dan moet hy:
- Eers oor sy mense – Israel – besin. Hulle is hardkoppig en sal maar moeilik na Jeremia luister.
- Eers oor die eindresultaat besin. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ‘n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red.
Apologetiek [Verdediging van die Christendom as studievak – HAT] Elke Christen het apologetiek nodig op twee vlakke: Daar is dikwels konflik tussen hierdie twee vlakke, want ons is nie bereid om oor ons twyfel in die openbaar te praat nie. Daarom het baie mense plekke in hulle geloof waar hulle ongemaklik is. Min mense is absoluut gemaklik met alles in hulle geloof.
. Charles Spurgeon Dissipelskap Hoeveel van ons tyd en energie moet ons spandeer op die erediens op Sondae en hoeveel op dissipelskap. Sommige sê dat eredienste ‘n gehoor verseker. Ware dissipelskap gebeur egter selde in ‘n groot vergadering. Ander sê weer dat jy by die eredienste jou beste leermeester het om met die mense te praat en hulle te onderrig. Dit is waar jy mense die Christelike leerstellings en hoe om te aanbid, leer. Dit is die belangrikste faktor wat mense na jou gemeente trek. Ons mors so baie tyd en energie om te stry oor dinge wat onnodig is. Enige gemeente moet beide hê: eredienste en dissipelskap. Ons moet mense lei om ‘n besluit vir Jesus Christus te neem, maar ons kan nie daar ophou nie – ons moet hulle lei tot volwaardige dissipels.
Daar is geen aanduiding in die Nuwe Testament oor hoe die vroeë Christene se kinders gedoop is nie. Is hulle as babas gedoop, of moes hulle self eers tot geloof kom? Wat ons dus vandag ook al met hulle doen, berus op ander gegewens uit die Skrif wat ons gebruik om afleidings of gevolgtrekkings te maak. Die een standpunt is dat dit duidelik is hoe daar gedoop is. Mense moes eers tot geloof kom. Daar is ook uitsprake wat dit sê. Al is daar dus geen gevalle waar gemeentekinders só hanteer is nie, waar hulle eers self tot geloof gekom het en toe gedoop is nie, aanvaar hierdie siening dat ons met hulle moet handel soos met die buitestanders wat ingekom het. Dit is nie ’n vergesogte en onredelike standpunt nie. ’n Mens moet begrip hê dat mense dit kan aanvaar. Die ander standpunt is dat Paulus uitdruklik skryf dat die doop ons in die verbond met Abraham inlyf en dat daar van die begin af plek in dié verbond was vir sowel heidene wat van buite kom en eers self moet glo, en óók vir gelowiges se kinders wat besny is en daarna self tot geloof moes kom. Hierdie groep aanvaar dus dat hulle vandag nog dieselfde pad met hulle kinders kan loop. kinderdoop hierdie ryk betekenis kan hê soos vereniging met Christus, vergifnis en reiniging van sonde nie? Sou dit nie “veiliger” gewees het om net by die opname in die verbond te bly nie? Maar ons het vroeg al aanvaar dat ons nie vir die kinderdoop ander teologiese beginsels moet aanvaar nie, maar dat die kinderdoop moet berus op die betekenis van die doop in die Nuwe Testament. Hoe nou? Uit die betekenis van die doop het alreeds ’n paar perspektiewe voortgevloei wat wel ruimte vir die kinderdoop gegee het. ♦ Die feit dat dit God is wat in die doop handel, en Hy kan dit ook aan kinders doen. ♦ Die feit dat die dopeling passief is in die doop. Dit pas volkome by die kinderdoop. ♦ Die feit dat die dooponderrig eers ná die doop gekom het, wat ook vir die kinderdoop ruimte laat. ♦ Die feit dat die nuwe lewe volledig op die doop gebou word (soos blyk uit die lang vermanende gedeeltes in Rom 6 en Kol 2-3, dele waaraan in hoofstuk 6 nog vollediger aandag gegee word). Dit beteken dat die doop eintlik sy groot betekenis het vir die lewe ná die doop wat ook weer ruimte laat vir die kinderdoop. Maar nou die vraag na die ryk betekenis van die doop soos vereniging met Christus, vergifnis en reiniging van sonde. Maar werk die doop nie net soos die kruis nie? Dis tog God wat in beide handel. En wat Hy deur Jesus aan die kruis vir ons gedoen het, word tog nou juis deur die doop in ons lewe ingedra. Hoe werk die kruis? Kom ons kyk na die klassieke deel uit 2 Korintiërs 5:17-21. Hier word die vernuwing van die mens en die betekenis van die kruis direk aan God toegeskryf. Paulus skryf dan oor die betekenis van die kruis: “dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredings nie toereken nie” (5:19). Kan ons dit regtig glo? Hier staan tog eintlik dat God op grond van die kruis aan geen enkele mens op aarde een sonde toereken nie!? Dan is alle mense mos vry en gered? Dan kan ons maar net vir alle mense gaan vertel hulle is klaar vergewe. Ja, as ons nie klaar lees nie. Paulus gaan ’n bietjie verder: “Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het” (2 Kor 5:20). Wat beteken dit? Dat God alles klaar gedoen het, maar dat ons dit moet aanvaar anders geld dit nie vir ons nie. God het die wêreld versoen. Die wêreld moet die versoening aanvaar. Om die versoening te aanvaar, is nie ons bydrae by wat God gedoen het nie. Dit is ons erkenning dat Hy alles klaar gedoen het en dat ons daaruit kan leef. Maar as ons dit nie aanvaar nie, geld dit nie vir ons nie. Miskien kan ’n mens dit vergelyk met ’n skenking van geld in jou bankrekening. Dis daar, net om gebruik te word. Maar as jy dit nie gebruik nie, help dit jou nie. ryk betekenis begryp nie. Maar omdat dit God is wat in die doop gee, kon hy agterna in die gemeente geleidelik al meer van hierdie betekenis besef en aanvaar en beleef. Dit is ook hoe dit in die kinderdoop werk. God gee al die wonderlike gawes, trouens die volle heil in al sy aspekte. Maar agterna moet die gedoopte dit geleidelik besef en aanvaar, of jy nou groot of klein was by jou doop. God gee in die doop vergifnis en vereniging met Christus, maar agterna moet die gedoopte (groot of klein) dit in die geloof aanvaar en daaruit leef. Het dit veel anders gewerk toe God die genadeverbond met Abraham gesluit het? Het Abraham regtig ten volle besef wat God hom in beginsel alles gegee het? Of het hy dit maar geleidelik besef en aanvaar en beleef soos wat hy God leer ken het? En was dit nie met Isak presies net so nie? Hy is as baba besny, en geleidelik het hy geleer wat dit beteken, wat God beloof het, en hoe hy op God se gawes moet reageer. Presies hoe ryk die betekenis van die doop is, het dus geen invloed op die vraag hoe die doop werk nie. In die doop gee God, en die gedoopte moet agterna leer om daar uit te leef. Dit geld vir die grootdoop (“geloofsdoop”) én die kinderdoop. Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop. Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za Skrywer: Prof Adrio KönigApologetiek
Dissipelskap en eredienste
Leef uit jou Doop: 5.9 Die ryk betekenis van die doop en die kinderdoop?
5.9 Die ryk betekenis van die doop en die kinderdoop?