Ek loop mank

Ek loop mank

 

Jakob kon nou met vertroue loop al was hy mank. Lei ons nie beter as ons gewond/mank is as wanneer ons op ons eie krag voortstorm. Soos Jakob mag ons dink dat ons teen ‘n mens baklei, maar dan is dit God.




Hoekom is jy dankbaar?

Hoekom is jy dankbaar?

Hoekom is sommige mense dankbaar en vrygewig en ander skynbaar ondankbaar en suinig? Kyk na die aanhaling. Dankbare mense besef dat die lewe nie iets is wat hulle verdien nie.

Elke nuwe dag word ontvang, nie as ‘n skuld wat afbetaal word nie, maar as ‘n onverdiende gawe van God. Dankbare mense staan verbaas oor al die seëninge wat hulle elke dag ontvang, want hulle weet dat dit onverdiend is. Dankbare mense fokus op wat hulle ontvang het en nie op dit wat hulle nie het nie.

Dankbare mense is vrygewig, want hulle weet dat wat hulle het, het hulle nie verdien nie – hulle besit ook nie dit wat hulle gekry het nie. Omdat hulle geseën is wil dankbare mense ander seën.

Seën jy ander?




Nog dankbaarheid

Jonas Salk, die uitvinder van die polio druppels

Nog dankbaarheid

(Romeine 1:21).

 As die mens in opstand kom, verdwyn dankbaarheid en eer aan God. Ons glo al meer dat ons op sekere dinge geregtig is. Daarom verdwyn dankbaarheid – jy skuld my in plaas van dankbaarheid. Dit is selfs ons houding teenoor God.

Ons is nie meer dankbaar vir die gawes wat God in genade aan ons skenk nie; ons trap op die dinge wat Hy gee om ons te onderhou. Wie het vir ons die lug wat ons inasem, die water wat ons drink, die kos wat ons eet en die mense wat ons liefhet gegee? God het. Wie het vir ons die lewe gegee? God het.

Dankbaarheid

God of Abraham, God of Isac, God of Jacob, not of philosophers and scholars – Blaise Pascal

Dankbaarheid

Toe ons klein was, het ons ouers altyd gesê: “Sê dankie.” Waardeer ons altyd dit wat ons kry? Sê ons as volwassenes nog dankie? Geneeshere het bevind dat om dankie te sê, om die positiewe dinge in jou lewe raak te sien, nie allen vir jou psige goed is nie, maar ook vir jou liggaam.

 

Moet ons nie besluit dat ons van nou af meer dankaar gaan wees nie. Waarvoor is jy dankbaar? Hoe druk jy jou dankbaarheid uit?