Is ons verbruikers?
Is ons verbruikers?
Daar word baie geskryf oor die verbruikersmentaliteit in die kerk. Die kritiek fokus gewoonlik op afgodery – die versoeking om materiële dinge en nie God nie sentraal in ons lewens te plaas. Maar ons moet tog dinge verbruik om te lewe. Die probleem is nie verbruik om te lewe nie, maar lewe om te verbruik.
Ons leef in ‘n kultuur wat ons verhoudings en optrede primêr definieer deur ‘n matriks van verbruik. Ons beoordeel ons eie waarde en die waarde van ander op grond van die dinge wat ons koop. Ons identiteit word nou bepaal deur die klere wat ons dra, die motor wat ons bestuur en die musiek op jou iPod – dit wat ons verbruik.
As hierdie verstaan van ons wêreld en onsself ons geloof insypel gebeur twee dinge:
- God word van God na ‘n kommoditeit gereduseer. Sy waarde, soos dié van alle ander dinge, word bepaal deur hoe nuttig Hy vir ons is. Vir verbruikers is persoonlike begeertes en hulle vervulling die strewe. Alles en almal – ook God – is daar om hierdie begeertes te bevredig. Maar die Bybel sê ons moet ons aan God onderwerp en in nederigheid saam met Hom loop. Verbruikers sien God as ‘n middel tot ‘n doel – ‘n nuttige instrument om ons begeertes te vervul. God word nou ‘n terapeut.
- Vir verbruikers is die kliënt koning. Christene se verwagting is nie meer gehoorsaamheid en trou aan Christus nie, maar die verbruik van allerhande Christelike goedere en ondervindings – musiek, boeke, T-hemde, konferensies, ens. Ons leef nie meer die waardes en etiek van God se koninkryk uit nie, maar dié van ons verbruikerskultuur. Ons identiteit as Christene is ‘n dun lagie vernis.
Dit beteken ons moet moeilike vrae oor ons geloof vra. Soek ek werklik ‘n lewe met God of gebruik ek Hom net? Is Christen ‘n etiket wat ek aanplak of beïnvloed dit my lewe en gedrag? Verkondig ons Jesus Christus as die middelpunt van ons lewens? Of word Hy verpak en verkoop as ‘n kommoditeit?
God sê nee
God sê nee – Francois Malan
Danie vra:
Antwoord
Prof. Francois Malan antwoord:
Die belangrikste voorbeeld is Jesus in Getsemane, wat begin vra dat die lydensbeker by Hom verbygaan, en met elke volgende gebed al meer aanvaar dat sy Vader nee sê, en Hy hom daaraan onderwerp (Mat 26:39-44; vgl. Mk 14:35-41; Lk 22:42-44.)
God sê soms nee vir ons gebede omdat dit nie volgens sy wil vir ons is nie:
So sê die Here nee vir Moses wat gevra het om God se magtige verskyning te sien– dit sou Moses se lewe kos (Eks 33:18-20).
Die Here het ook nee gesê vir Dawid se gebed vir die lewe van sy kind, wat hy buite-egtelik by Uria se vrou Batseba verwek het (2 Sam 12:15-23).
Vir die ballinge in Babel sê die Here nee omdat hulle afgode dien (Eseg.20:3,30-32).
Vir Paulus sê God drie maal nee op sy gebed om die doring uit sy vlees te verwyder, omdat die genade van die Here vir hom genoeg is, en God se krag juis tot volle werking kom wanneer Paulus swak is (2 Kor 12:8,9), vgl Paulus se ontberings as apostel wat so die beeld van Christus aan die kruis vertoon (2 Kor 11:23-33).
Redes waarom gebede misluk:
Geheime sonde (Ps 66:18)
Onverskilligheid teenoor God (Spr 12:28)
Minagting van die wet van God (Spr 28:9)
Skuldig aan moord (Jes 1:15)
Hardkoppigheid (Sag 7:11-13)
Onstandvastigheid (Jak 1:6,7)
Selfbevrediging (Jak 4:3)
1 Joh 5:14 moedig ons aan om met vrymoedigheid tot God te gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.
Skrywer: Prof Francois Malan