Bonhoeffer (19)

G. K. Chesterton

Jy kla dat jy nie kan glo nie. Niemand moet verbaas wees as hy nie kan glo so lank as wat hy doelbewus ongehoorsaam is nie – as hulle wegvlug van sekere aspekte van Jesus se opdrag.

Jy wil tog nie ‘n sondige passie of hoop of lewensplan onderwerp aan Jesus se opdrag nie. Moenie verbaas wees as jy nie die Heilige Gees ontvang nie – as jou gebede leeg bly nie. 

Ek is besig

Ek is besig

Tim Kreider het in die New York Times (30 Junie 2012) ‘n artikel (The Busy Trap) geskryf. Die moeite werd om te lees.

Hy sê dat ons gedurig by mense hoor dat hulle baie besig is. Spog hulle of kla hulle? Maar dit is nie wat ons van die lewe verlang nie, maar dit is iets wat ons op mekaar afdwing. Meestal aanvaar mense werk en verpligtinge vrywillig. Hulle moedig hulle kinders aan om allerhande klasse en aktiwiteite by te woon.  Hulle is besig, want hulle is verslaaf aan besig wees. Dit is hulle eie ambisie wat hulle dryf.

Vandag voel mense angstig en skuldig as hulle nie werk nie. Selfs kinders se skedules is oorvol. Dit is nie ‘n onvermydelike toestand nie – dit is iets wat ons self gekies het. Dikwels aanvaar mense dat dit hulle persoonlikheid is, maar dit is ‘n gevolg van die omgewing waarin ons woon.

Hoekom doen ons dit? Dit is ‘n beskermingsmeganisme teen leegheid. Jou lewe kan tog nie sonder sin wees as jy so besig is nie – ons wil voel ons is onmisbaar. Eintlik mislei ons onsself. Baie van dit wat ons doen, maak nie werklik saak nie. Dit laat ons egter belangrik voel.

Om soms niks te doen nie, is belangrik. Ons moet soms terugstaan van die lewe en dit in sy geheel sien. Dit is in hierdie “niksdoen tye” waar ons weer inspirasie kry. Baie van die wêreld se grootste ontdekkings het juis gekom in tye waar niks gedoen is nie.

Die beste belegging wat jy kan maak, is om tyd met vriende te spandeer. Die lewe is te kort om besig te wees!

Sekerlik ‘n bietjie tong in die kies, maar tog is hier heelwat waarheid in hierdie artikel. Om besig te wees, is ‘n keuse wat ons self maak, maar in die proses offer ons baie op – veral verhoudings … met ons eggenotes, kinders en vriende en veral met God. Ons kan maar ‘n bietjie minder besig wees.




Psalm 119:36

. -Albert Schweitzer

Psalm 119:36

(NAV)

(OAV)

(Die Boodskap).

Ons sien hier drie verskillende vertalings van vers 36. Dit wys vir ons dat Bybelvertaling ingewikkeld is. Daarom is dit dikwels goed om na meer as een vertaling te kyk.

Daar is veral drie punte waar vertalings (nie net Afrikaanse vertalings nie, maar veral Engelse vertalings) verskil:

  • Die psalmis se gebed in hierdie vers is dat sy hy sy hart op die regte plek sal rig – na God se wet of verordeninge of getuienisse en weg van selfsugtige wins. Hy besef dat hy hulp nodig sal hê om gierigheid te vermy. Hy besef ook dat die beloning om sy hart op die regte dinge te rig die moeite werd is – meer winsgewend as selfsugtige wins.

    Leef uit jou Doop: 4.4 “Ons moet Jesus deur die water volg”

    Leef uit jou Doop: 4.4 “Ons moet Jesus deur die water volg” – Adrio König

     

    4.4 “Ons moet Jesus deur die water volg”

    Dit is ’n sterk argument, veral ook omdat dit ’n emosionele komponent by het. Mense wat regtig vir Jesus lief – het en Hom wil navolg, kan baie sterk daaroor voel dat Hy tog ons voorbeeld is, en dat Hy ons selfs oproep om Hom te volg. Ons moet selfs ons eie kruis agter Hom aandra.

    As Hy Hom dan as volwassene in die Jordaanrivier deur Johannes die Doper laat doop het, is ons geroepe om Hom hierin te volg. Die uitdrukking is bekend: Ons moet Jesus deur die water volg.

    Trouens hierdie oproep kan soms ook ander tone aanneem. Dit kan ook ’n dreigement word dat dit gevaarlik is om jou nie te laat doop nie. Dit word soms nog gestel dat ’n mens verlore sal gaan as jy nie gedoop is nie, en dit beteken dat jy gedoop is nadat jy tot geloof gekom het.

    Wie as baba “gedoop” is, is eenvoudig nie regtig gedoop nie, en moet nog gedoop word. En juis in die lig van die geweldige betekenis van die doop, is dit eenvoudig ’n moet, en is dit die roeping en plig van mense wat die kinderdoop verwerp, om ander te oortuig dat hulle kleindoop nie regtig ’n doop was nie en dat hulle gedoop moet word.

    Hulle is sterk oortuig dat die doop regtig onontbeerlik is. Die Skrif sê immers duidelik dat ’n mens moet glo én gedoop word (Mark 16:16), en Jesus stuur sy dissipels om alle nasies sy dissipels te maak, en die eerste ding wat hulle moet doen, is om dié wat tot geloof gekom het, te doop.

     

    Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

    Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

    Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

     

    Prof Adrio König