Jona

G. K. Chesteron




Woorde

G. K. Chesterton




Bonhoeffer (16)

Bonhoeffer (16)

Mense moet bely dat goedkoop genade gemaak het dat hulle Jesus Christus nie meer volg nie. Toe hulle opgehou het om Christus te volg, het hulle die kennis van duur genade verloor. Ons staan nie langer meer as ware dissipels van Christus nie. As ons lidmate is van ‘n kerk met ‘n suiwer leer van genade dan sal ons nie langer goedkoop genade aanvaar nie. Ons moet leer om weer die korrekte verhouding tussen genade en dissipelskap te verstaan.

  • (Romeine 6:1 – 4).
  • (Psalm 80:20).

Ons moet bid dat die kerk en alle Christene nie toegee aan die aantrekkingskrag van goedkoop genade nie.

Here, ek sal U volg, maar nie saak wat die koste is nie. Lei my op die pad van ware dissipelskap. Amen.




Leef uit jou Doop: 4.2 Die hoë betekenis van die doop en kinderdoop?

Leef uit jou Doop: 4.2 Die hoë betekenis van die doop en kinderdoop? – Adrio König

4.2 Die hoë betekenis van die doop en kinderdoop?

Dit is goed moontlik dat die groepe wat die kinderdoop verwerp, ook die groot saak waaroor dit gaan in hierdie boek wat jy in jou hand het, téén die kinderdoop sal gebruik, en hierdie boek sal beskou as ’n groot en sterk argument téén die kinderdoop.

Immers hoe onder die son kan die kinderdoop by hierdie hoë betekenis van die doop inpas? Dit gaan in die doop om vergifnis en reiniging van sonde, om vereniging met Christus, om ’n nuwe lewe. Dit pas mos nie by babas nie. Hoe kan hulle sonde vergewe word? Hoe kan hulle met Christus verenig word? Hoe kan hulle saam met Christus sterf, begrawe word en opstaan? Hoe kan hulle ’n nuwe lewe kry?

Is dit nie eenvoudig waar dat die hele betekenisrykdom van die doop asof uit een mond teen die kinderdoop getuig nie? Gaan dit nie klaarblyklik in die betekenis van die doop om mense wat self kan glo, om mense wat self besluite kan neem, om mense wat ’n eie bewuste lewe lei nie? En is dit dan nie byna vanselfsprekend dat daar geen verwysing na kinderdoop in die Nuwe Testament is nie?

 

leefuitjoudoopMens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za


 

Prof Adrio König