Jesus in ons harte

Jesus in ons harte

J. D. Greear het ‘n interessante blog geskryf: Moet ons ophou om Jesus te vra om in ons harte te kom?

Hierdie verhale sê vir ons dat daar mense is wat op pad is na die ewige oordeel al dink hulle hulle is verlos. Hoekom gebeur dit? Baie mense glo hulle ewige bestemming word bepaal as hulle Jesus in hulle lewe aanvaar het of die sondaar se gebed gebid het. Baie van hulle lees daarna selde die Bybel, bid net as dinge skeefloop en woon nie eredienste by nie. Is dit nie die mense van Matteus 7:21 nie?

Verlossing is bekering en geloof in die voltooide werk van Jesus Christus. Dit is iets wat ons voortdurend doen. Ons het nie een maal geglo nie – ons glo voortdurend. Paulus sê dat ons die vryspraak deur geloof kry (Romeine 4:5).

Natuurlik is dit nie sonde om te vra dat Jesus in jou hart moet kom bly nie. Verlossing is egter meer as dit.

Ons gee alles

Ons gee alles

 

Hulle het net 50 lidmate en tog gee hulle ongeveer R500 000 weg aan mense in die gemeenskap. Die vraag is natuurlik hoe hulle sonder inkomste kon voortbestaan. ‘n Ander gemeente het ‘n fasiliteit verniet tot hulle beskikking gestel. Toe mense buite die gemeente hoor van die projek skenk hulle geld vir die gemeente se onderhoud.

  

Wat verbasend was, was hoe die lidmate geestelik gegroei het as gevolg van hulle vrygewigheid. Die projek het hulle oë oopgemaak vir die ongelooflike vrygewigheid van God.

Miskien moet ons as individue en gemeentes weer na ons eie begrotings kyk. Is ons vrygewig soos God van ons verwag?

Bonhoeffer (31)

Bonhoeffer (31)

Voel jou geloofsgemeenskap soos ‘n lewende liggaam waarvan jy ‘n lid is? Hoe kan jy hierdie liggaam beter dien?

Cliches om te vermy

– Henri J.M. Nouwen (The Wounded Healer)

Cliches om te vermy

[Cliche = Afgesaagde, holruggeryde uitdrukking – HAT]

Christian Piatt noem ‘n paar clichés wat Christene moet probeer vermy. Hierdie uitdrukkings mag iets vir ons beteken, maar nie-Christene hou nie hiervan nie.

 

  • Dit lyk so al of ons binnekennis het – kennis wat ander nie het nie.
  • Dit mag waar wees, maar hoe weet ons? Doen ons werklik iets aan die rou van diegene wat agterbly met so ‘n uitdrukking?
  • Dit vra ons voor ons hulle eers ken. Luister eers na hulle storie. Mense sien dit as opportunisme.
  • Natuurlik is dit ‘n goeie ding om mense uit te nooi om saam met ons kerk toe te gaan, maar dit doen ons nie pas nadat ons hulle ontmoet het nie. Bou eers ‘n verhouding met hulle op. Jy moet die reg om uit te nooi, verdien.
  • Wat beteken dit? Hoekom jou hart en nie jou lewe nie? Dit laat geloof na ‘n suiwer emosionele ondervinding klink.
  • Aanvaar jy Jesus as jou persoonlike Here en Verlosser?
  • Dit kan die einde van die tye wees.
  • Fokus die aandag op hulle – dit is die laaste ding wat hulle wil hê. Nee, stap na hulle, stel jouself bekend en leer hulle name.