Bonhoeffer (35)

– Bonnie Prudden

Bonhoeffer (35)

  • (Psalm 119:98).

Is dit nie teenproduktief om goed te doen aan ons vyande nie? Hoekom is die behoeftes van ons vyande vir ons belangrik? Wat word van die woord “vyande” as ons hulle soos broers en susters behandel?

Here, U wat ons almal met ‘n ewigdurende liefde liefhet, laat my liefde vir my vyande meer as woorde en gedagtes wees, maar laat dit konkrete optrede wees. Amen.

Onderskeidingsvermoë

Gandhi

 

Onderskeidingsvermoë

Onderskeidingsvermoë beteken ek kan die waarheid van die leuen, die goed van kwaad onderskei. Geestelike onderskeidingsvermoë is ‘n noodsaaklike eienskap van Christene.

 

 

Na die oproer in Tessalonika stuur die gelowiges vir Paulus en Silas sodra dit donker was na Berea. Daar was die mense ontvankliker: Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê (Handelinge 17:10 – 11). Hoekom sê Lukas dat hulle ontvankliker was as die mense in Tessalonika?

  • Hulle bestudeer die Skrif. Hulle was studente van God se woord. Ons kan nie vir God ken as ons nie sy woord ken nie. As jy waarlik vir Jesus Christus liefhet, sal jy ‘n student van sy woord wees.
  • Hulle ontvang die evangelie met ‘n oop verstand. Die Bybel sê dat ons die Here met ons volle hart en siel en verstand moet liefhê.
  • Hulle toets dit wat hulle hoor aan  die Skrif.

 

Maar hoekom moet Christene onderskeidingsvermoë hê:

  • Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as  vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie (Efesiërs 4:14).
  • Paulus sê dat daar ‘n dag sal kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie … Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend (2 Timoteus 4:3 – 4).
  • Om geestelik tot volwassenheid te groei (Hebreërs 5:11 – 14).

 

Daar is mense wat onderskeidingsvermoë kritiseer – dikwels met goeie rede. Hoekom?

  • Moenie oordeel nie. Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie (Matteus 7:1).Hier word ons teen vals oordeel gewaarsku. Ons word gewaarsku om nie ander te oordeel vir iets wat ons self doen nie. As ons oordeel, moet ons dit binne die parameters van die Bybel doen. Ons lees gereeld in die Bybel van vals leraars. Dit is ons plig om hierdie vals leer aan die kaak te stel.
  • Dit is nie nodig om name noem nie. Paulus noem dikwels die dwaalleraars by hulle name. Maar dit is goed om nie sommer ligtelik name te noem nie.
  • Jy verdeel net. Dit is vals lering wat die kerk verdeel. Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het (Romeine 16:17). Die waarheid verdeel – dit verdeel die skape van die bokke. In die liggaam van Christus verenig die waarheid ons.
  • Volg Gamaliël se voorbeeld. Petrus en Johannes verskyn voor die Joodse Raad omdat hulle voortgaan om die evangelie te verkondig. Die Raad was woedend en wou hulle doodmaak. Daarna sê Gamaliël vir die Raad dat hulle die apostels alleen moet laat. Hoekom? As wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie (Handelinge 5:38 – 39). Klink na goeie raad, maar dwaalleer is steeds daar.
  • Moenie God se gesalfde aanraak nie. Hierdie is buite konteks. In die Nuwe Testament word daar na gelowiges as God se gesalfdes verwys – nie net na leraars nie.
  • Jy is liefdeloos. Die waarheid is liefde. As ons iemand in geestelike gevaar sien en stilbly al weet ons wat die waarheid is, is dit nie liefdeloos nie? Maar jy moet hulle in liefde waarsku.
  • Hulle mag verkeerd wees, maar hulle is opreg. Opregtheid in nie waaroor dit gaan nie – dit gaan oor die waarheid

 

Onderskeidingsvermoë is noodsaaklik vir Christene. Ons moet ernstig kyk na die punte van kritiek wat mense teen onderskeidingsvermoë inbring. Maar: Stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het (Judas :3).

Hoe bereik ek diegene wat moeilik is om te bereik?

 “I am a little pencil in the hand of a writing God who is sending a love letter to the world.” – Moeder Teresa

Hoe bereik ek diegene wat moeilik is om te bereik?

Lee Strobel het ‘n interessante artikel hieroor geskryf. Hy sê dat alle nie-Christene nie dieselfde is nie. Elkeen kom met sy eie ondervindings, agtergrond en wêreldsiening. Ons pogings sal misluk as ons almal op dieselfde manier benader. Wat vir die een doeltreffend is, mag teenproduktief vir die ander wees.

Hy identifiseer vier tipes nie-Christene:

  • Sinici. Hulle word sarkasties en kwaad as jy net na Jesus verwys. Hulle mag negatiewe ondervindings in die verlede gehad het wat hulle siening van die kerk vergiftig het. As jy so iemand na ‘n erediens uitnooi, sal jou ore tuit. Jy moenie probeer om hulle met een poging na Christus te lei nie. Geduld is die wagwoord. Jy moet hulle eers oortuig dat Christene normale mense met normale belangstellings is. Gaan saam met hulle na ‘n sportbyeenkoms of fliek of wat ook al – net nie kerk nie. Eers as julle ‘n verhouding opgebou het, kan jy oor Christus begin praat.
  • Skeptici. Hulle is meer oop vir geestelike sake, maar hulle twyfel oor God en die Bybel. Hulle soek nie vir God op hulle eie nie. Hulle sal luister na uitreikprogramme wat die bewyse vir die Christelike geloof hanteer. Hulle raak betrokke by debatte met Christene. Hierdie soort gebeure help hulle om die geloofwaardigheid van die Christelike geloof in te sien.
  • Toeskouers. Hulle is geestelik “neutraal” – hulle steur hulle nie aan God nie; hulle is onbewus van die belang van die Christelike geloof. Hulle word veral oortuig deur uitreikprogramme wat die relevansie van geloof vir die alledaagse lewe beklemtoon. Hulle luister as iemand vertel hoe godsdiens ‘n spesifieke verskil in sy lewe gemaak het. Baie van hulle het grootgeword in huise waar godsdiens ‘n dooie ritueel was.
  • Soekers. Hulle stel belang in godsdiens. Hulle probeer eerlik antwoorde kry. Baie van hulle reageer goed in kleingroepe waar hulle gereeld met Christene kontak maak.

Kerke het baie uitreikstrategieë tot hulle beskikking. Die sleutel is om reg aan die begin vas te stel wie God wil hê jy moet bereik. Dan hanteer jy die persoon se spesifieke behoeftes. Moenie met ‘n haelgeweer in die bondel skiet nie.

Bonhoeffer (34)

Alexander Graham Bell.

Bonhoeffer (34)